Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”

Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”

Blitsoorsig: After five months of silence, Lucia Poggenpoel returns with "As jy val," a deeply honest song written in the Bosveld following a period of loss and spiritual refocus. The track, which emerged from processing the tragic death of her brother in 2021, serves as her testimony of faith and resilience. Now available on major streaming platforms, her debut album launches August 15, 2025, at the Daisy Jones theatre near Stellenbosch.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 12, 20251 Comment3 Mins Read Music Videos 86 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

ATKV-Crescendo-opnamekunstenaar Lucia Poggenpoel se enkelsnit “As jy val” is meer as net ’n lied – dit is ’n eerlike gebed, ’n proses van verwerking ná persoonlike trauma, en ’n stille getuigskrif van hoop.

Ná vyf maande van stilte en selfondersoek, keer Lucia terug met ’n snit wat met sy eenvoud, eerlikheid en kragtige boodskap diep in die hart insny: “As jy val, as jy val, moet jy weer opstaan.”

Lucia Poggenpoel

Die lied, geskryf aan die einde van November 2024, is die direkte gevolg van ’n tydperk van stilword, verlies en geestelike herfokus – ’n lied gebore uit pyn, maar vasgeanker in geloof.

“Ek het dit in die Bosveld geskryf toe dit gevoel het asof ek in die lewe gestruikel het,” vertel Lucia. “Soms gebeur daar soveel dinge wat die wind uit jou seile neem, en die tragiese verlies van my broer in 2021 was die finale slag. Hy was só lief vir musiek, en ek het geweet ek wil aanhou sing in die huis, net soos hy daarvan gehou het.”

NetfloristOfferforge

Lucia sê dat haar pad na heling onlosmaaklik aan haar geloof gekoppel is: “Toe ek begin herstel, het ek geweet – hierdie keer is dit saam met God. Hy het my weer kom oplig toe ek gevoel het ek val. Die groot terugslag was daar, maar ek weet God is ’n God van tweede kanse. ‘As jy val’ is my getuienis.”

“As jy val” is opgeneem deur Graaff-produksies en is nou beskikbaar op Spotify en alle groot stromingsplatforms.

Lucia Poggenpoel se debuutalbum word op 15 Augustus 2025 bekendgestel tydens ’n spesiale optrede by die Daisy Jones-teater net buite Stellenbosch.

Kyk die video vir “As Jy Val” hier onder:

NetfloristOfferforge

Lucia - As jy Val [Amptelike Musiekvideo]

Meer inligting oor Lucia Poggenpoel

Lucia Poggenpoel, ’n Pretorianer wat haar B.Mus.-graad aan die Noordwes-Universiteit verwerf het, het nog altyd ’n liefde vir musiek gehad. In laerskool het sy in die koor gesing en klavierlesse geneem.

“Maar dit was eers in hoërskool,” vertel Lucia, “toe ek ’n solo vir my klavieronderwyser gesing het, dat die sangvirus my regtig beetgepak het.”

Lucia Poggenpoel se talent in die kunste strek egter veel verder as net musiek. Tydens haar studies het sy ’n professionele dramadiploma voltooi en in 2017 besluit om die drade van musiek, dans en drama saam te weef deur ’n Graad 8-musiekteater-eksamen af te lê. Benewens onderrig, tree Lucia gereeld op as ’n sessiemusikant. In 2023 is sy gekies om die ATKV se musiekmentorskapprogram in Paarl by te woon.

“Die program het vir my baie beteken omdat dit in die Paarl aangebied is, waar my broer ook gebly het. Hy is sowat twee jaar gelede oorlede, en ek het baie gesukkel om dit te verwerk. Die mentorskapprogram het my die geleentheid gegee om deur my rouproses te werk. Lirieke skryf is vir my baie helend.”

NetfloristOfferforge

Vir Lucia is ATKV-Crescendo veel meer as net ’n mentorskapprogram. “Die mense betrokke by hierdie projek het my nie net musikale groei gebring nie, maar ook emosioneel.”

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026
  • Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”

    Sasha Burn
    Music Videos 5 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans As Jy Val Lucia Poggenpoel South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

1 Comment

  1. Gershwin Koen II on August 12, 2025 5:01 PM

    Dankie SA Music Zone , Lucia Poggenpoel ATKV-Crescendo

    Reply
Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,294
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 516
USA 336
Cape Town 336
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.