Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018

0
1863
views

Na ‘n Januwarrie wat soos ‘n ewigheid gevoel het, het Februarie uiteindelik aangebreek. En saam met ‘n nuwe maand, was daar die eerste Park Acoustics van 2018. Met vertonings van ou gunstelinge soos Koos Kombuis, Karen Zoid en Dawie de Jager, was dit vanselfsprekend dat die kaartjies vinnig opgeraap sou word. En dit was! Online kaartjies was al dae voor Parks uitverkoop en geen kaartjies was by die hekke beskikbaar nie.

Ek moes geweet het mense gaan vroeg opdaag, maar nie gedink die ry sou al so lank wees toe ons 08:40 daar opgedaag het nie. Gelukkig het ons steeds ons normale sitplekkie op die gras gehad. Teen daardie tyd was my mond so droog, ek het al ‘n uur en ‘n half uitgesien na ‘n glas witwyn. Glasie geskink, nou was ek reg vir die dag propvol musiek.

Die klanke van Foxtrot het die oggend af geskop. Hul beskryf hul klank as “the music at the end of Lord of the Rings”. En hul was reminiscent aan die end credits (al het ek nog eintlik net ‘n halwe LOTR gesien). Ek moet bieg, dit was nou nie regtig my tipe musiek nie, en die verwery wat in die agtergrond aangegaan het, het bietjie oor my kop gegaan. Maar dit was ‘n heel rustige en lekker wyse om dié Sondag mee te begin. Dit was regtig heel uniek en interessant om te sien en te hoor. Ek sien eintlik uit om hul weer eendag te sien.

Dawie de Jager is seker meer bekend as een gedeelte van Klopjag, asook ‘n lid van Die Tuindwergies. Maar hy het al keer op keer bewys hy is ook ‘n solo kunstenaar in eie reg. Ek het eers bewus van hom geraak toe hy laasjaar deel geneem het aan The Voice SA (hy was een van my gunstelinge). Maar buite die realiteit reeks, staan hy meer uit. Die crowd het aan sy lippe gehang met elke song wat hy gespeel het.

Teen die tyd wat Diamond Thug op die Pringle Main Stage was, was ek al lekker rooi gebrand (nie dat ek regtig omgegee het nie). Die Southern Comfort en Rekorderlig het heel lekker begin vloei, die party was in volle swing. Diamond Thug het die crowd op ‘n musical journey geneem. Dit was die eerste keer wat ek hul live gesien het, en ek sal beslis moeite doen om hul weer te sien.

Koos Kombuis is ‘n lewendige legend. Hy het eintlik geen introduction nodig nie. Die skare het om hom gedrom terwyl hy rustig gesit en entertain het. Amper al sy songs was woord vir woord saam gesing (ek kon wel net by hou met “Liza se Klavier” en “Bicycle Sonder ‘n Slot”). Ek dink ek het toe eers besef hoe baie bekende liedjies Koos eintlik het (ek het maar ‘n boring opvoeding gehad tot nou). Vir die wat op Oom Koos by Park Acoustics uit gemis het, sien hom die 15de Februarie by Cafe Barcelona. Jy sal nie spyt wees nie.

Die hoogte punt die dag (in my opinie) was beslis Karen Zoid. Ek kan nie onthou wanneer laas ek haar live gesien het nie (indien ooit?!). Sy het ou gunstelinge soos “Small Room” en “Aeroplane Jane” gespeel, asook ander nuwer songs. Karen en Koos Kombuis het sommer ook ‘n lekker duet tussen in gegooi.

Die eerste Park Acoustics van 2018 sal as ‘n lekker Afrikaanse partytjie onthou word (indien jy een van daai was wat sommer twee tequilas na mekaar by die bar ingeryg het).

11 Maart maak ons weer so met Jeremy Loops en Tresor. Kry maar jou kaartjies vroegtydig vir daai een, want hy gaan ook uitverkoop.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here