Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Featured»Resensie: Liefde By Die Dam 2017

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017

    Bianca NieuwenhuisBy Bianca Nieuwenhuis Featured Music 5 Mins Read74 ViewsAugust 10, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Dit was die eerste naweek van Augustus, wat altyd Oppikoppi beteken het… but, screw your happiness, toe nou nie. Gelukkig het Jacaranda FM ons backs gehad, en ‘n klomp bekende name in een plek te kry vir ‘n dag van entertainment. Die afgelope Sondag het talle mense gestroom na Emmarentia Dam in Johannesburg vir nog ‘n Jacaranda FM More Music You Love Experience: Liefde by die Dam 2017.

    NetfloristOfferforge

    Die prettige dag in die son is geopen deur een van my gunsteling solo acts, Majozi. Die hekke het 10 uur ge-open, dieselfde tyd wat Majozi op die verhoog verskyn het. Gelukkig kon diegene wat in die eeue-lange ry moes wag, Majozi se soet melodieë al van ver af hoor.

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 19

    Hy spog deesdae met ‘n nuwe haarkleur (rooi) en hy was die perfekte act om die liefde aan te wakker by Liefde by die Dam. Hy het liedjies van sy album “Fire” gespeel, wat die titelsnit, “Darling”, “Lighthouse” en “The Woods” ingesluit het. Hy het ook ‘n cover van “Titanium” van David Guetta featuring Sia perform.

    Die man met die majestic beard, Jo Black, was volgende op. Dis geen wonder hy is ‘n ambassadeur vir The Captain’s Beard baard-olie nie. Om eerlik te wees is daai baard al waaraan ek dink as ek die naam Jo Black hoor. Die enigste ding totdat hy sy kitaar begin tokkel het.

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 20

    Dis duidelik om te sien hoekom so baie mense aanklank vind by hom, elke liedjie het ‘n staaltjie daaraan verbonde. Sy lirieke is eerlik, woorde vanaf die hart. Hy het liedjies gespeel soos “Yster Slyp Yster” en “Bring Die Hoop Weer Terug”. Hy het ook ‘n oulike storie van sy vrou vertel en hoe hy “Die Vrou Wat Ek Liefhet” spesiaal vir haar geskryf het. Hyt dit aan alle vroue in die gehoor vir Vrouedag opgedra.

    JR het die crowd behoorlik op hul voete gekry. JR, wat bekend vir sy 2009 liedjie, “Show Dem”, het al baie gefeature met acts soos Die Heuwels Fantasties en Jack Parow. Hy is een van Suid-Afrika se bekendste rappers. Dit het vir my gevoel asof hy bietjie verdwyn het op ‘n stadium, maar hyt onlangs ‘n nuwe album bekend gestel, en feature weer saam Die Heuwels Fantasties op hul album Okay! Hyt die crowd laat dans, sommige van ons het selfs ons white-girl booties geskud.

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 21

    Riana Nel vat my altyd terug na my hoërskool dae. Sy het meeste Vrydae oggend by Waterkloof op gepitch, ‘n liedjie of twee kom sing, en dan ‘n liedjie of twee op die spot op gemaak. Sy het dieselfde by Liefde by die Dam gedoen. Sy het vir ‘n couple wie hul 5-jaar huweliks herdenking vier, ‘n liedjie geskenk gegee. Die crowd het haar covers van Alanis Morissette se “Ironic” en Brandi Carlile se “The Story” gelove. Vir iemand wat nie regtig ‘n groot Afrikaanse fan is nie, het ek secretly Riana Nel baie geniet. Ek het self van haar eie songs geken, soos “Timbuktu” en “Soos die Son”.

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 22‘n Lewende legende was volgende op. Jul sal haar wel nou nie kan sien nie, aangesien ons geen foto’s van haar mag geneem het nie. Maar ek is seker as die jy naam Laurika Rauch hoor, weet jy presies wie dit is. Sy het die stage gedeel saam met die kitaar-wonder Loki Rothman. Saam het hul die crowd nostalgies gehad met “Kinders van die Wind”, “Op Blouberg se Strand”, “Stuur Groete aan Mannetjies Roux”, en “Blou”. Ek het weer soos’n 4-jarige meisie gevoel, and I’m not even mad.

