Kobus De Kock Jnr. is een van die amazing mense wat deel gaan wees van Blood Brothers 2017. Hierdie jaar se edisie word vir die eerste keer gehou by die Good Luck Bar in downtown Johannesburg.
Kobus De Kock Jnr. is die hoofsanger van The Black Bones. Hierdie Ikoniese Suid-Afrikaanse rock groep is al vir ‘n hele paar jaar aan die gang en het al rock fans dwarsoor die land weggeblaas met hulle energieke live performances. Hulle het in 2013 die MK Award gewen vir Beste Live Act in Suid-Afrika en het al by omtrent elke musiekfees in die land opgetree.
Kobus De Kock Jnr. is hierdie jaar vir die 3de keer deel van die Blood Brothers line-up. Die ander nege mense wat deel is van hierdie bevange show die jaar is Francois van Coke (Fokofpolisiekar), Albert Frost, Chris Van Der Walt (The Black Cat Bones, Boargazm, Pitvirus, Jonathan Peyper Trio), Jason Hinch (Boargazm), Garth Barnes (Tweak, Crash Car Burn), Hanu De Jong (The Narrow, Not My Dog), Jaco Mans (Tidal Waves, The Ultranatives, SADC), Jason Oosthuizen (Van Coke Kartel, The Black Cat Bones, Lost&Found) en Loandi Boersma (Cortina Whiplash).
Ek het ‘n rukkie terug met Kobus gesels oor Blood Brothers en so paar ander goedjies, hier is wat hy te sê gehad het:
Wat is jou gunsteling ding van die Good Luck Bar?
Ek geniet die Good Luck Bar vanwee die feit dat daar ‘n moerse diverse klomp kunstenaars is wat daar deur beweeg. Gareth Wilson en sy span daar het hulle ore op die grond en sorg dat daar gereeld vars talent deur Newtown kom. Dis ook ‘n lekker groot spasie en dit kan heelwat dansende lyfies akkomodeer.
Wat kan ons verwag van jou kant af by Blood Brothers 2017?
Absolute mallegeid. Ystervark penne. R.E.M. Dik slabs rock n roll. Bier.
Hoekom moet mense na Blood Brothers 2017 toe gaan?
Benewens die feit dat dit vir ‘n goeie doel is, is dit een van die lekkerste ruk en rol shows in die land!
Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Kobus te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hom en die res van sy rock ‘n roll boeties (en sussie) als van die beste toe met Blood Brothers 2017. As jy nog nie kaartjies het nie, kry joune HIER.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.