Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Resensie: Mieliepop 2018

    Resensie: Mieliepop 2018

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music Featured 5 Mins Read46 ViewsApril 3, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Twee weke gelede was ek by Mieliepop 2018. Dit was die 7de keer wat ek die pelgrimstog gemaak het na die Tolderia Oord toe. Die musiekfees word elke jaar by hierdie oord (wat geleë is naby Lothair in Mpumalanga) gehou.

    NetfloristOfferforge

    Hier is my Mieliepop 2018 resensie

    Ons het Woensdag oggend ‘n bietjie last-minute festival shopping gedoen en teen 10 uur die oggend was ek en vroulief stewig oppad in ons Nissan Micra na Mieliepop toe. Die pad was darem nie te besig nie. Al irritasie was die verleggings naby Witbank en die laaste stukkie voor mens by Hendrina inry. Dit het darem ook nie gereën nie. Ons het omtrent 1 uur die middag by die oord opgedaag.

    Om in te check en ge-tag te word was ‘n breeze en voor ons kon “Klopdisselboom” sê was ons tent opgeslaan en als uit die kar gepak. Dit het ons nie lank gevat om ons festival glase (wat nogals spiffy die jaar gelyk het) en ons vriende by die main bar te kry nie.

    Die res was van Woensdag was ‘n regte dagdronk / nagdronk-sessie gevul met grappies, lekker tunes, twee cool honde wat in die bar rondloop, lekker vibes saam met festival buddies en musiekliefhebbers en blurry gesprekke met die ouens van DZ Deathrays (thanks vir dit Nino Van Aarde). Ek praat onder korreksie, maar ek dink het so half 3 Donderdag oggend gaan slaap.

    Mieliepop 2018

    Resensie: Mieliepop 2018 65

    Resensie: Mieliepop 2018 66

    Toe ons Donderdag oggend wakker word het dit katte en honde gereën, maar ons spirits was hoog gewees. Ons het geweier dat die reënweer ons onderkry en seker gemaak dat ons Greg Giorgiades (saam met Jaco Mans), Strait Jackal, Zionruts Family, Go Barefoot, Albert Meintjies, Deon Bakkes & The Stolen Horses, Apocalypse Later, Van Pletzen en Made For Broadway te kyk.Dis moeilik om te sê wat die hoogtepunt van Donderdag was, maar ek kan wel sê dat al die vertonings wat ek gesien het van ‘n uiters hoë gehalte was.

    Resensie: Mieliepop 2018 67

    Resensie: Mieliepop 2018 68

    Resensie: Mieliepop 2018 69

    Resensie: Mieliepop 2018 70

    Resensie: Mieliepop 2018 71

    Resensie: Mieliepop 2018 72

    Vrydag oggend het ons wakker geword en dit het nog steeds gereën. Na Donderdag se kaskenades by die stages en die main stage bar was dit modderig oral gewees  – veral waar mense heeltyd rondbeweeg het. My modderige Soviet sneakers het darem survive en ek het plastiek sakke oor my kouse aangetrek om te deal met die wetness. Problem solved.

    Vrydag was ‘n nat dag en ongelukkig kon van die kunstenaars nie betyds arriveer by die fees vir hulle vertonings nie. Die paaie was baie modderig en glibberig en daar het selfs mense hulle karre by die hek (naby die teerpad) parkeer en na die fees area toe geloop (wat ‘n paar kilometer weg is). Toe dit ophou reën in die laat middag het die organiseerders ‘n skraper gekry om die paaie te skraap (wat actually ook vir ‘n uur vasgesit het). Gelukkig het die reën na dit weg gebly vir die res van die naweek.

    Resensie: Mieliepop 2018 73

    Resensie: Mieliepop 2018 74

    Resensie: Mieliepop 2018 75

    Ek het baie op en af geloop, maar ek het seker gemaak ek kry my live-music-fix op die Vrydag. Ek het Half Sister (Jaco Van Der Merwe se side-project), Boxer, Hellcats (wat die main stage line-up gered het), DZ Deathrays (die Aussies wat vir die crowd by die main stage ‘n nuwe ene oopgeskeur het) en Hello Beautiful vrek baie geniet.

    Resensie: Mieliepop 2018 76

    Resensie: Mieliepop 2018 77

    Resensie: Mieliepop 2018 78

    Vrydag se hoogtepunt was definitief DZ Deathrays. Die Aussies (wat gebaseer is in Brisbane) se vertoning was EXACTLY wat ek verwag het. Hulle het my (en baie mense wat hulle die eerste keer live gesien het) se breine gebreek met hulle kick-ass rock ‘n roll show. Eks bly ek kon hulle weer kyk laas week Vrydag by Arcade Empire.

