Dodo Nyoka het pas sy splinternuwe liedjie, “Jannaman”, bekendgestel – ’n diep persoonlike en betekenisvolle lied wat hy opdra aan sy pa. Hierdie unieke country-reggae snit is ’n huldeblyk aan sy pa, Jannaman, wie se deursettingsvermoë en onbreekbare gees hom sy hele lewe lank inspireer.
“Die liedjie gaan oor my pa Jannaman wat nooit opgee,” vertel Dodo oor die spesiale liedjie wat hy self geskryf het. Die produksie is behartig deur Jacques Marcel van Vuuren, wat reeds sy stempel afgedruk het met treffers soos “Country Girl van Bloem” en “Ek Verstaan”.

“My pa is die inspirasie agter die liedjie,” sê Dodo. “Ek het hierdie liedjie gekies want ek wou iets vir my pa gee wat vir ewig sal hou.” Sy opregte woorde en die sielvolle klanke van “Jannaman” beloof om nie net sy pa te raak nie, maar ook elke luisteraar wat ’n diep band met hulle geliefdes koester.
Met hierdie liedjie wil Dodo Nyoka sy aanhangers nader aan hom bring
“Mense moet voel asof hulle my al ontmoet het deur my musiek,” verduidelik hy. Hy hoop dat sy gehoor die liedjie net so sal geniet soos hy dit geniet het om dit te skryf en op te neem. “Ek voel dis die beste liedjie wat ek tot dusver al geskryf het.”
Die musiekvideo, wat deur Kyle White verfilm is by die pragtige Ukutula Lodge, beloof om net so treffend soos die lied self te wees. Alhoewel Dodo nie te veel wil verklap nie, laat hy wel bietjie spanning opbou deur te noem dat daar tonele saam met leeus is – ’n unieke element wat die visuele vertelling van “Jannaman” nog meer spesiaal maak.
“Jannaman” is nou op alle digitale stroomdienste soos Appel Music, Spotify en Deezer beskikbaar. Stroom dit HIER.
Luister daarna en ervaar die hartklop van ’n seun se liefde en bewondering vir sy pa.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koppie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🎵 Verken ons Music Hub: Check bietjie ons Music Hub uit vir meer musiekverwante inhoud, of kyk wat op die SA Gig Guide is en wat by Upcoming Events aangaan.
🎬 Verken ons Screen Hub: Check bietjie ons Screen Hub uit vir flieks, TV, gaming en meer.
🔥 Popular Articles: Kyk wat ander mense lees by ons Popular Articles.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

