Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Humor»Schalk Bezuidenhout: ‘n Vlugtige Onderhoud

    Schalk Bezuidenhout: ‘n Vlugtige Onderhoud

    Henno KrugerBy Henno Kruger Humor 4 Mins Read71 ViewsOctober 2, 2019
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Schalk Bezuidenhout is die MC by die Kaapstad edisie van Liefde By Die Dam 2019. Die eendag fees gebeur op die 16de November by Meerendal Wine Estate.

    NetfloristOfferforge

    Ek het met Schalk Bezuidenhout gesels oor die fees en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het…

    Hoe besluit Schalk Bezuidenhout op die dag se wardrobe?

    Ek Google image ’80s icons’, maak my oë toe en kies een.

    Wat is vir jou `n fashion no-no?

    Ek dink nie ek is die beste persoon om te vra oor fashion no-nos nie… ek dra plakkies met Velcro straps.

    Schalk Bezuidenhout

    Watter wyse woorde wat iemand al met Schalk Bezuidenhout gedeel het sal jou bybly?

    Kyk, dink en druk ‘n drie. Ek lewe by hierdie slagspreuk. Dit was ook op my poster in matriek (al die hoofleiers moes posters maak om te staan vir hoofseun en hoofdogter). Ek was toe nie hoofseun nie, so noudat ek daaraan dink is dit dan seker nie so ‘n great slagspreuk nie.

    Wat dink jy is die grootste pot snert?

    Alles wat in ‘n instruction manual staan. Dis hoekom ek dit nooit lees nie.

    Is jy nogal fitness en gesondheidsbewus? Oefen jy? Eet jy gesond?

    Ek eet definitief nie gesond nie, daarom oefen ek. Ek woon in Linden in Joburg en ek draf maar so rond hier in die strate, maar ek dink ek gaan binnekort ophou. Mense ry gereeld verby my en maak dan insta stories van my wat teen ‘n bult uit draf… en as ek terwyl ek draf so kak lyk met ‘n filter op dan wil ek nie weet hoe dit lyk in die regte lewe nie.

    Het Schalk Bezuidenhout troeteldiere?

    Ek is die trotse pappa van 17 porseleindiere. Ek het begin net met honde, maar nou is daar ‘n kat, ‘n leeu en ‘n tier ook by. Hulle is almal baie soet. Hulle eis baie min kos, water en liefde. Hulle hou daarvan as ‘n mens soms hulle vryf met politoer en ‘n sagte lappie, maar dis maar al. Ons het ‘n regte hond probeer kry, maar die porseleinhonde het hom gebyt.

    Wat is Schalk Bezuidenhout se favorite troetelwoorde?

    Ek het nie regtig nie, maar ek kan vir jou sê wat my least favorite is. Wanneer couples na mekaar verwys as ‘mamma’ en ‘pappa’. Dis wat jy jou ouers noem, so om die persoon met wie jy slaap dit te noem is weird of Freudian of albei. Ek en my meisie noem mekaar op die naam en as ons regtig romanties wil wees sit ons ‘n -tjie agteraan.

    Praat so van Liefde, vertel ons van jou heel eerste soen met `n meisie?

    Dit was op die nagbus oppad na ‘n voortrekkerkamp. Dit was ure van my hand al hoe nader en nader aan haar hand skuif, dan later hande vashou, dan later hand op die been, dan later lê op haar skouer, en uiteindelik later ‘n soen. Dit was daardie aand wat ek my Legend kenteken verwerf het.

    Wat maak Liefde by die Dam vir jou lekker?

    Ek love die verskeidenheid. Francois van Coke, Early B, Karlien van Jaarsveld. Moerse verskil tussen die performance en klank van al daardie kunstenaars. Ek hou ook van die bak koue bier wat verniet agter die stage staan.

    Waarvoor kan Schalk Bezuidenthout fans uitkyk die volgende paar maande?

    Na lekker foto’s van my Desember-vakansie op Instagram! Haha. Grappie. Maar ook nie. Dit was ‘n lekker besige jaar so in die volgende paar maande skaal ek bietjie af.

    As ek sê afskaal bedoel ek ek skiet aan ‘n fliek en doen ‘n kleinhuisie vol gigs, maar meeste van die gigs is privaatfunksies soos corporate events. Volgende jaar in Januarie kom die nuwe seisoen van Hotel op KykNET uit en daarna wil ek graag ‘n nasionale toer van my Engelse one man show – SCHALKIE.

    Maar ek is altyd besig met ‘n klomp verskillende projekte so mense kan maar net ‘n ogie op die ou Instagram page hou 😉

    Ek wil die geleentheid gebruik om vir Schalk Bezuidenhout te bank vir hierdie onderhoud. Ek wens hom alles van die beste toe by Liefde By Die Dam 2019 Kaapstad. Ek hoop hy kry darem ‘n bier of twee verniet backstage.

    Liefde By Die Dam 2019 Kaapstad

    Liefde By Die Dam 2019 Kaapstad info:

    Jy kan Die Heuwels Fantasties, Francois Van Coke, Snotkop, Early B, Karlien Van Jaarsveld, Arno Carstens, Majozi & Loki Rothman live sien. Maak jouself ook gereed vir Schalk Bezuidenhout se quirky comments.

    As jy nog nie kaartjies het vir die show nie, kry dit HIER.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Humor kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar
    • Janie Bay: ‘n Onderhoud oor “Ek glo nog in Jou”
    • Corné Pretorius: ‘n Onderhoud Oor So Paar Goedjies
    • Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    featured event

    Schalk Bezuidenhout: 'n Vlugtige Onderhoud 1

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Cape Town Interviews Liefde By Die Dam Schalk Bezuidenhout South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleEnglish Premier League: Who Are The Top Scorers in History?
    Next Article Shadowclub: A Quick Interview With Jacques Moolman
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 2
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    73 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    93 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    61 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Discovert Sport Logo
    October 7, 2025

    Discover Sport Launches “Bring Your A-Game” Competition

    12 Views2 Mins Read
    DSTV 30
    October 6, 2025

    DStv Celebrates 30 Years of Shaping South African Television

    10 Views5 Mins Read
    Disney+
    October 2, 2025

    What’s Streaming on Disney+ in October 2025?

    13 Views3 Mins Read
    DSTv
    October 1, 2025

    30 new hits to watch as DStv turns 30

    16 Views14 Mins Read
    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    17 International acts I photographed in 2013 3
    December 27, 2013

    17 International acts I photographed in 2013

    35 Views7 Mins Read
    Photo Album: Deftones at Oppikoppi 2013 Bewilderbeast 4
    August 13, 2013

    Photo Album: Deftones at Oppikoppi 2013 Bewilderbeast

    148 Views2 Mins Read
    Photo Album: Oppikoppi in 2005, 2006, 2007 and 2009 5
    June 10, 2014

    Photo Album: Oppikoppi in 2005, 2006, 2007 and 2009

    249 Views5 Mins Read
    Arcade Empire gigs in 2011: A Photo Album 6
    July 3, 2014

    Arcade Empire gigs in 2011: A Photo Album

    73 Views6 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.