Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Streaming » Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit

Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit

Blitsoorsig: Showmax het Mince Jou Hare aangekondigd, 'n goedvoel-sitkom wat in die fiktiewe dorpie Hex-vallei afspeel. Die reeks volg Frieda, wat haar fabriekpos bedank om 'n haarsalon vanuit haar huis te bedryf. Dit is vervaardig deur die team agter Stokvel en Home Affairs, met 'n sterrenkry insluitend Melissa de Vries, Dugald Pieterse en Bianca Flanders. Nuwe episodes begin vanaf 20 Mei op Maandae.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 9, 2024No Comments6 Mins Read Streaming 162 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax het pas die lokprent vrygestel vir Mince Jou Hare, ’n goedvoel-sitkom wat vanaf 20 Mei 2024 op Maandae nuwe episodes loods.

Dié Showmax Original, wat in die fiktiewe dorpie van Hex-vallei in die Wes-Kaap afspeel, volg Frieda se verhaal soos sy haar pos in ’n fabriek bedank om ’n haarsalon vanuit haar huis te bedryf.

Mince Jou Hare Cast

Melissa de Vries (Sasha Daniels in Arendsvlei) speel Frieda, met die komediant Dugald Pieterse as haar man, Vincent, die Fleur du Cap-benoemde Bianca Flanders (Troukoors; Nêrens, Noord-Kaap) as haar beste vriendin, Julia, en Franka Kirby in haar deurbraakrol as haar dogter, Jody.

Die rolverdeling sluit ook in die Safta-benoemde Keenan Arrison (Shirley Adams; The Riviera), African Movie Academy Awards-benoemdes Lee-Ann van Rooi (Spinners) en Euodia Samson (Arendsvlei), asook Gershwin Mias (Zane Meintjies in Arensdvlei, Shaun in Magda Louw) en Emile Smit (Arendsvlei) as die verliefde buurman.

NetfloristOfferforge

Spinners se David Isaacs (medeskepper van Joe Barber en G.I.L., Swartwater- en Sara se Geheim-regisseur) behartig die regie, met die YouTube-fenomeen Early B wat die reeks se temalied geskep het.

Die veelbekroonde Roberta Durrant en Penguin Films dien as vervaardigers – dieselfde span wat Stokvel en Home Affairs, beide benoem vir internasionale Emmy-toekennings, gemaak het.

Só ook was hulle die vervaardigers van klassieke plaaslike komedies soos die Rose d’Or-benoemde Madam & Eve, die driemalige Safta-wenner G.I.L., asook die telenovelas Diepe Waters en Arendsvlei, en dramareekse Projek Dina en Sara se Geheim.

Caryn Welby-Solomon het met Shimmy gesels oor die betekenis wat die reeks vir haar inhou.

NetfloristOfferforge

Wat het jou geïnspireer om Mince Jou Hare te skep, skryf en vervaardig?

“My ma se storie maak ’n groot deel van my storie uit, en dit het gevoel soos ’n belangrike een om te vertel.”

“Worcester was ’n fabrieksdorp en my ma was ’n fabriekswerker. Toe sy haar werk by die fabriek bedank, en sê dat sy klaar is daarmee om vir iemand anders te werk – dít was ’n noemenswaardige oomblik in my lewe.”

“Sy het alles gedoen wat sy voorgeneem het. Ek was ’n kind, so dit was die eerste keer wat ek gesien het hoe iemand ’n belofte aan hulself maak én dit hou. Dit het my geïnspireer om ook groot te droom en om dít te bereik wat ek aan myself belowe het. My ma verteenwoordig geloof vir my.”

“Ek wou dus ander mense blootstel aan die inspirasie wat my ma, Frieda, is, en aan die lewendige wêreld van klein dorpies soos Worcester.”

NetfloristOfferforge

Hoekom laat jy Mince Jou Hare in Hex-vallei afspeel?

“Hex-vallei is deur Worcester, waar ek grootgeword het, geïnspireer, so dit sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê.”

“Maar dit gaan eerder daaroor om karakters en mense uit te lig wat dikwels oor die hoof gesien word, wat nie klink soos waaraan ons gewoond is nie. Ek sê altyd dat bruin mense nie monolitiese mense is nie; hulle kom nie net van Kaapstad en die Kaapse Vlakte nie. Hulle praat selfs Afrikaans anders in Worcester.”

“Ek het ook gedink dit is belangrik om die kleindorpse waardes van dorpe soos Worcester, waar dit steeds gebruiklik is om byvoorbeeld op te staan vir bejaardes, en tannies oor die pad te help, te vier. Ons moet teruggaan na die ruimtes wat respek en vriendelikheid waardeer.”

Hoe belangrik is hare in Mince Jou Hare?

“Ek dink nie dit is iets waarop ek spesifiek gefokus het nie. My ma is regtig ’n haarkapper, maar ek moet sê, ek het net drie haarstyle gesien terwyl ek grootgeword het. Hierdie storie is uiteindelik oor ’n vrou wat net sukses wil behaal in die lewe en bereid is om te doen wat ook al sy moet om dít te bewerkstellig.”

