Van Pletzen het laasjaar hul verskyning gemaak in die SA Music Scene en vinnig die wenkproue laat oplig met hulle parodiese en unieke Afrikaanse elektroniese musiek. Die duo het laas jaar hulle eerste show gespeel by Oppikoppi en hulle gaan ook nou in Maart die jaar by Mieliepop speel in Mpumalanga.
Ek het onlangs met die laaitjies van Van Pletzen gepraat via e-mail oor so paar dingetjies. Hier is wat hulle te se gehad het.
Waarmee hou Van Pletzen hulle self deesdae mee besig?
Ons is besig om die album klaar te maak en natuurlik is ons altyd ook legeh. (Ja laaities, julle is nogal legeh as jy my vra)
Hoe sal julle julle musiek styl beskryf aan iemand wat dit nog nie gehoor het nie?
Kak lekker vibes. (Dis presies hoe ek dit ook sal beskryf).
In julle opinie, wat sal die coolste SA celebrity deathmatch wees en hoekom?
Gareth Wilson en Helen Zille! Ziller vs Ziller! (Dis actually iets wat ek graag sal wil sien. Ek wonder wie sal wen?)
Hoeveel beats per minute moet gehandhaaf word in a liedjie om seker te maak dat mense dans en hoekom?
Ons kan mense laat dans op enigiets vanaf 40 BPM tot 220 BPM. (So mens kan skoffel op julle musiek? Lekker!)
Wat kan ons verwag van julle set af by Mieliepop 2018?
Die beste tyd van jou lewe! (Thanks ouens, ons maak ons self gereed om te vibe en bons saam met julle).
Ek wil van die geleentheid gebruik maak om vir die Van Pletzen laaities te bedank vir hierdie vinnige onderhoudjie en ek wens hulle als van die beste toe met hulle set by Mieliepop 2018. As jy nie hulle musiek ken nie, lees hierdie artikel wat ek laas jaar gedoen het op RWR.
As jy nog nie kaartjies vir hierdie amazing fees het nie, kry dit op die fees se offisiële webwerf.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.