Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Streaming»Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”

    Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”

    Henno KrugerBy Henno Kruger Streaming 5 Mins Read65 ViewsJanuary 26, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Showmax het pas die lokprent vir Wyfie, ’n universiteitsdrama wat op 12 Februarie 2024 op dié platform première, vrygestel. Twee nuwe episodes sal elke Dinsdag beskikbaar wees.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor Wyfie

    Wyfie kom vanuit die veelbekroonde Homebrew Films-stal (Trompoppie, Magda Louw), en volg vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis aan die fiktiewe Eike-universiteit.

    Wyfie - Showmax

    Die Safta-wenner Johan Cronje (Wonderlus, Nêrens, Noord-Kaap) dien as die reeksregisseur met Beata Bena Green (Arendsvlei, 7de laan) as Shay, Celeste Loots (One Piece, Trompoppie) as Amanda, Kristen Raath (7de Laan) as Kyla, en Mienke Ehlers (Dinge van ’n Kind) as Mia.

    Ook in die rolverdeling van dié reeks – wat ’n R18-ouderdomsperk het – tel name soos Adrian Steyn (Die Onderonsie en die Showmax-fliek Matilda & Matthys wat eersdaags première), Marguerite van Eeden (Vaselinetjie), Elzet Nel (Trompoppie), en Chelsea Thomas (Amber in Spinners).

    Saam met Johan in die regiespan is Eva du Preez, ’n Silwerskermwenner en tweemalige Safta-benoemde as redigeerder, en bekend vir haar werk op onder meer Kanarie en Trompoppie, wat haar debuut as regisseur maak. Emilie Badenhorst (2023 Silwerskermwenner vir beste kortfilm en beste regie vir ’n Doop om Stilte) rond die span af.

    “Universiteit is ’n baie interessante tyd in jou lewe, waartydens jy baie van jouself en van die wêreld wat jy as ’n volwassene probeer aanpak, ontdek,” sê Johan. “Dis ’n tydperk van grootword waar jy jou eie identiteit begin heroorweeg. Dít skep ’n mooi ruimte om stories van vernuwing, en ontdekking van die lewe, te ontgin.”

    Vir die hoofskrywer Marcel Spaumer is Wyfie ook ’n viering van die vriendskappe wat jy maak as jy uit die huis trek en vir die eerste keer by ander mense intrek. “Wanneer jy by universiteit kom, maak jy vriende met mense van alle dele van die lewe, en mense wat jy nie gedink het jy ooit sou ontmoet nie,” sê hy. “En dan ontwikkel hierdie vreemde, ongelooflike vriendskappe.”

    Terwyl Marcel verwag dat Wyfie as “ ’n Afrikaanse Euphoria” bestempel sal word, sê hy die skrywerskamer het eerder meer inspirasie uit hul eie ervarings van die Afrikaanse koshuis- en universiteitskultuur geput. “Baie van ons skryfspan was, soos ek, op universiteit en in die koshuis, so dít is 100% waar die inspirasie vir Wyfie vandaan kom. Dit is natuurlik fiktief, maar baie van my ervarings vorm deel van die storie, en baie van die tradisies wat ons in die koshuis gehad het, het ons omskep deur net ’n bietjie van die Wyfie-kultuur in te bring.” 

    Johan het nog altyd in die tradisies van universiteite, en veral koshuise, belanggestel. “Dit het my nog  altyd gefassineer – hoe jongmense so verslaaf en aanbiddend kan raak van hierdie tradisies en hierdie nuwe milieu waarbinne hulle hulself bevind.” 

    Een van Wyfie se groot gesprekpunte gaan sy klankbaan deur die 2023 Safta-wenner Peach van Pletzen (Ludik) wees. Die klankbaan sluit die laaste liedjies in  wat Angie Oeh opgeneem het voordat sy op die ouderdom van 24 in Augustus verlede jaar tragies aan kanker oorlede is. Die reeks is aan haar opgedra.

    “Angie was die inspirasie vir die reeks se titel,” sê Johan. “Om haar as deel van die klankbaan te hê, is vir my van ongelooflike groot waarde; hartseer en mooi terselfdertyd, want die musiek wat sy en Peach vir Wyfie geskep het, wat van haar laaste werk ooit is, is spookagtig mooi. Ek voel net baie, baie gelukkig dat ons haar musiek in hierdie reeks kan gebruik.”

