Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Streaming » Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit

Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 9, 2024No Comments6 Mins Read Streaming 100 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax het pas die lokprent vrygestel vir Mince Jou Hare, ’n goedvoel-sitkom wat vanaf 20 Mei 2024 op Maandae nuwe episodes loods.

Dié Showmax Original, wat in die fiktiewe dorpie van Hex-vallei in die Wes-Kaap afspeel, volg Frieda se verhaal soos sy haar pos in ’n fabriek bedank om ’n haarsalon vanuit haar huis te bedryf.

Mince Jou Hare Cast

Melissa de Vries (Sasha Daniels in Arendsvlei) speel Frieda, met die komediant Dugald Pieterse as haar man, Vincent, die Fleur du Cap-benoemde Bianca Flanders (Troukoors; Nêrens, Noord-Kaap) as haar beste vriendin, Julia, en Franka Kirby in haar deurbraakrol as haar dogter, Jody.

Die rolverdeling sluit ook in die Safta-benoemde Keenan Arrison (Shirley Adams; The Riviera), African Movie Academy Awards-benoemdes Lee-Ann van Rooi (Spinners) en Euodia Samson (Arendsvlei), asook Gershwin Mias (Zane Meintjies in Arensdvlei, Shaun in Magda Louw) en Emile Smit (Arendsvlei) as die verliefde buurman.

Spinners se David Isaacs (medeskepper van Joe Barber en G.I.L., Swartwater- en Sara se Geheim-regisseur) behartig die regie, met die YouTube-fenomeen Early B wat die reeks se temalied geskep het.

NetfloristOfferforge

Die veelbekroonde Roberta Durrant en Penguin Films dien as vervaardigers – dieselfde span wat Stokvel en Home Affairs, beide benoem vir internasionale Emmy-toekennings, gemaak het.

Só ook was hulle die vervaardigers van klassieke plaaslike komedies soos die Rose d’Or-benoemde Madam & Eve, die driemalige Safta-wenner G.I.L., asook die telenovelas Diepe Waters en Arendsvlei, en dramareekse Projek Dina en Sara se Geheim.

Caryn Welby-Solomon het met Shimmy gesels oor die betekenis wat die reeks vir haar inhou.

Wat het jou geïnspireer om Mince Jou Hare te skep, skryf en vervaardig?

“My ma se storie maak ’n groot deel van my storie uit, en dit het gevoel soos ’n belangrike een om te vertel.”

“Worcester was ’n fabrieksdorp en my ma was ’n fabriekswerker. Toe sy haar werk by die fabriek bedank, en sê dat sy klaar is daarmee om vir iemand anders te werk – dít was ’n noemenswaardige oomblik in my lewe.”

“Sy het alles gedoen wat sy voorgeneem het. Ek was ’n kind, so dit was die eerste keer wat ek gesien het hoe iemand ’n belofte aan hulself maak én dit hou. Dit het my geïnspireer om ook groot te droom en om dít te bereik wat ek aan myself belowe het. My ma verteenwoordig geloof vir my.”

“Ek wou dus ander mense blootstel aan die inspirasie wat my ma, Frieda, is, en aan die lewendige wêreld van klein dorpies soos Worcester.”

Hoekom laat jy Mince Jou Hare in Hex-vallei afspeel?

“Hex-vallei is deur Worcester, waar ek grootgeword het, geïnspireer, so dit sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê.”

“Maar dit gaan eerder daaroor om karakters en mense uit te lig wat dikwels oor die hoof gesien word, wat nie klink soos waaraan ons gewoond is nie. Ek sê altyd dat bruin mense nie monolitiese mense is nie; hulle kom nie net van Kaapstad en die Kaapse Vlakte nie. Hulle praat selfs Afrikaans anders in Worcester.”

“Ek het ook gedink dit is belangrik om die kleindorpse waardes van dorpe soos Worcester, waar dit steeds gebruiklik is om byvoorbeeld op te staan vir bejaardes, en tannies oor die pad te help, te vier. Ons moet teruggaan na die ruimtes wat respek en vriendelikheid waardeer.”

Hoe belangrik is hare in Mince Jou Hare?

“Ek dink nie dit is iets waarop ek spesifiek gefokus het nie. My ma is regtig ’n haarkapper, maar ek moet sê, ek het net drie haarstyle gesien terwyl ek grootgeword het. Hierdie storie is uiteindelik oor ’n vrou wat net sukses wil behaal in die lewe en bereid is om te doen wat ook al sy moet om dít te bewerkstellig.”

