Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”

Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”

Blitsoorsig: After five months of silence, Lucia Poggenpoel returns with "As jy val," a deeply honest song written in the Bosveld following a period of loss and spiritual refocus. The track, which emerged from processing the tragic death of her brother in 2021, serves as her testimony of faith and resilience. Now available on major streaming platforms, her debut album launches August 15, 2025, at the Daisy Jones theatre near Stellenbosch.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 12, 20251 Comment3 Mins Read Music Videos 145 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

ATKV-Crescendo-opnamekunstenaar Lucia Poggenpoel se enkelsnit “As jy val” is meer as net ’n lied – dit is ’n eerlike gebed, ’n proses van verwerking ná persoonlike trauma, en ’n stille getuigskrif van hoop.

Ná vyf maande van stilte en selfondersoek, keer Lucia terug met ’n snit wat met sy eenvoud, eerlikheid en kragtige boodskap diep in die hart insny: “As jy val, as jy val, moet jy weer opstaan.”

Lucia Poggenpoel

Die lied, geskryf aan die einde van November 2024, is die direkte gevolg van ’n tydperk van stilword, verlies en geestelike herfokus – ’n lied gebore uit pyn, maar vasgeanker in geloof.

“Ek het dit in die Bosveld geskryf toe dit gevoel het asof ek in die lewe gestruikel het,” vertel Lucia. “Soms gebeur daar soveel dinge wat die wind uit jou seile neem, en die tragiese verlies van my broer in 2021 was die finale slag. Hy was só lief vir musiek, en ek het geweet ek wil aanhou sing in die huis, net soos hy daarvan gehou het.”

NetfloristOfferforge

Lucia sê dat haar pad na heling onlosmaaklik aan haar geloof gekoppel is: “Toe ek begin herstel, het ek geweet – hierdie keer is dit saam met God. Hy het my weer kom oplig toe ek gevoel het ek val. Die groot terugslag was daar, maar ek weet God is ’n God van tweede kanse. ‘As jy val’ is my getuienis.”

“As jy val” is opgeneem deur Graaff-produksies en is nou beskikbaar op Spotify en alle groot stromingsplatforms.

Lucia Poggenpoel se debuutalbum word op 15 Augustus 2025 bekendgestel tydens ’n spesiale optrede by die Daisy Jones-teater net buite Stellenbosch.

Kyk die video vir “As Jy Val” hier onder:

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Lucia Poggenpoel

Lucia Poggenpoel, ’n Pretorianer wat haar B.Mus.-graad aan die Noordwes-Universiteit verwerf het, het nog altyd ’n liefde vir musiek gehad. In laerskool het sy in die koor gesing en klavierlesse geneem.

“Maar dit was eers in hoërskool,” vertel Lucia, “toe ek ’n solo vir my klavieronderwyser gesing het, dat die sangvirus my regtig beetgepak het.”

Lucia Poggenpoel se talent in die kunste strek egter veel verder as net musiek. Tydens haar studies het sy ’n professionele dramadiploma voltooi en in 2017 besluit om die drade van musiek, dans en drama saam te weef deur ’n Graad 8-musiekteater-eksamen af te lê. Benewens onderrig, tree Lucia gereeld op as ’n sessiemusikant. In 2023 is sy gekies om die ATKV se musiekmentorskapprogram in Paarl by te woon.

“Die program het vir my baie beteken omdat dit in die Paarl aangebied is, waar my broer ook gebly het. Hy is sowat twee jaar gelede oorlede, en ek het baie gesukkel om dit te verwerk. Die mentorskapprogram het my die geleentheid gegee om deur my rouproses te werk. Lirieke skryf is vir my baie helend.”

NetfloristOfferforge

Vir Lucia is ATKV-Crescendo veel meer as net ’n mentorskapprogram. “Die mense betrokke by hierdie projek het my nie net musikale groei gebring nie, maar ook emosioneel.”

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”

    Perry & Blackwell
    Music Videos 15 Oct 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”

    Neon Dreams & 4KORNERS
    Music Videos 14 Oct 2026
  • Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”

    Southern Wild Band
    Music Videos 12 Oct 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video

    Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Music Videos 12 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events
  • TrevTober Turns 5 on 24 October 2026 in Sandton

    TrevTober
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans As Jy Val Lucia Poggenpoel South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

1 Comment

  1. Gershwin Koen II on August 12, 2025 5:01 PM

    Dankie SA Music Zone , Lucia Poggenpoel ATKV-Crescendo

    Reply
Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 2
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,343
Rock 622
Useful Tips 566
Afrikaans 526
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 202
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.