Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

    Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

    Bianca NieuwenhuisBy Bianca Nieuwenhuis Music Featured 4 Mins Read73 ViewsAugust 15, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Dis nie gereeld dat dié Pretoria meisie buite die 012 venture nie. En nog minder gereeld dat mens al die pad Joburg toe sal travel vir ‘n Afrikaanse musiekfees. Maar dis juis wat gebeur het op 5 Augustus toe ek Liefde By Die Dam 2018 toe is.

    NetfloristOfferforge

    Hier is my resensie vir Liefde By Die Dam 2018

    Emmarentia Dam was weereens die prentjie mooi tuiste vir hierdie jaar se Liefde by bie Dam. Die weer begin nou net mooi saam speel ook, dis nie meer so ysig koud nie, maar dis ook nog nie dodelik warm nie. Maar buiten vir die mooi venue en lieflike weer het die eendagfees weereens gesorg vir ‘n dag vol lekker vermaak. Almal se gunsteling komediant, Schalk Bezhuidenhout, het MC gespeel vir die dag.

    Liefde By Die 2018 Crowd

    Jakaranda FM se eie Martin Bester het die verhoog geopen vir die dag. Ons het wel eers na sy set daaraan gekom (nie dat ek eintlik kla nie) maar dit het gelyk of die mense wat wel vroeg daar was, dit geniet het.

    Martin Bester at Liefde By Die Dam 2018

    Ons het ook nie veel van Bouwer Bosch se performance gesien nie. Hier’s ‘n tip vir die organiseerders: maak dit dalk, net dalk, duidelik dat daar hierdie jaar nie kaart masjiene is by die bars nie, sodat ons weet ons moet cash moet bring, sodat ons nie byna ‘n hele set in ‘n ry  moet staan om by ‘n ABSA trokkie geldjies te moet verkry nie.

    Bouwer Bosch by Liefde By Die Dam 2018

    Of nog beter, ‘n cashless card system maybe? Ek het wel gehoor Bouwer speel ‘n ou liedjie van Dans Dans Lisa wat ek gelove het op hoërskool, “My eks(skuus)”. Was lekker om dit weer te hoor, het al soortvan vergeet van daai.

    Bongeziwe Mabandla het folk en soul gebring. Sy slow cover van Outkast se “Hey Ya” het besonders goed gewerk. Die crowd was wel verbaas dat hy in ‘n suit jacket nie warm kry nie (vreemde Afrikaners). Ek het wel Bongeziwe baie geniet. Die Vodka & Red Bulls het ook al lekker gevloei op daai stadium, alhoewel dit lank gevat het om nog te kry, nie dat die rye by die bars lank was nie, dit was net moeilik om van een kant van die crowd tot aan die ander te kom.

    Bongeziwe Mabandla at Liefde By Die Dam 2018

    Karlien van Jaarsveld was ook by Liefde By die Dam 2018. Die meisies het haar baie geniet.

    Wie love nou nie vir Koos Kombuis nie? En daar’s niks nuuts wat ek kan sê oor Oom Koos nie. Hys ‘n legend, uit en uit. “Johnny is nie dood nie”, “Liza se Klavier”, “Huise by die See”, Bicycle sonder ‘n Slot” en “Katie”. Ek dink nie daar was een song wat die crowd nie saam mee gesing het nie.

    Koos Kombuis by Liefde By Die Dam 2018

    Elvis Blue was ook ‘n crowd favourite. Hy’t heel oulike songs gesing wat ek nogal geniet het, “Lighthouse” en “Spore”.

    Jy weet jy’s in vir ‘n behoorlike party as Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke op die line-up is. En dis presies wat die laaste twee ure by Liefde by die Dam  2018 was. Daar was selfs ‘n boksgeveg tydens “Sonrotse”, en dit was nie oor Francois saam met Die Heuwels Fantasties op stage gejoin het nie (maar ek moet erken, dit was nogal epic; die saam sing, nie die boksgeveg). Hoe dan anders as al die gunstelinge hoor: “Beloofde Land”, “Leja”, “Pille vir Kersfees”, net groot pret.

    Die Heuwels Fantasties en Francois Van Coke by Liefde by Die Dam 2018

    Dit was ‘n jammerte dat van die mense na Die Heuwels Fantasties begin loop het, want Francois van Coke se set was great. Weereens het Hunter van Die Heuwels Fantasties op die stage gejoin vir “Ek Skyn(heilig)” (hoe dan nou anders).

    Francois van Coke en Die Gevaar het die dag op ‘n hoë noot geëindig. Die crowd wat wel steeds daar was het mal gegaan op “Toe Vind Ek Jou”, ons het almal saam gesing met “Dit Raak Beter As Jy Ouer Raak”. Self liedjies vanaf Van Coke se nuwe EP (“En Vriende”) is woord vir woord saam gesing.

    Francois van Coke by Liefde by Die Dam 2018

    Alhoewel daar ‘n paar haakplekke was deur die dag, was Liefde By Die Dam 2018 eintlik ‘n groot jol. ‘n Lekker gesins outing wat ‘n act vir elke smaak gehad het. Baie dankie Liefde by die Dam 2018, volgende jaar maak ons weer so.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.

    SA Gig Guide

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Bongeziwe Mabandla Bouwer Bosch Die Heuwels Fantasties Festivals Francois van Coke Johannesburg Liefde By Die Dam Martin Bester Reviews South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMusic Festivals: 5 Perfect Places For Them in South Africa
    Next Article Oppikoppi 2018 Nomakanjani: 20 Things I’ll Remember
    Bianca Nieuwenhuis

    Art is not what I create. What I create is chaos.

    Related Posts

    Innibos 2018
    By Alice GreenJuly 3, 2018

    Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie

    6 Mins Read142 Views
    Resensie: Mieliepop 2018 1
    By Henno KrugerApril 3, 2018

    Resensie: Mieliepop 2018

    5 Mins Read44 Views
    Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 2
    By Bianca NieuwenhuisFebruary 8, 2018

    Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018

    4 Mins Read25 Views
    Resensie: Liefde By Die Dam 2017 3
    By Bianca NieuwenhuisAugust 10, 2017

    Resensie: Liefde By Die Dam 2017

    5 Mins Read72 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Kategoriëe
    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 4
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    71 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    91 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    58 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    BYD Dolphin Surf
    September 16, 2025

    SA’s Most Affordable EV Has Arrived: The BYD Dolphin

    12 Views3 Mins Read
    Disney Plus
    September 16, 2025

    Disney+ Confirms Spring Line-Up in South Africa

    19 Views4 Mins Read
    How To Make Money Online
    September 15, 2025

    How to Make Money Online: The Ultimate Guide

    14 Views8 Mins Read
    Cape Town International Kite Festival
    September 12, 2025

    Don’t Miss The Cape Town International Kite Festival!

    21 Views3 Mins Read
    "Featured" Artikels
    Braaimovies
    September 24, 2010

    #Braaimovies Tweets: 50 of the Best Ones for National Braai Day

    87 Views3 Mins Read
    Guns N' Roses at FNB Stadium
    November 30, 2018

    Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg

    147 Views3 Mins Read
    Jean-Michel Wickli
    April 25, 2018

    A discussion about the SA Music Industry with Jean-Michel Wickli

    51 Views6 Mins Read
    An Interview with DZ Deathrays 5
    February 14, 2018

    An Interview with DZ Deathrays

    39 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.