    Resensie: Mieliepop 2018 79

    Resensie: Mieliepop 2018 80

    Resensie: Mieliepop 2018 81

    Resensie: Mieliepop 2018 82

    Resensie: Mieliepop 2018 83

    Toe ons Saterdag oggend wakker word, was daar glad nie reën nie, maar actually sonskyn. Die paaie was weer reg en ‘n paar mense het opgepak en huis toe gery, maar daar het meer as genoeg bittereinders oorgebly om te verseker dat daar nog ‘n party by Mieliepop 2018 was. Daar was nog baie modder, maar ek het besluit om dit te embrace – ek het die meeste van die dag kaalvoet aangedurf.

    Gunshot Blue, Wolfgang Marrow, The Valley, Jagermeister Brass Cartel, Moonchild Sanelly, Georgetown, Rambling Bones, Klopjag, Runaway Nuns, Boo!, Retro Dizzy,  Crimson House, Hellcats (ja hulle het twee keer gespeel die naweek – legends), Bombshelter Beast, Julia Robert (wat nogals ‘n befokte set gespeel het) en The Black Cat Bones (wat heel moontlik die hoogtepunt van die dag was) was my musikale vermaak vir die dag gewees en ek was glad nie teleurgesteld nie. Die Bobbejaan DJ’s het ook lekker tunes gespeel by die Main Bar na die Bones se set. Ek het net voor 1 in die tent ingekruip.

    Resensie: Mieliepop 2018 84

    Resensie: Mieliepop 2018 85

    Resensie: Mieliepop 2018 86

    Resensie: Mieliepop 2018 87

    Resensie: Mieliepop 2018 88

    Resensie: Mieliepop 2018 89

    Resensie: Mieliepop 2018 90

    Resensie: Mieliepop 2018 91

     

    Resensie: Mieliepop 2018 92

    Resensie: Mieliepop 2018 93

    Resensie: Mieliepop 2018 94

    Resensie: Mieliepop 2018 95

    Resensie: Mieliepop 2018 96

    Mieliepop 2018 was vet pret gewees, al het dit meeste van die naweek gereën. Ek gaan my paar Soviets mis (ek moes kaalvoet huistoe bestuur). Eks spyt ek het nie Native Young, Femi Koya, Raygun Royale, Jonathan Peyper en Haezer se sets beleef nie, maar mens kan nie altyd by als uitkom by ‘n fees nie.

    Sondag oggend het ons vroeg opgepak en gery. Ons was veilig by die huis in Pretoria voor 12 uur die middag.

    Kudos en virtual high-fives aan die organiseerders (wat ‘n paar hiccups gehad het as gevolg van die nat weer) wat die situasie mooi bestuur het. Thanks vir die shots Mystic Boer Brandy Griff, thanks vir jou geduld en support my liefie en thanks vir ‘n lekker fees. Ons maak weer so in 2019. Kom ons hoop net die reën bly weg volgende jaar. Ek het darem nou ‘n paar gumboots wat altyd in my kar se boot gaan wees indien dit wel weer reën.

    Was jy by Mieliepop 2018? Hoe was jou ervaring? Los kommentaar onder hiedie artikel en laat weet ons.

    Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Resensie: Mieliepop 2024
    • Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie
    • Van Pletzen: ‘n Vinnige geselsie voor Mieliepop 2018
    • Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    featured event

    Resensie: Mieliepop 2018 97

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Festivals Lothair Mieliepop Reviews South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleReview: Bowling for Soup Live @ Rumours Rock City
    Next Article Park Electric – 8 April 2018: My Experience
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 98
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    73 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    93 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    61 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Discovert Sport Logo
    October 7, 2025

    Discover Sport Launches “Bring Your A-Game” Competition

    12 Views2 Mins Read
    DSTV 30
    October 6, 2025

    DStv Celebrates 30 Years of Shaping South African Television

    10 Views5 Mins Read
    Disney+
    October 2, 2025

    What’s Streaming on Disney+ in October 2025?

    13 Views3 Mins Read
    DSTv
    October 1, 2025

    30 new hits to watch as DStv turns 30

    16 Views14 Mins Read
    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Will Linley - Calabash South Africa
    February 9, 2024

    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium

    434 Views3 Mins Read
    Chevelle Live in Jhb 16
    June 3, 2013

    Chevelle at Carnival City: A Photo Album

    86 Views2 Mins Read
    Random Funnies
    March 31, 2024

    20 Random Funnies (March 2024 Edition)

    55 Views1 Min Read
    Dave Grohl Quotes
    September 7, 2020

    30 Epic Dave Grohl Quotes

    393 Views8 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.