Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018

Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018

Blitsoorsig: Park Acoustics se eerste reeks vir 2018 was 'n groot sukses met opstellings van bekende Afrikaanse kunstenaars. Die dag het begin met Foxtrot se unieke klank, gevolg deur Dawie de Jager wat die skare betower het. Diamond Thug het die party in volle swing gekry terwyl Koos Kombuis as 'n lewendige legend sy tydlose klassieke gespeel het. Karen Zoid was die hoogtepunt met ou gunstelinge en nuwer nommers, plus 'n duet met Koos.

Bianca NieuwenhuisBy Bianca NieuwenhuisFebruary 8, 2018No Comments4 Mins Read Event Reviews 76 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Na ‘n Januwarrie wat soos ‘n ewigheid gevoel het, het Februarie uiteindelik aangebreek. En saam met ‘n nuwe maand, was daar die eerste Park Acoustics van 2018. Met vertonings van ou gunstelinge soos Koos Kombuis, Karen Zoid en Dawie de Jager, was dit vanselfsprekend dat die kaartjies vinnig opgeraap sou word. En dit was! Online kaartjies was al dae voor Parks uitverkoop en geen kaartjies was by die hekke beskikbaar nie.

Ek moes geweet het mense gaan vroeg opdaag, maar nie gedink die ry sou al so lank wees toe ons 08:40 daar opgedaag het nie. Gelukkig het ons steeds ons normale sitplekkie op die gras gehad. Teen daardie tyd was my mond so droog, ek het al ‘n uur en ‘n half uitgesien na ‘n glas witwyn. Glasie geskink, nou was ek reg vir die dag propvol musiek.

Die klanke van Foxtrot het die oggend af geskop. Hul beskryf hul klank as “the music at the end of Lord of the Rings”. En hul was reminiscent aan die end credits (al het ek nog eintlik net ‘n halwe LOTR gesien). Ek moet bieg, dit was nou nie regtig my tipe musiek nie, en die verwery wat in die agtergrond aangegaan het, het bietjie oor my kop gegaan. Maar dit was ‘n heel rustige en lekker wyse om dié Sondag mee te begin. Dit was regtig heel uniek en interessant om te sien en te hoor. Ek sien eintlik uit om hul weer eendag te sien.

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 21

Dawie de Jager is seker meer bekend as een gedeelte van Klopjag, asook ‘n lid van Die Tuindwergies. Maar hy het al keer op keer bewys hy is ook ‘n solo kunstenaar in eie reg. Ek het eers bewus van hom geraak toe hy laasjaar deel geneem het aan The Voice SA (hy was een van my gunstelinge). Maar buite die realiteit reeks, staan hy meer uit. Die crowd het aan sy lippe gehang met elke song wat hy gespeel het.

IQ AcademyOfferforge

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 22

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 23

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 24

Teen die tyd wat Diamond Thug op die Pringle Main Stage was, was ek al lekker rooi gebrand (nie dat ek regtig omgegee het nie). Die Southern Comfort en Rekorderlig het heel lekker begin vloei, die party was in volle swing. Diamond Thug het die crowd op ‘n musical journey geneem. Dit was die eerste keer wat ek hul live gesien het, en ek sal beslis moeite doen om hul weer te sien.

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 25

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 26

Koos Kombuis is ‘n lewendige legend. Hy het eintlik geen introduction nodig nie. Die skare het om hom gedrom terwyl hy rustig gesit en entertain het. Amper al sy songs was woord vir woord saam gesing (ek kon wel net by hou met “Liza se Klavier” en “Bicycle Sonder ‘n Slot”). Ek dink ek het toe eers besef hoe baie bekende liedjies Koos eintlik het (ek het maar ‘n boring opvoeding gehad tot nou). Vir die wat op Oom Koos by Park Acoustics uit gemis het, sien hom die 15de Februarie by Cafe Barcelona. Jy sal nie spyt wees nie.

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 27

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 28

Die hoogte punt die dag (in my opinie) was beslis Karen Zoid. Ek kan nie onthou wanneer laas ek haar live gesien het nie (indien ooit?!). Sy het ou gunstelinge soos “Small Room” en “Aeroplane Jane” gespeel, asook ander nuwer songs. Karen en Koos Kombuis het sommer ook ‘n lekker duet tussen in gegooi.

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 29

Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 30

Die eerste Park Acoustics van 2018 sal as ‘n lekker Afrikaanse partytjie onthou word (indien jy een van daai was wat sommer twee tequilas na mekaar by die bar ingeryg het).

NetfloristOfferforge

11 Maart maak ons weer so met Jeremy Loops en Tresor. Kry maar jou kaartjies vroegtydig vir daai een, want hy gaan ook uitverkoop.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events 30 Jul 2026

    Halloween 2026 Pretoria is bringing heavy alternative music to Heartfelt Arena Gardens with international headliners Silverstein and local rock and metal acts.

    Bos Boogie Music Festival: 11 Interesting Facts You Might Not Know

    Bos Boogie Festival
    Music Facts 26 Apr 2024

    Bos Boogie Music Festival started in 2021 and has become a beloved boutique festival near Pretoria. Here are 11 interesting facts about this intimate event.

  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events 28 Jul 2026

    Liefde by the Dam vier sy tiende-jaar in 2026 met twee groot feeste. Die Emmarentia Dam-konsert op 1 Augustus en 'n Kaapse fees in November bied wêreldklas musiek en atmosfeer.

    Praise the LOUD Fest @ Sognage: 24 October 2026

    Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Upcoming Events 26 Jul 2026

    Praise the LOUD Fest returns October 24, 2026 at Sognage with iconic South African rock and alternative bands, fresh talent, and community celebration.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Festivals Park Acoustics Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Bianca Nieuwenhuis

Art is not what I create. What I create is chaos.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.