    “Ek het geweet ek wou Angie se stem ’n groot deel van die klanklandskap en identiteit van die reeks maak,” sê Peach. “Sy is tog die oorspronklike wyfie. Angie se eerste snit se titel is ‘Dis jou Wyfie’ – dis ’n liedjie wat sy self geskryf, opgeneem en vervaardig het. Die snit het ’n kultusaanhang opgebou en is nou al ’n tipe van ’n temalied vir die misfits. Angie het ’n groter impak gemaak as wat mense besef. Die feit dat die reeks Wyfie genoem is, getuig ook daarvan.”

    “Toe Angie studio toe gekom het en die idees op die mic gesit het, kon ek dadelik voel ons is met iets spesiaal besig,” sê Peach. “Angie se stem is een van die mees diepgaande mooi stemme wat ek al ooit opgeneem het. Om saam met Angie te kon werk, was ’n tyd wat vir ewig by my sal bly. Ons het haar gedurende die proses verloor, en daar is baie emosie rondom van die musiek en ek moes meeste van dit voltooi ná sy weg is. Sy het haar stem by my gelos en dís ’n groot geskenk en eer vir my.  Sy was baie trots op die werk en ek ook.” 

    Wyfie - Showmax

    “Vir my is Wyfie ’n reeks van kontraste,” sê Peach. “Dis luid en in jou gesig, maar ook broos en sag. Amper soos mense op daai ouderdom: jy besluit jy weet presies wie jy is en vind uit hoe verkeerd jy is as die lewe aan daai studentidentiteit begin wegkap. Dis ’n mikrokosmos en ’n borrel. Ek wou die borrel omarm én dit ook bars.”

    “Mense moet Wyfie kyk omdat ons nie bang was nie, omdat ons nie skaam was nie,” sê Johan. “Ek het in pre-produksie daarna verwys as ’n storie wat nie skaam mag wees nie; dis ’n baie eerlike storie en nie bang om universiteitslewe te wys soos dit werklik is nie. Ek glo mense wil hulself op skerm herken, en baie daarvan kom daarop neer dat jy (as TV-skepper) nie wegsteek hoe die lewe regtig is nie. Enigiemand wat al koshuislewe ervaar het, gaan kan aanklank vind by die storie en karakters van Wyfie.”

    Wyfie is is een van 20 Showmax Originals wat in Februarie saam met die herbekendstelling van die nuwe Showmax-platform première.

    Kyk die lokprent vir Wyfie hier onder:

    As jy nog nie ‘n Showmax account het nie, kry joune HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Showmax reik lokprent uit vir “Koek”
    • Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit
    • Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit
    • Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans ShowMax Wyfie
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous Article9 Essential Piano Tips and Tricks for Beginners
    Next Article Showmax releases Catch Me A Killer Trailer
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    73 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    93 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    61 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Discovert Sport Logo
    October 7, 2025

    Discover Sport Launches “Bring Your A-Game” Competition

    12 Views2 Mins Read
    DSTV 30
    October 6, 2025

    DStv Celebrates 30 Years of Shaping South African Television

    10 Views5 Mins Read
    Disney+
    October 2, 2025

    What’s Streaming on Disney+ in October 2025?

    13 Views3 Mins Read
    DSTv
    October 1, 2025

    30 new hits to watch as DStv turns 30

    16 Views14 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    The Big Merge @ Arcade Empire: A Photo Album 2
    July 20, 2015

    The Big Merge @ Arcade Empire: A Photo Album

    30 Views3 Mins Read
    Bill Hicks on Smoking 3
    April 25, 2012

    Bill Hicks on Smoking

    163 Views2 Mins Read
    Photo Album: Deftones at Oppikoppi 2013 Bewilderbeast 4
    August 13, 2013

    Photo Album: Deftones at Oppikoppi 2013 Bewilderbeast

    148 Views2 Mins Read
    1980s Boombox
    May 12, 2021

    Diary of a SA Music fan – Part 1: The Beginning (1977-1995)

    482 Views7 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.