Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Why Football Remains the Heart of Modern Sports Betting
  • How to Choose Reliable Bulk Animal Feed Suppliers in SA
  • Carol-Ann Meltzer (Khazimula): 10 Interesting Facts
  • Old Mutual Music at the Lake: August/September 2026
  • Tribute To Women 2026 @ Mark’s Park
  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Onderhoud met Radio Kalahari OrkesRadio Kalahari Orkes het onlangs 'n musiekvideo vir "Bobbejaanvlei" vrygestel, die eerste snit van hul album Mamba. Die orkes beskryf hulself as opwekkingspredikers wat roots, boere, Cajun en Afrika se style meng. Die video, gestileer soos Norman Rockwell se skilderye, volg 'n jongman wat saam met Minnie na die dans wil gaan, en die liedjie weerspieël Keltiese en boeremusiek invloede.

‘n Onderhoud met Radio Kalahari Orkes

Radio Kalahari Orkes het onlangs 'n musiekvideo vir "Bobbejaanvlei" vrygestel, die eerste snit van hul album Mamba. Die orkes beskryf hulself as opwekkingspredikers wat roots, boere, Cajun en Afrika se style meng. Die video, gestileer soos Norman Rockwell se skilderye, volg 'n jongman wat saam met Minnie na die dans wil gaan, en die liedjie weerspieël Keltiese en boeremusiek invloede.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 29, 2017No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 57 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Radio Kalahari Orkes het onlangs ’n splinternuwe musiekvideo vir “Bobbejaanvlei” vrygestel, die eerste enkelsnit vanaf hul nuwe album, Mamba! wat amptelik op die 1ste Maart 2017 vrygestel is.

IQ AcademyOfferforge

Die orkes beskryf hulself as opwekkingspredikers. Dink aan Pete Seegar, Gillian Welsh, Hooray for the Riff Raff, ens. in die Country sin, maar RKO leen ook vrylik van Cajun, roots country, gypsy en New Orleans en Afrika se nedersettingstyle. As roots  musikante van die algemene smeltkroes, delg hulle in die verlede vir inspirasie maar is geensins herhaalde produseerders nie; hul skryf hul eie materiaal wat dikwels voorkom asof dit afkomstig is van ’n vergete en herverbeelde era in die verlede wat nie bestaan het nie – ’n paralelle heelal. Hulle motto is:  ‘Honderd Jaar Agter Die Tye, Maar Steeds Op Die Spoor.’

'n Onderhoud met Radio Kalahari Orkes 3

“Bobbejaanvlei” is so ’n lied gebaseer op die danse en settees van boeremusiek terwyl dit terselfde tyd terug gaan na die Europese en Amerikaanse style wat boeremusiek beinvloed het. Dis ‘n dansliedjie (dink polka, gavotte, langarm, ens.) en herinner aan ’n Ierse/Breton viool deuntjie met die tipiese AABBAA struktuur van Keltiese styl. Die video, ’n eenvoudige konsep vir ’n tydlose liedjie, wys ’n jongman wie graag saam met  die plaaslike legende, Minnie na die dans toe wil gaan. Dit is geskiet in die styl van Norman Rockwell se skilderye wat vanaf ’n soortgelyke era kom as waaruit die liedjie kon ontstaan het (in ’n paralelle heelal). Rockwell is afkomstig van ’n meer onskuldige era en die woorde van die liedjie wek kleindorpie gevoel by die luisteraar.

Die groep het met ’n heeltemal nuwe settee vir die video na vore gekom wat net soos hul radio stasie, ‘Radio Kalahari’ dalk nie bestaan nie, maar terselfde tyd ook bekend voel, soos ’n gavotte. The video is gestileer deur Molly Roberts met grimering deur Lily Roberts, Dan Roberts (Ian se neef) se twee dogters. Drie van Ian Roberts se antieke Bellini kitaarversameling – kitare wat hy op leer speel het in die 60s, gemaak deur laaghout met die bekende slagspreuke “gaurenteed not to crack” – is ook te sien in die video. Wanneer jy die liedjie hoor, is daar ’n verre stem wat die refrein van die liedjie sing, asof op Radio Kalahari. Dit is die stem van Rian Malan, die skrywer van die liedjie wat sy oorspronklike weergawe sing.

