Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Kirky van Kirkwood Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Song vir Ma”

Kirky van Kirkwood Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Song vir Ma”

Blitsoorsig: Kirky van Kirkwood het haar nuwe liedjie "Song vir Ma" geskryf na gesprekke met Jakoos Scheepers en sy vrou Hilde in Patensie. Die liedjie het ontstaan nadat hulle oor hul gedeelde ervaring van ouerlose verlies gepraat het. Opgeneem by Loki Rothman, verteenwoordig die liedjie Kirky se persoonlike groei en haar vermoe om emosies deur musiek uit te druk.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 3, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 81 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Kirky van Kirkwood het in 2022 soos`n vars briesie die Suid-Afrikaanse musiek- landskap ingewaai met haar suksesvolle debuut enkelsnit “Wie sê `n vrou kan nie boer nie?.”

`n Tweede enkelsnit “Spring” het gevolg en kort daarna in 2022 het Kirky van Kirkwood die kans gekry om saam met Esté en Lourens Rabé van RAAF te toer en op te tree. Vandag het sy reeds meer as 100 vertonings in 6 provinsies saam met hulle uitgevoer en met groot aanvraag vanaf haar aanhangers regoor die land, is die tyd nou reg vir `n splinternuwe enkelsnit.

Die skryf van die nuwe liedjie “Song vir Ma” was geinspireer deur `n gesprek om `n laatnag vuurtjie in Patensie.

Kirky van Kirkwood vertel ons meer

“Ek het vir Jakoos Scheepers van Patensie ‘n boodskap gestuur om te vra of hy my sal begelei by ‘n fees. Ek het hom van geen kant af geken nie, maar hy het steeds ingestem. Ek het by hom en sy vrou gaan kuier sodat ons kan voorberei vir die fees, maar ons haak toe vas in die Patensie Hotel se kroeg, soos wat die mense in klein dorpies maar doen.”

NetfloristOfferforge

Kirky van Kirkwood

“Uiteindelik is ons huistoe waar ons vuur aangesteek het. Die aand het toe oggend ure geraak en ek en Jakoos het oor redelik baie dinge gesels. Ons besef toe ons het iets ingemeen. Ek, Jakoos en sy vrou Hilde het almal een van ons ouers verloor. Ek wou nooit regtig oor die verlies van ‘n ouer praat nie, maar vir een of ander rede as iemand deur dieselfde ervaring as jy is praat ek makliker daaroor.”

“Ek is die volgende dag huistoe en sou die volgende week terugkeer sodat ons kan begin voorberei aan ons musiek. ‘n Week het verbygegaan en ek is toe weer op pad na Patensie. Die gesprekke van die vorige week het nog die hele tyd in my kop gemaal en so 20km voor ek daar aangekom het, begin die idee van “Song vir Ma” in my kop speel en ek begin stemnotas daarvan maak.”

“Ek het by Jakoos gestop en die liedjie was basies klaar geskryf. Ek gryp toe my kitaar en speel dit vir hom. Hy en Hilde het dadelik daarvan gehou en dit was vir my belangrik, aangesien hulle deel was van die proses wat tot die liedjie gelei het.”

Kirky van Kirkwood stuur die liedjie toe na Loki Rothman en nie lank daarna nie, ontmoet hulle in sy studio (Rothman Records), waar die liedjie verfyn en opneem is

“Dit was die derde liedjie wat ek by Loki gedoen het en dit bly ‘n absolute belewenis om te sien hoe hierdie man werk. Ek is opgewonde om “Song vir Ma” uiteindelik uit te reik. My hele lewe lank kon of wou ek nooit oor my emosies praat nie en uiteindelik voel dit toe of daar ‘n groot berg van my skouers af is.”

NetfloristOfferforge

Kirky van Kirkwood - Pers

“Ek het besef dat, as ek oor my emosies begin skryf, dit dan makliker is om daaroor te praat. Ek is trots op die persoonlike groei wat die skryf en sing hiervan vir my gebring het en hopelik kan dit vir iemand daar buite ook iets beteken.”

Die video vir “Song vir Ma” is vervaardig deur Esté Rabé en Ruben Oosthuizen. Die video- materiaal was meestal in Nieu-Bethesda geskiet, asook by Diamant Estate in Paarl.

YouTube video player

Esté Rabé vertel dat RAAF dit hoog op prys stel dat Kirky saam met hulle toer en optree

“Kirky van Kirkwood is rou talent. Sy skryf oor onderwerpe waarmee almal kan vereenselwig een haar stem trek jou in en raak jou diep. Sy het hart. En sy deel dit ten volle!”

Jy kan Kirky van Kirkwood se “Song Vir Ma” HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Kirky Van Kirkwood Song vir Ma South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.