Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Hunter Kennedy: ‘n Vinnige Onderhoud oor “Herverbeel”

    Hunter Kennedy: ‘n Vinnige Onderhoud oor “Herverbeel”

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 3 Mins Read26 ViewsDecember 11, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Die Heuwels Fantasties se nuwe album, Herverbeel is vandag uit. Hunter Kennedy (een van die lede van Die Heuwels Fantasties) is ‘n liedjieskrywer, kitaarspeler, bas-kitaar speler wat bekend geraak te danke aan die Afrikaanse punk rock groep Fokofpolisiekar. 

    NetfloristOfferforge

    Met Herverbeel pak Die Heuwels Fantasties nuwe verwerkings en akoestiese weergawes van hul treffers, sowel as unieke samewerkings met verskeie kunstenaars aan. Die idee was om met `n ander perspektief te kyk na bestaande Heuwels songs.

    Ek het ‘n rukkie gelede met Hunter Kennedy gesels oor Die Heuwels Fantasties se nuwe album en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het daaroor.

    Hunter Kennedy - Herverbeel

    Hoe lyk 2020 as Hunter Kennedy hom kon herverbeel?

    Mmm… Al kon ek sou ek versigtig wees om met tyd te mors. Daar is ‘n moontlikheid dat hierdie vullisvuur van ‘n jaar ‘n positiewe impak kan hê in die lang termyn. Die jaar is nog nie verby nie. Gewoonlik wens ek, ek het meer in die see geswem.

    Watter song op julle nuwe album is vir jou die beste verwerking?

    Jislaaik! Dis moeilik. Ek hou baie van Margot se “Mejuffrou Sonneblom”.

    Voel jy soms dat `n song wat jy skryf nie klink soos wat jy gedink het dit sal nie?

    Ja, altyd. Elke liewe keer.

    Is daar enige song op Herverbeel wat vir jou dan beter of nader aan die skrywe voel?

    Mmm… Nee. Hahahaha! Ek dink songs lewe as konsepte. Die genres is maar net jassies.

    Wat moet dieselfde bly en wat mag verander as mens `n song so oordoen?

    Ek dink watookal die essensie was, of dit die hook of die lyric is of watookal. Ek dink meestal het daar net arrangement goedjies verander.

    Hoe het julle die liedjies op Herverbeel gekies?

    Ons het ‘n klomp liedjies se name in ‘n hoed gegooi en ‘n paar uitgetrek!

    Die Heuwels Fantasties - Herverbeel

    Watter internasionale kunstenaars skryf volgens Hunter Kennedy die beste lirieke?

    Ek dink Paul Simon is ‘n meester. Deesdae hou ek ook baie van Penelope Scott en Propagandhi is seker my gunsteling.

    Watter plaaslike kunstenaars skryf vir jou die lekkerste?

    Ek hou baie van hoe Danie Reënwolf skryf. Ek is ‘n fan van Koos Kombuis se skrywe. Francois Van Coke, Laudo Liebenberg, TeeJay Terreblanch, Loki Rothman, Bongiziwe Mabandla skryf vir my mooi, al verstaan ek nie die taal nie hou ek van die vertaling. Dit hang af. Dolf Willemse. Fred en Vegas. Jack Parow. Middelvinger. TCIYF.

    Ek wil vir Hunter Kennedy en Die Heuwels Fantasties bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle albei alles van die beste toe met hulle toekomstige musikale avonture. Jy kan Herverbeel stroom al die major streaming platforms.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • ‘n Vinnige Geselsie met Die Heuwels Fantasties
    • ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties
    • Van Der Aven: ‘n Vinnige Onderhoud voor KKNK
    • ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    Express VPN

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Die Heuwels Fantasties Herverbeel Hunter Kennedy Interviews
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleSocial Media: How is it Creating Environmental Awareness?
    Next Article Janie Bay: ‘n Onderhoud oor “Ek glo nog in Jou”
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    8 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    10 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Braaimovies
    September 24, 2010

    #Braaimovies Tweets: 50 of the Best Ones for National Braai Day

    93 Views3 Mins Read
    Cover Songs
    March 6, 2019

    The Growl #1: Unnecessary cover songs? Really?

    26 Views2 Mins Read
    Jack Daniels Whiskey
    February 9, 2019

    Whiskey: 7 facts that nobody will tell you

    98 Views6 Mins Read
    Random Facts
    May 25, 2024

    101 Random Facts That Will Expand Your Mind

    106 Views15 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.