Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Fokofpolisiekar reik “Selfmedikasie” uit aan Crowdfunders

    Fokofpolisiekar reik “Selfmedikasie” uit aan Crowdfunders

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 4 Mins Read24 ViewsSeptember 5, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Fokofpolisiekar is besig om hulself reg te trek vir een van die opwindendste en opregste musiekvrystellings van 2017. Die offisiële vrystellings datum van hul eerste vol lengte album in 11 jaar, “Selfmedikasie”, is Dinsdag, 3 Oktober. Die digitale voorafverkope van hierdie album skop af op 12 September, maar Fokofpolisiekar se mees entoesiastiese ondersteuners het vandag die album gekry.

    NetfloristOfferforge

    Fokofpolisiekar reik "Selfmedikasie" uit aan Crowdfunders 5

    Fokofpolisiekar se ongelooflike lojale aanhangers was so opgewonde oor die vooruitsig van hierdie album dat die groep oor die R1 miljoen ingesamel het om die album se produksie en die veldtog se addisionele kostes te dek.

    In die huidige moeilike ekonomiesetye is dit ‘n testament van wat moontlik is wanneer ‘n musiekgroep getrou bly aan hulself en ‘n lojale gevolg gebou het. Gedurende die skare finansierings veldtog het Fokofpolisiekar hul aanhangers se ondersteuning beloon met gratis vertonings in Kaapstad en Johannesburg toe hul doelwitte een-vir-een bereik is.

    Die groep vat dit nou een stap verder deur “Selfmedikasieaan” vir almal te gee wat die skare finansierings veldtog ondersteun het en dit ‘n maand voor die album se offisiële vrystelling.

    Vanuit die 1531 beloftes wat ontvang is vir Fokofpolisiekar se goedere tydens die veldtog, was 1281 vanaf unieke ondersteuners en 545 mense het geld belowe om ‘n digitale kopie van die album op 5 September te ontvang.

    “Die intreevlak van die #fokofcrowdfunding was ‘n digitale kopie van die album teen R80 met die voordeeldat die album ‘n maand voor sy vrystelling afgelaai kan word. Dit het egter nie reggevoel om nie die album te gee aan mense wat beloftes gemaak het vir die plaat, CD en ander aanbiedinge soos ‘n akoestiese vertoning nie. In realiteit sou hulle dan eers die nuwe musiek ‘n paar weke kry nadat die digitale kopie beskikbaar gemaak is, en dit sou nie lekker wees vir dié mense nie. Ons wil hê dat almal wat die maak van hierdie album ondersteun het, “Selfmedikasie” op dieselfde tyd geniet, maak nie saak of hulle R80 of R10,000 spandeer het nie,” sê Wynand Myburgh.

    Francois van Coke voeg by dat “ons het opgeëindig om drie ekstra liedjies te skryf en op te neem. Mense het die maak van ‘n 10-snit album ondersteun, maar ons het so geïnspireer gevoel deur al die ondersteuning met die skare finansierings veldtog dat ons nog drie geskryf het en ons het die begroting gehad om hulle op te neem. So die veldtog se ondersteuners kry ‘n 13-snit album!”

    Fokofpolisiekar reik "Selfmedikasie" uit aan Crowdfunders 6

    “Selfmedikasie” se albumomslag is ‘n Ouroboros. Hunter Kennedy, die groep se liriekskrywer, kitaarspeler en agtergrond sanger, verduidelik dat dit “die ewige siklus van self-vernietiging en hergeboorte” verteenwoordig. Dit gaan ook vir my oor verantwoordelikheid neem vir jou eie lot. Die album se lirieke is baie persoonlik van aard en die proses om dit te skryf was ‘n vorm van self-medikasie vir my en ek glo ook vir die ander manne.”

    Ek het vroëer vanaand na die album deur geluister en ek dink dis legit. Vat een stywe dosis punk rock, meng dit met ‘n goeie paar lekker acoustic tracks en clever lirieke, en jy kry “Selfmedikasie”. Wel gedaan ouens. Hierdie album is absoluut befok en ek voorspel dat ek dit ‘n hele paar keer op repeat gaan luister en dat ek nooit gatvol vir dit gaan raak nie.

    Die album se bekendstellingstoer gebeur in Oktober. Ondersteuners word aangeraai om van die voor-verkope opsie gebruik te maak (waar dit beskikbaar is), aangesien hierdie toer die potensiaal het om baie vining uit te verkoop.

    • 7 Oktober 2017 – Rocking the Daisies, Darling, Wes Kaap
    • 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom, Noord Wes
    • 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein, Vrystaat
    • 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, Johannesburg, Gauteng
    • 15 Oktober 2017 – Atterbury Theater, Pretoria, Gauteng
    • 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit, Mpumalanga
    • 28 Okotober 2017 – Arcade Empire Halloween Party, Pretoria, Gauteng
    • 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort, Noord Wes

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

     

    Related Articles:

    • ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar
    • A quick pre Oppikoppi chat with Fokofpolisiekar
    • Fokofpolisiekar @ Firkin, Centurion: A Photo Album
    • Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    Express VPN

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Cape Town Fokofpolisiekar Punk Rock Rock Selfmedikasie South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleA quick chat with Retro Dizzy
    Next Article ‘n Vinnige Geselsie met Kobus De Kock Jnr
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 7
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    8 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    10 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Review: Collective Soul & Lifehouse Live in Johannesburg 8
    February 3, 2018

    Review: Collective Soul & Lifehouse Live in Johannesburg

    53 Views3 Mins Read
    17 International acts I photographed in 2013 9
    December 27, 2013

    17 International acts I photographed in 2013

    38 Views7 Mins Read
    Blood Brothers 2016: A Photo Album 10
    September 16, 2016

    Blood Brothers 2016: A Photo Album

    60 Views3 Mins Read
    My First Oppikoppi - Boom Straat
    June 10, 2021

    Diary of a SA Music Fan – Part 2: My First Oppikoppi

    79 Views9 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.