Vir ’n storie wat jou so na aan die hart lê, hoe het jy te werk gegaan om die rolverdeling te kies vir Mince Jou Hare?

“Melissa [De Vries], wat Frieda speel, is sedert dag een, sedert ek die oorspronklike loodsepisode vyf jaar gelede verfilm het, by die projek betrokke. Ek het oorspronklik die draaiboek geskryf met ’n ander akteur in gedagte, maar hulle was nie beskikbaar nie.”

“Maar toe stap Melissa by die oudisie in, en sy neem die karakter in ’n heel nuwe rigting, en ek het dit omhels. Ek het geleer om oop te wees vir haar interpretasie van die karakter. En sedertdien het ons almal gegroei en ek en Melissa het saam aan ander TV-programme gewerk en ek het haar baie beter leer ken.”

“Dit is goed om my akteurs te ken as ek van plan is om vir hulle te skryf, sodat ek die karakters kan deurdrenk met die eienskappe van die akteur.”

“Nog ’n akteur saam met wie ek reeds gewerk het, is Gershwin [Mias], wat die karakter van Oompie vertolk. Ek kon spesifiek vir hom skryf omdat ek besluit het dat hy die perfekte akteur vir die rol is, nog voordat Showmax ja gesê het. En toe ons begin rondspeel met sy klerekas – wat geïnspireer is deur Johnny Depp in Fear and Loathing in Las Vegas – het hy waarlik in die karakter getransformeer.”

“Die enigste akteur saam met wie ek nog nie voorheen gewerk het nie, is Bianca Flanders, wat Julia speel. Sy is splinternuut op my radar. Ek het oorspronklik die karakter van Julia geskryf om dit self te speel, soos in die oorspronklike loodsepisode.”

“Maar toe ek Bianca se video sien, het ek daaroor gebid en God gevra om vir objektiwiteit te gee en vir my die kuns te laat sien. En dit het my toegelaat om te sien dat Bianca reg vir die rol was, want sy was nie soos enige van die akteurs wat ons gesien het nie en dit het die diversiteit van mense in Worcester gewys.”

“Bianca wys die meer Engelse kant van die mense van Worcester. Ek is mal oor die sagtheid wat sy aan die karakter van Julia gee. Maar daar is ook hierdie element van hartseer omdat sy ongelukkig in sake van die hart is. Jy wil net hê sy moet geluk en liefde vind.”

Mince Jou Hare Screengrab

Wat wil jy hê gehore moet uit Mince Jou Hare neem nadat hulle dit gekyk het?

“Eerstens wil ek hê dat hulle moet leer dat dit goed is om hulself te wees. Maar ek sê altyd, ‘Wees jouself met doelwitte’.”

“Kyk na Vincent, Frieda se man. Hy is daardie tevrede ou. En dan kyk jy na sy vrou. Yin en yang. Jy het balans in die lewe nodig. Jy het die een nodig wat oukei is en wat sê ons is genoeg en dan het jy die ander een nodig wat sê dis oukei, ons kan harder werk, sodat ons meer vakansies kan hê.”

“Wat ek wil hê mense van Mince Jou Hare moet neem, is dat hulle albei kan doen. Hulle kan hard werk én ’n goeie tyd hê. En weet dat hulle genoeg is, maak nie saak wat dit is nie.”

Kyk die lokprent vir Mince Jou Hare hier onder:

As jy nog nie ‘n Showmax account het nie, kry ene HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Cindy Swanepoel in Koek
    Showmax reik lokprent uit vir “Koek”
  • Wyfie - Showmax
    Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”
  • Tuiskoms
    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit
  • Die Onderonsie
    Die Onderonsie Lokprent uitgereik deur Showmax

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Comedy Mince Jou Hare Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Netflix Logo
    What’s Coming to Netflix in July 2026?
    July 6, 2026
  • The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free
    10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free
    July 3, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in June 2026?
    June 3, 2026
  • Kehlani
    Kehlani South African Tour: December 2026
    June 16, 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026
    February 23, 2026
  • TEEKS and Good Neighbours Featured
    Good Neighbours & TEEKS Live in Cape Town: 27 August 2026
    June 13, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202635 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202630 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,368 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 88
Humor 48
Movies 34
Television 25
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.