Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis

    ‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 3 Mins Read40 ViewsNovember 28, 2016
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Koos Kombuis het geen bekendstelling nodig as dit by Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek kom nie. Die legende sing al uit volle bors vir meer as 30 jaar en sy musiek en literatuur het ‘n oneindig-massiewe impak op ‘n groop groep Suid-Afrikaners (of ten minste die mense wat van goeie musiek hou en wat hou van lees).

    NetfloristOfferforge

    Ek weet nie hoeveel keer ek al vir Koos Kombuis live gesien het nie, maar ek dink dit moet naby aan 30 wees, maar ek sal nooit die eerste keer in Navigators Ladies Bar in Kerk Straat in 1996 vergeet nie. Ek dink daai aand het Koos iets soos 4 bottels wyn uitgedrink op die stage en van sy liedjies se woorde vergeet, maar ek het dit baie geniet (en ek moet bylas dat ek pretty dronk was, ek was immers ‘n Pretoriaanse student gewees op daai stadium).

    koos-kombuis-in-1996

    Ek wil nou nie lieg nie, maar ek dink daai was die eerste live band show wat ek gekyk in Pretoria, so dit maak die memory so ekstra bietjie spesiaal. Ek onthou ook nog die twee vertonings by Oppikoppi in 1998 (die eerste musiekfees wat ek bygewoon het) en die legendariese vertonings by dieselfde fees in 2004, 2009 en 2013 en dan voel ek sommer bevoorreg dat ek dit kon beleef het.

    Tye het verander en deesdae drink Koos Kombuis nie meer 4 bottels wyn uit tydens sy vertonings nie, maar dis altyd pret om sy vertonings te beleef. Hy is een van die mense wat speel by Malkop Summer Rock Festival in Desember en as jy daar gaan wees, moet jy verseker nie sy vertoning misloop nie. Ek het ‘n kort geselskap gevoer met Koos Kombuis oor Malkop en so paar ander goetjies. Lees bietjie wat hy te sê gehad het hier onder.

    Wat is jou definisie van ‘n Malkop ?

    Haha, ek weet nie, ek het self nie geweet wat om te verwag toe ek die eerste keer ‘n uitnodiging kry na ‘n fees met die naam “Malkop” nie. Maar ek was aangenaam verras! Dit was wonderlik geleë, die mense was vriendelik en dit is hoekom ek vanjaar weer wil gaan.

    Hoe sou jy sê het die Suid-Afrikaanse musiek bedryf verander in die laaste 30 jaar?

    Die afgelope 30 jaar was daar ‘n ontploffing van plaaslike musiek, veral in Afrikaans. Die Afrikaanse musiek tans is ongelukkig meer kwantiteit as kwaliteit maar dis nie rede om mismoedig te word nie, ‘n besige musiekl-industrie is beter as geen musiek-industrie nie, en daar is heelwat om oor opgewonde te raak!

    Wat is die snaakste ding wat al gebeur tydens een van jou vertonings?

    Die snaaksste ding is nie iets wat met my gebeur het nie maar met iemand wat ek ken. By een van die Wingerd-Rock-feeste het die kitaarspeler van een van die bands so op en af gespring dat die verhoog onder hom meegegee en hy dwarsdeur geval het tot onder iun die backstage-area. Hy land toe op ‘n tafel waar ander musikante sit en drink, stof homself af, en merk op: “Don’t worry, it’s just a stage I’m going through.”

    koos-kombuis-in-2013

    Wat kan musiek liefhebbers verwag van jou vertoning by Malkop Fees?

    Ou en nuwer liedjies… en dalk ietsie heel nuuts van my nuwe album wat in 2017 verskyn!

    Ek wil die geleentheid gebruik om vir Koos Kombuis te bedank vir hierdie onderhoud. Ek sien baie uit na sy nuwe album wat in 2017 gaan uitkom. Ek weet sommer dit gaan gatskop.

    Wees op die uitkyk vir gereelde artikels in die Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar
    • ‘n Onderhoud met Koos Kombuis
    • ‘n Vinnige Geselsie met Die Heuwels Fantasties
    • ‘n Vinnige Geselsie met Bacchus Nel

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Interviews
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleA quick chat with The Lost Souls
    Next Article The Sound You Should Know: The Internet, Mac Demarco & Jain
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Categories
    More articles in Music category
    Music News Wrap
    April 1, 2025

    In Case You Missed It: My March 2025 Music News Wrap

    94 Views7 Mins Read
    Werner Van Der Hoven: 'n Onderhoud oor "Wynland", ens. 1
    May 25, 2023

    Werner Van Der Hoven: ‘n Onderhoud oor “Wynland”, ens.

    149 Views4 Mins Read
    Satellite 79
    May 23, 2023

    Satellite 79: An Interview With Kevin Botha

    253 Views5 Mins Read
    Matthew Mole
    May 10, 2023

    Matthew Mole: A Quick Chat Before Lekkerland Carnival 2023!

    135 Views3 Mins Read
    Articles in Other Categories
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    8 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    10 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Featured Articles
    Random Funnies - Laughing Person
    January 22, 2024

    21 Random Funnies (January 2024 Edition)

    227 Views2 Mins Read
    King Price Insurance
    May 29, 2018

    King Price’s Lobola TV advert has South Africa in stitches

    102 Views2 Mins Read
    Isochronous
    December 19, 2011

    Photo Album: Isochronous Shows in 2011

    68 Views3 Mins Read
    Random Facts
    May 25, 2024

    101 Random Facts That Will Expand Your Mind

    106 Views15 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.