Kyk na die musiekvideo hier onder en julle sal heel waarskynlik saamstem met hierdie eloborate explanation:

NetfloristOfferforge

Ek het onlangs ‘n onderhoud gevoer met Ian Roberts gevoer van Radio Kalahari Orkes. Ons het gepraat oor hulle nuwe album en so paar ander goedjies. Hier is wat hulle te sê gehad het:

Hoe lank het julle nuwe album gevat om op te neem?

Ongeag die 5 jaar wat dit geneem om weer in die ateljee te kom, nie lank nie. Die opnames was binne 2 of 3 weke in die kan. Daarna het dit ‘n ganske jaar geneem om goeters te verfyn.

Wat sou jy sê het die meeste verander in die SA Musiek bedryf in die laaste 5 jaar?

Ek is die verkeerde mens om te vra oor veranderinge in die laaste vyf jaar. Sover ek verstaan (en ek verstaan nie baie nie, jy weet), het Google, Facebook, YouTube en downloads die bedrfyf as sulks opgefoeter. Ironies genoeg is ‘n lewendige optrede die veiligste manier om ‘n pond te verdien want dit kan nie as sulks gedownload word nie. Hehe hehe. Die arme Rand is deur die onedelbare dooste Robert Jacob en kie verkrag en verpletter, so dit maak export ‘n goeie idee so musikante het oorsee gegaan, maar ons nog nie.

Wat is julle gunsteling fees om te speel in die land en hoekom?

In die algemeen was feeste nie ‘n groot deel van ons onlangse verlede se aktiwiteite nie. Soos sport is daar te veel inmenging deur dubious politici in feeste. Goeie genade. Ek sing partykeer na ‘n nagmerrie waarin ek die hele Suid Afrika gesien vergaan het in ‘n rasende donker poel: “E-Gcuwa, i- gqumelele emzantsi” – dis ‘n treurige neurie wat se: Butterworth (in die gewese Transkei) covers the whole South Africa….”Njengengubo…” like a blanket.

Wat kan musiekliefhebbers verwag vir julle nuwe album?

Musiekliefhebbers kan verwag om ‘n goeie smorgasbord te hoor as hulle die RKO se nuutste slang, die Mamba wil luister.

Met wie sal julle graag wil kollaboreer wat nog nie saam julle musiek gemaak het nie en hoekom?

Ek wil nie graag met iemand kollaboreer nie. Ek wil met hoofrolle in Shakespeare kollaboreer. Wie weet, dalk sal ander musikante met ons wil kollaboreer?

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Ian Roberts en Radio Kalahari Orkes dankie te sê vir hierdie onderhoud en ek wens hulle alles van die beste toe met hulle toekomstige musikale bedrywighede.

Wees op die uitkyk vir gereelde inskrywings in the Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Radio Kalahari Orkes
    Radio Kalahari Orkes – Blaas Jou Vuvuzela (Video)
  • Eseltjiesrus
    Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes tree op in Robertson!
  • Ampie
    Ampie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Royal Kalahari”
  • Andra
    ‘n Onderhoud met Andra

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Bobbejaanvlei Ian Roberts Mamba! Radio Kalahari Orkes South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Old Mutual Music at the Lake Featured
    Old Mutual Music at the Lake: August/September 2026
    July 15, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • TEEKS and Good Neighbours Featured
    Good Neighbours & TEEKS Live in Cape Town: 27 August 2026
    June 13, 2026
  • Football - Modern Sports Betting
    Why Football Remains the Heart of Modern Sports Betting
    July 21, 2026
  • Bulk Animal Feed Suppliers in SA
    How to Choose Reliable Bulk Animal Feed Suppliers in SA
    July 20, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Carol-Ann Meltzer (Khazimula): 10 Interesting Facts
    July 18, 2026
Popular Articles
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202636 Views
Football - Modern Sports Betting

Why Football Remains the Heart of Modern Sports Betting

July 21, 202627 Views
Pretoria Bach Choir Photo

An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas

July 14, 202624 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Carol-Ann Meltzer (Khazimula): 10 Interesting Facts

July 18, 202623 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,374 ▼
Music 2,593
Events 243
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
502
Facts
466 ▼
Music Facts 152
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
226
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.