Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Rooksein reik nuwe enkelsnit uit: “Sonsak in die Vrystaat”

Rooksein reik nuwe enkelsnit uit: “Sonsak in die Vrystaat”

Blitsoorsig: Rooksein het hul mees onlangse enkelsneuit "Sonsak In Die Vrystaat" geskryf na 'n betowerende sonsondergang oor die Vrystaatse vlaktes. Die liedjie kombineer liefdestemas met beelde van grondpaaie, koringare en oneindige horisonne. Met hul kenmerkende styl van hartlike storievertelling het die groep reeds 'n lojale aanhang opgebou in Suid-Afrika.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 30, 2025No Comments2 Mins Read Music Videos 133 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Soms is daar oomblikke wat in jou geheue vasbrand – stil, tydlose tye wat ’n lewe lank bybly. Vir die Afrikaanse musiekgroep Rooksein, was so ’n oomblik die inspirasie vir hul mees onlangse enkelsnit, “Sonsak In Die Vrystaat”.

“Ons het net klaar ’n optrede gehad en was oppad terug toe ons dié ongelooflike sonsondergang sien – die hele lug was ’n mengsel van goud en oranje, net daar oor die oop Vrystaatse vlaktes,” vertel die groep. “Daardie toneel het iets in ons wakker gemaak – iets mooi, iets eg – en die lied was gebore.”

Rooksein

“Sonsak In Die Vrystaat” is ’n liefdeslied, maar dis meer as dit. Die lirieke skets prentjies van grondpaaie, oop lande, koringare en eindelose horisonne – alles teen die agtergrond van verlange, verwondering en daardie een spesiale persoon wat jou wêreld verander.

“Dis vir daardie iemand wat jou wêreld mooi maak – net soos ’n sonsak oor die Vrystaat,” sê Rooksein. “Of jy self van die Vrystaat is of net smag na eenvoud en opregtheid – ons hoop hierdie lied tref jou hart.”

NetfloristOfferforge

Met hul unieke styl van hartlike storievertelling en sielvolle klank, het Rooksein reeds ’n lojale aanhang opgebou regoor Suid-Afrika

Liedjies soos “Kyk Na My Hart” en “Damlelielief” het die groep se vermoë bevestig om temas van liefde, verlies en identiteit op ’n egte en toeganklike manier aan te spreek.

“Musiek is ons manier om iets betekenisvol te sê – iets wat ander mense hóór,” sê hulle. “Ons is net drie jongmense wat mal is oor musiek, en bevoorreg is om dit voltyds te mag doen.”

“Sonsak In Die Vrystaat” is nou beskikbaar op alle digitale platforms – ’n ode aan landskap en liefde wat beslis by luisteraars sal aanklank vind.

Kyk die lirieke video vir die liedjie hier onder:

NetfloristOfferforge

Rooksein - Sonsak In Die Vrystaat (Lyric Video)

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.