Close Menu
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Wat is in Appel se ‘Genadewater’?

Wat is in Appel se ‘Genadewater’?

Blitsoorsig: Appel se nuwe liedjie "Genadewater" dra 'n diep boodskap van hoop en onverdiende liefde. Die lied handel oor God se genade wat elke dag oor mense se lewens uitstort en dien as herinnering dat geen oordeel groter is as God se liefde nie. Appel het die liedjie self geskryf en sê hy het hom uit die middel getrek, nie gedink aan ranglyste of opinies nie, maar eerder iets erkend vir die Here.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 23, 2026No Comments3 Mins Read Music Videos
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die geliefde Afrikaanse kunstenaar Appel is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Genadewater,” wat nie net lekker op die oor val nie, maar ook ’n diep boodskap van hoop en liefde dra.

Ná die sukses van sy vorige kortspeler, beloof dié liedjie om oud én jonk aan die sing te kry met sy aansteeklike melodie en opregte boodskap.

Appel

Appel bring ’n Boodskap van onverdiende liefde

“Genadewater” handel oor die onverdiende genade wat God elke dag oor mense se lewens uitstort. Dit dien as ’n herinnering dat geen fout of oordeel van die wêreld groter is as God se liefde nie.

Appel verduidelik dit aan die hand van ouerliefde: “Ek verstaan dit soos die liefde van ’n ouer vir ’n kind. Al was ek hoe stout, het my ouers nooit opgehou om my lief te hê nie. En selfs daardie beeld is nog te klein om God se liefde te beskryf.”

NetfloristOfferforge

Vir die sanger is die liedjie ’n belydenis en ’n manier om eer te bring aan die Vader wat altyd daar is, selfs wanneer mense afdwaal.

“Dit is my manier om eer te bring aan die Vader wat steeds my tafel gedek hou, al dwaal ek soms ver van die huis af. Hy het my meer lief as wat ek Hom ooit kan liefhê. Dit is genade. Dit is ‘Genadewater’.” sê hy.

Appel

’n Nuwe benadering tot sy musiek

Appel het die liedjie self geskryf en sê die inspirasie was kragtig in sy eenvoud: genade as iets wat hom dra wanneer hy dit nie verdien nie. Wat hierdie uitreiking vir hom anders maak, is sy onverskilligheid teenoor ranglyste of openbare mening.

“Dit is die eerste keer wat ek ’n liedjie skryf waar ek myself uit die middel haal,” verduidelik hy. “Ek het nie aan ranglyste, gewildheid of opinies gedink nie. Hierdie one is vir die Here. Ek het dit nie geskryf om iets te bewys nie, maar om iets te erken.”

NetfloristOfferforge

Iets vars vir die bedryf

Benewens die liedjie, kan aanhangers ook uitsien na ’n musiekvideo wat volgens Appel ’n vars aanslag na die Afrikaanse musiekbedryf bring. “Die musiekvideo was vet pret om te maak. Ek dink dit is iets vars vir Afrikaans.”

Met sy opregte lirieke en tydlose boodskap is “Genadewater” nóg ’n bewys van waarom Appel steeds een van Afrikaanse musiek se mees geliefde kunstenaars is. Dit is meer as net ’n liedjie – dit is ’n herinnering dat genade altyd groter is as enige tekortkoming.

Kyk die musiekvideo vir “Genadewater” hier onder:

Jy kan “Genadewater” HIER stroom/aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Sluit by die Wolfpak aan

Kry nuwe artikels direk in jou Inboks.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”

    Appel en Ichnus
    Music Videos 19 Oct 2026 21 kyke
  • Jann Klose Explores Healing in New Visual Project

    Jann Klose
    Music Videos 17 Nov 2026 1,487 views
  • Anacy Releases “Brother’s Friend” Single

    Anacy South Africa Singer
    Music Videos 11 Nov 2026 1,242 views

Goeters Om Te Doen

  • Carols by Candlelight 2026: All The Deets

    Carols By Candlelight 2026
  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
  • Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy

    Oskido's Big Day Out 2026

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

Check ons Screen Hub uitCheck ons Music Hub uitBesoek die Afrikaanse HoekieCheck bietjie Upcoming Events uitCheck die SA Gig Guide uit
Afrikaans Appel Genadewater South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Lady Zamar
    Lady Zamar Releases “Muscle Memory” Single
    November 9, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release “Our Desire”
    November 2, 2026
  • Tian Nienaber
    Tian Nienaber Releases New Single: “Arabella”
    October 30, 2026
  • Giselle Niemand
    Giselle Niemand Drops New Single: “He Doesn’t Know”
    October 27, 2026
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,391
Rock 629
Useful Tips 575
Afrikaans 530
Cape Town 352
USA 339
Pretoria 307
Johannesburg 294
Festivals 201
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.