NetfloristOfferforge

Vir ’n storie wat jou so na aan die hart lê, hoe het jy te werk gegaan om die rolverdeling te kies vir Mince Jou Hare?

“Melissa [De Vries], wat Frieda speel, is sedert dag een, sedert ek die oorspronklike loodsepisode vyf jaar gelede verfilm het, by die projek betrokke. Ek het oorspronklik die draaiboek geskryf met ’n ander akteur in gedagte, maar hulle was nie beskikbaar nie.”

“Maar toe stap Melissa by die oudisie in, en sy neem die karakter in ’n heel nuwe rigting, en ek het dit omhels. Ek het geleer om oop te wees vir haar interpretasie van die karakter. En sedertdien het ons almal gegroei en ek en Melissa het saam aan ander TV-programme gewerk en ek het haar baie beter leer ken.”

“Dit is goed om my akteurs te ken as ek van plan is om vir hulle te skryf, sodat ek die karakters kan deurdrenk met die eienskappe van die akteur.”

“Nog ’n akteur saam met wie ek reeds gewerk het, is Gershwin [Mias], wat die karakter van Oompie vertolk. Ek kon spesifiek vir hom skryf omdat ek besluit het dat hy die perfekte akteur vir die rol is, nog voordat Showmax ja gesê het. En toe ons begin rondspeel met sy klerekas – wat geïnspireer is deur Johnny Depp in Fear and Loathing in Las Vegas – het hy waarlik in die karakter getransformeer.”

“Die enigste akteur saam met wie ek nog nie voorheen gewerk het nie, is Bianca Flanders, wat Julia speel. Sy is splinternuut op my radar. Ek het oorspronklik die karakter van Julia geskryf om dit self te speel, soos in die oorspronklike loodsepisode.”

“Maar toe ek Bianca se video sien, het ek daaroor gebid en God gevra om vir objektiwiteit te gee en vir my die kuns te laat sien. En dit het my toegelaat om te sien dat Bianca reg vir die rol was, want sy was nie soos enige van die akteurs wat ons gesien het nie en dit het die diversiteit van mense in Worcester gewys.”

“Bianca wys die meer Engelse kant van die mense van Worcester. Ek is mal oor die sagtheid wat sy aan die karakter van Julia gee. Maar daar is ook hierdie element van hartseer omdat sy ongelukkig in sake van die hart is. Jy wil net hê sy moet geluk en liefde vind.”

Mince Jou Hare Screengrab

Wat wil jy hê gehore moet uit Mince Jou Hare neem nadat hulle dit gekyk het?

“Eerstens wil ek hê dat hulle moet leer dat dit goed is om hulself te wees. Maar ek sê altyd, ‘Wees jouself met doelwitte’.”

“Kyk na Vincent, Frieda se man. Hy is daardie tevrede ou. En dan kyk jy na sy vrou. Yin en yang. Jy het balans in die lewe nodig. Jy het die een nodig wat oukei is en wat sê ons is genoeg en dan het jy die ander een nodig wat sê dis oukei, ons kan harder werk, sodat ons meer vakansies kan hê.”

“Wat ek wil hê mense van Mince Jou Hare moet neem, is dat hulle albei kan doen. Hulle kan hard werk én ’n goeie tyd hê. En weet dat hulle genoeg is, maak nie saak wat dit is nie.”

Kyk die lokprent vir Mince Jou Hare hier onder:

YouTube video player

As jy nog nie ‘n Showmax account het nie, kry ene HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • The White Lotus (TV Series): 18 Facts You Might Not Know

    The White Lotus Facts
    TV Facts 26 Apr 2025
  • Showmax reik lokprent uit vir “Koek”

    Cindy Swanepoel in Koek
    Streaming 20 Feb 2024
  • DStv Stream: Showmax Originals’ New Home

    Showmax on DSTV Stream
    Streaming 19 Mar 2026
  • MultiChoice Announces Shutdown of Showmax

    Showmax
    Streaming 5 Mar 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Comedy Mince Jou Hare Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Netflix in August 2026
    Netflix SA Turns 10: New Content & Partnerships
    September 10, 2026
  • Disney Plus
    New Disney+ App Now Available in South Africa
    September 10, 2026
  • The Gentlemen Season 2 - Netflix
    What’s Coming to Netflix in September 2026?
    September 1, 2026
  • FX's American Horror Story 13 - Disney+
    What’s Coming To Disney+ in September 2026?
    September 1, 2026
  • Netflix in August 2026
    Netflix in August 2026: Here’s What You Can Look Forward To
    August 4, 2026
  • Netflix
    Netflix Reveals What The World Watched In First Half of 2026
    July 25, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in July 2026?
    July 7, 2026
  • Netflix Logo
    What’s Coming to Netflix in July 2026?
    July 6, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.