    Volgende was almal vermaak deur Tresor, die man met ‘n wonderlike storie. Vir die wat nog nie weet nie, Tresor (Frans vir treasure) het vanaf die Demokratiese Republiek van Kongo gestap, als om vir hom ‘n beter lewe te skep. Hy’t gegaan van karwag wees na werk saam name soos AKA, Khuli Chana, Beatenberg, en mede Liefde by die Dam act, Majozi.

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 23

    Die groot rede hoekom die jonges uitgekom het vir die dag, was oomblikke weg. ‘n Chant het uit die crowd uit begin: “Francois! Francois”. Hy het geen bekendstelling nodig nie, maar tog het Jacaranda FM omroeper, Barney Simon, hom voorgestel: the one, the only, Francois van Coke. Dit was nie lank in sy set in nie toe die skoene begin vlieg het. Plakkies, pumps, tekkies, als was na Francois en Die Gevaar gegooi.

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 24

    Dit het gevoel asof nie een van ons deel was van die Joburg kids se inside joke nie. Maar Francois het dit goed hanteer, ‘n plakkie of twee geruik, en weer terug in die crowd in gegooi. Hunter Kennedy het ‘n appearance op stage gemaak vir “Ek Skyn(Heilig)”. Francois het soos oudergewoonte gecrowd-surf. Die klein laaitjie langs my het vreesbevange gelyk, maar hyt oorleef (sien jou eendag by Oppikoppi, seun).

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 25

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 26

    Die dag was nog nie om nie. Met die son wat sak oor die dam, het Die Heuwels Fantasties die dag afgesluit met bekende liedjies soos “Leja” en “Pille vir Kersfees”, en nuwer songs soos “Bietjie Hoop”. Die musiekvideo vir die laasgenoemde is laas week bekend gestel ter ere aan SA se boere.

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 27

    Dankie tog vir sonblok. Soos ons Liefde by die Dam verlaat het, het ek die rooi strepe op talle mense gesien. Dit was ‘n prettige dag uit. Baie dankie aan Jacaranda FM wat al ons gunstelinge, en ‘n nuwe gesig of twee uitgebring het om ons te vermaak.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music en Opinion kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    2017 Afrikaans Die Heuwels Fantasties Francois van Coke Johannesburg Liefde By Die Dam Reviews South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleA quick chat with Chee
    Next Article A quick chat with Cortina Whiplash
    Bianca Nieuwenhuis

    Art is not what I create. What I create is chaos.

    Related Posts

    Francois Van Coke & Vriende 2019
    By Bianca NieuwenhuisOctober 25, 2019

    Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie

    9 Mins Read64 Views
    Valiant Swart
    By Henno KrugerOctober 29, 2018

    Valiant Swart: An Interview before Liefde By Die Dam

    4 Mins Read976 Views
    Liefde By Die 2018 Crowd
    By Bianca NieuwenhuisAugust 15, 2018

    Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

    4 Mins Read73 Views
    Resensie: Jack Parow by Arcade Empire 28
    By Bianca NieuwenhuisFebruary 22, 2018

    Resensie: Jack Parow by Arcade Empire

    4 Mins Read31 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Kategoriëe
    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 29
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    71 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    91 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    58 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    Acer
    September 19, 2025

    Acer Powers South Africa’s Growing Gaming Scene

    10 Views2 Mins Read
    Sponsorships
    September 18, 2025

    Strategic Sponsorships: Building Authentic Connections

    9 Views3 Mins Read
    Acer Extensa O14-71
    September 18, 2025

    Acer Launches Extensa O14-71 Laptop in South Africa

    14 Views2 Mins Read
    BYD Dolphin Surf
    September 16, 2025

    SA’s Most Affordable EV Has Arrived: The BYD Dolphin

    15 Views3 Mins Read
    "Featured" Artikels
    Photo Album: Bullet for My Valentine at Oppikoppi 2012 Sweet Thing 30
    August 17, 2012

    Photo Album: Bullet for My Valentine at Oppikoppi 2012 Sweet Thing

    80 Views2 Mins Read
    Legion TV Show
    June 10, 2020

    12 Must-Watch Science Fiction TV shows

    270 Views12 Mins Read
    Sting at SunBet Arena
    February 7, 2023

    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria

    416 Views2 Mins Read
    TCL C645 TV
    December 14, 2023

    Review: TCL C645 55″ QLED Smart TV

    517 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.