Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»‘n Onderhoud met Radio Kalahari Orkes

    ‘n Onderhoud met Radio Kalahari Orkes

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 4 Mins Read34 ViewsMarch 29, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Radio Kalahari Orkes het onlangs ’n splinternuwe musiekvideo vir “Bobbejaanvlei” vrygestel, die eerste enkelsnit vanaf hul nuwe album, Mamba! wat amptelik op die 1ste Maart 2017 vrygestel is.

    NetfloristOfferforge

    Die orkes beskryf hulself as opwekkingspredikers. Dink aan Pete Seegar, Gillian Welsh, Hooray for the Riff Raff, ens. in die Country sin, maar RKO leen ook vrylik van Cajun, roots country, gypsy en New Orleans en Afrika se nedersettingstyle. As roots  musikante van die algemene smeltkroes, delg hulle in die verlede vir inspirasie maar is geensins herhaalde produseerders nie; hul skryf hul eie materiaal wat dikwels voorkom asof dit afkomstig is van ’n vergete en herverbeelde era in die verlede wat nie bestaan het nie – ’n paralelle heelal. Hulle motto is:  ‘Honderd Jaar Agter Die Tye, Maar Steeds Op Die Spoor.’

    'n Onderhoud met Radio Kalahari Orkes 3

    “Bobbejaanvlei” is so ’n lied gebaseer op die danse en settees van boeremusiek terwyl dit terselfde tyd terug gaan na die Europese en Amerikaanse style wat boeremusiek beinvloed het. Dis ‘n dansliedjie (dink polka, gavotte, langarm, ens.) en herinner aan ’n Ierse/Breton viool deuntjie met die tipiese AABBAA struktuur van Keltiese styl. Die video, ’n eenvoudige konsep vir ’n tydlose liedjie, wys ’n jongman wie graag saam met  die plaaslike legende, Minnie na die dans toe wil gaan. Dit is geskiet in die styl van Norman Rockwell se skilderye wat vanaf ’n soortgelyke era kom as waaruit die liedjie kon ontstaan het (in ’n paralelle heelal). Rockwell is afkomstig van ’n meer onskuldige era en die woorde van die liedjie wek kleindorpie gevoel by die luisteraar.

    Die groep het met ’n heeltemal nuwe settee vir die video na vore gekom wat net soos hul radio stasie, ‘Radio Kalahari’ dalk nie bestaan nie, maar terselfde tyd ook bekend voel, soos ’n gavotte. The video is gestileer deur Molly Roberts met grimering deur Lily Roberts, Dan Roberts (Ian se neef) se twee dogters. Drie van Ian Roberts se antieke Bellini kitaarversameling – kitare wat hy op leer speel het in die 60s, gemaak deur laaghout met die bekende slagspreuke “gaurenteed not to crack” – is ook te sien in die video. Wanneer jy die liedjie hoor, is daar ’n verre stem wat die refrein van die liedjie sing, asof op Radio Kalahari. Dit is die stem van Rian Malan, die skrywer van die liedjie wat sy oorspronklike weergawe sing.

    Kyk na die musiekvideo hier onder en julle sal heel waarskynlik saamstem met hierdie eloborate explanation:

    Ek het onlangs ‘n onderhoud gevoer met Ian Roberts gevoer van Radio Kalahari Orkes. Ons het gepraat oor hulle nuwe album en so paar ander goedjies. Hier is wat hulle te sê gehad het:

    Hoe lank het julle nuwe album gevat om op te neem?

    Ongeag die 5 jaar wat dit geneem om weer in die ateljee te kom, nie lank nie. Die opnames was binne 2 of 3 weke in die kan. Daarna het dit ‘n ganske jaar geneem om goeters te verfyn.

    Wat sou jy sê het die meeste verander in die SA Musiek bedryf in die laaste 5 jaar?

