Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»‘n Onderhoud met Klopjag

    ‘n Onderhoud met Klopjag

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 4 Mins Read57 ViewsAugust 25, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Klopjag is een van die kunstenaars wat die naweek speel by Woodcrock 12 (by Blue Moon in Nelspruit). Ek volg hulle sedert die middel 2000’s en ek moet sê dat hulle ‘n groot impak op my gehad het deur die jare.

    NetfloristOfferforge

    Ek sal nooit die eerste keer vergeet wat ek “Dalk ‘n Boerseun” gehoor het nie. Die song het my heeltemal verras en laat besef dat deur goeie Afrikaanse musiek daar buite is wat nie backtracks gebruik nie. Ek kan wel nie onthou in watter jaar dit was nie (ja mense, die ouderdom is besig om op te catch met my)

    Ek het onlangs met Sallas De Jager van Klopjag gepraat oor die ou dae, Woodcrock 12 en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het:

    Mense het al seker vir julle gevra, maar waar kom die naam “Klopjag” vandaan?

    Ons het aanvanklik saam by plekke gespeel as Klopdisselboom (John-Henry en Marie-Louise) en Die Makoujagters (Dawie en Sallas) in 2001. Ons het aan die einde van daardie shows altyd ’n set saam gedoen en teen einde 2001 het ons besluit om saam te smelt en Klopjag te word. Vanaf 2002 het ons as Klopjag begin optree.

    'n Onderhoud met Klopjag 3

    Julle het in die middel 2000’s baie shows gespeel by Maloney’s in Hatfield, kry julle nog baie flashbacks van daai tyd en hoe sou julle sê het die Suid-Afrikaanse Musiek landskap verander van daai tyd af tot nou?

    Daai aande by Maloney’s het regtig by tye gevoel of dit onwerklik was by tye en soms in die middel van daardie shows het mens gewag dat iemand jou wakker maak uit ’n dagdroom. Jy moet onthou dat toe ons begin het was daar geen sociale media of MK nie. KykNET het net begin en die enigste manier om werklik naam te maak was om in ’n kar te klim en te ry en te speel vir kos,petrol en ’n slaapplek.

    Die feit dat ons die geleentheid gehad het (en dit gebruik het) om tussen 2002 en 2004 so baie te toer en by soveel skole en feeste regoor Suid-Afrika te speel het amper ’n voedingsaar geword van skoolkinders wat studente geword het en teen die tyd wat Maloney’s ons ’n kans gegee het om daar te speel teen einde van 2004 het dit basies ontplof. Kort daarna het Facebook begin en ook MK en dit het alles bygedra tot onvergeetlike shows nie net by Maloney’s nie maar ook oral oor die land en selfs Engeland en Namibie. Ek is dankbaar vir daai tye. Nou dat mens ouer is waardeer mens dit soveel meer, want dit gaan ook verby. Elke keer wat ons nou op die verhoog klim en kan speel en daar is mense wat kom kyk vul dit mens met ’n dankbaarheid wat amper heilig is.

    Op ’n manier voel dit vir my of die sirkel homself weer herhaal het en wat ek daarmee bedoel is dat die sosiale media so geweldig oorlaai is met opsies van nuwe musiek dat die enigste manier vir ’n band om weer bo die “clutter” uit te styg is om weer so veel moontlik “live” te speel. Wat definitief nie verander het nie is dat mense soek eerlike solid oorspronklike songs. As jy dit op ’n gedeelde basis kan bied sal mense kom luister.

    Wat is die snaakste ding wat al gebeur het tydens een van julle shows?

    Al wat ek kan se is dat as jy die skaal net oor ’n 100 kg trek moenie probeer stage dive as die mense voor die stage almal meisies van tussen 14 en 16 is nie … hulle gaan jou nie vang nie… #lessonslearned

    Wat kan musiek liefhebbers verwag van julle show af by Woodcrock 12 die naweek?

    Blue Moon het ’n baie special plek in elke band member se hart, die mense van Nelspruit was van die eerste keer wat ons daar gespeel het goed vir ons en ons gaan waarskynlik bietjie meer van die ouer songs weer vir hulle speel om dankie te se vir die goeie tye. Ons sien ook uit na die birthday celebrations van die legendariese Conraad Jamneck!

    Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Sallas en Klopjag te bedank vir die onderhoud. Ek is seker hulle gaan nie ons teleurstel die naweek by Blue Moon in Nelspruit nie.

    Om jou in die mood te kry vir die naweek, kyk hulle video vir “Nie Langer” hier onder:

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Spoegwolf: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Die Melktert Kommissie: ‘n Onderhoud met Jan-Adriaan Korff
    • ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar
    • Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Folk Interviews Klopjag Pretoria South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous Article‘n Onderhoud met Andra
    Next Article Millionaires: 6 facts you didn’t know about them
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 4
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    73 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    93 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    61 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Discovert Sport Logo
    October 7, 2025

    Discover Sport Launches “Bring Your A-Game” Competition

    12 Views2 Mins Read
    DSTV 30
    October 6, 2025

    DStv Celebrates 30 Years of Shaping South African Television

    10 Views5 Mins Read
    Disney+
    October 2, 2025

    What’s Streaming on Disney+ in October 2025?

    13 Views3 Mins Read
    DSTv
    October 1, 2025

    30 new hits to watch as DStv turns 30

    16 Views14 Mins Read
    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    My 2 cents on Parklife 2016 5
    April 23, 2016

    My 2 cents on Parklife 2016

    37 Views3 Mins Read
    RAMFest 2010
    March 8, 2010

    Photo Album: RAMFest 2010 Jhb

    92 Views6 Mins Read
    1000 Beers - Oppikoppi
    August 15, 2014

    Oppikoppi 2014 Odyssey: My Review

    31 Views7 Mins Read
    Photo Album: The Used at Oppikoppi 2011 6
    August 16, 2011

    Photo Album: The Used at Oppikoppi 2011

    96 Views2 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.