    Ek is die verkeerde mens om te vra oor veranderinge in die laaste vyf jaar. Sover ek verstaan (en ek verstaan nie baie nie, jy weet), het Google, Facebook, YouTube en downloads die bedrfyf as sulks opgefoeter. Ironies genoeg is ‘n lewendige optrede die veiligste manier om ‘n pond te verdien want dit kan nie as sulks gedownload word nie. Hehe hehe. Die arme Rand is deur die onedelbare dooste Robert Jacob en kie verkrag en verpletter, so dit maak export ‘n goeie idee so musikante het oorsee gegaan, maar ons nog nie.

    Wat is julle gunsteling fees om te speel in die land en hoekom?

    In die algemeen was feeste nie ‘n groot deel van ons onlangse verlede se aktiwiteite nie. Soos sport is daar te veel inmenging deur dubious politici in feeste. Goeie genade. Ek sing partykeer na ‘n nagmerrie waarin ek die hele Suid Afrika gesien vergaan het in ‘n rasende donker poel: “E-Gcuwa, i- gqumelele emzantsi” – dis ‘n treurige neurie wat se: Butterworth (in die gewese Transkei) covers the whole South Africa….”Njengengubo…” like a blanket.

    Wat kan musiekliefhebbers verwag vir julle nuwe album?

    Musiekliefhebbers kan verwag om ‘n goeie smorgasbord te hoor as hulle die RKO se nuutste slang, die Mamba wil luister.

    Met wie sal julle graag wil kollaboreer wat nog nie saam julle musiek gemaak het nie en hoekom?

    Ek wil nie graag met iemand kollaboreer nie. Ek wil met hoofrolle in Shakespeare kollaboreer. Wie weet, dalk sal ander musikante met ons wil kollaboreer?

    Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Ian Roberts en Radio Kalahari Orkes dankie te sê vir hierdie onderhoud en ek wens hulle alles van die beste toe met hulle toekomstige musikale bedrywighede.

    Wees op die uitkyk vir gereelde inskrywings in the Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Bobbejaanvlei Ian Roberts Interviews Mamba! Radio Kalahari Orkes South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleWeston and Engine: A Quick Pre Mieliepop Festival Chat
    Next Article Mieliepop 2017 – Wat ‘n lekker jol
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Corne Pretorius
    By Henno KrugerJune 12, 2020

    Corné Pretorius: ‘n Onderhoud Oor So Paar Goedjies

    4 Mins Read99 Views
    Van Pletzen
    By Bianca NieuwenhuisJuly 26, 2019

    Van Pletzen: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics

    2 Mins Read31 Views
    Spoegwolf
    By Bianca NieuwenhuisAugust 29, 2018

    Spoegwolf: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics

    3 Mins Read76 Views
    Pierre Greeff en Die Heuwels Fantasties
    By Henno KrugerJuly 20, 2018

    ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties

    3 Mins Read1,188 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Kategoriëe
    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 4
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    71 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    91 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    58 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    Acer
    September 19, 2025

    Acer Powers South Africa’s Growing Gaming Scene

    10 Views2 Mins Read
    Sponsorships
    September 18, 2025

    Strategic Sponsorships: Building Authentic Connections

    9 Views3 Mins Read
    Acer Extensa O14-71
    September 18, 2025

    Acer Launches Extensa O14-71 Laptop in South Africa

    14 Views2 Mins Read
    BYD Dolphin Surf
    September 16, 2025

    SA’s Most Affordable EV Has Arrived: The BYD Dolphin

    15 Views3 Mins Read
    "Featured" Artikels
    2018
    December 23, 2018

    2018 in Music: A Summary of the ups and downs

    60 Views4 Mins Read
    Answers to "What do you like about music?" 5
    November 13, 2017

    Answers to “What do you like about music?”

    153 Views5 Mins Read
    Park Electric - 8 April 2018: My Experience 6
    April 12, 2018

    Park Electric – 8 April 2018: My Experience

    34 Views4 Mins Read
    1000 Beers - Oppikoppi
    August 15, 2014

    Oppikoppi 2014 Odyssey: My Review

    31 Views7 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.