Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Rooksein reik nuwe enkelsnit uit: “Sonsak in die Vrystaat”

Rooksein reik nuwe enkelsnit uit: “Sonsak in die Vrystaat”

Blitsoorsig: Rooksein het hul mees onlangse enkelsneuit "Sonsak In Die Vrystaat" geskryf na 'n betowerende sonsondergang oor die Vrystaatse vlaktes. Die liedjie kombineer liefdestemas met beelde van grondpaaie, koringare en oneindige horisonne. Met hul kenmerkende styl van hartlike storievertelling het die groep reeds 'n lojale aanhang opgebou in Suid-Afrika.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 30, 2025No Comments2 Mins Read Music Videos 94 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Soms is daar oomblikke wat in jou geheue vasbrand – stil, tydlose tye wat ’n lewe lank bybly. Vir die Afrikaanse musiekgroep Rooksein, was so ’n oomblik die inspirasie vir hul mees onlangse enkelsnit, “Sonsak In Die Vrystaat”.

“Ons het net klaar ’n optrede gehad en was oppad terug toe ons dié ongelooflike sonsondergang sien – die hele lug was ’n mengsel van goud en oranje, net daar oor die oop Vrystaatse vlaktes,” vertel die groep. “Daardie toneel het iets in ons wakker gemaak – iets mooi, iets eg – en die lied was gebore.”

Rooksein

“Sonsak In Die Vrystaat” is ’n liefdeslied, maar dis meer as dit. Die lirieke skets prentjies van grondpaaie, oop lande, koringare en eindelose horisonne – alles teen die agtergrond van verlange, verwondering en daardie een spesiale persoon wat jou wêreld verander.

“Dis vir daardie iemand wat jou wêreld mooi maak – net soos ’n sonsak oor die Vrystaat,” sê Rooksein. “Of jy self van die Vrystaat is of net smag na eenvoud en opregtheid – ons hoop hierdie lied tref jou hart.”

NetfloristOfferforge

Met hul unieke styl van hartlike storievertelling en sielvolle klank, het Rooksein reeds ’n lojale aanhang opgebou regoor Suid-Afrika

Liedjies soos “Kyk Na My Hart” en “Damlelielief” het die groep se vermoë bevestig om temas van liefde, verlies en identiteit op ’n egte en toeganklike manier aan te spreek.

“Musiek is ons manier om iets betekenisvol te sê – iets wat ander mense hóór,” sê hulle. “Ons is net drie jongmense wat mal is oor musiek, en bevoorreg is om dit voltyds te mag doen.”

“Sonsak In Die Vrystaat” is nou beskikbaar op alle digitale platforms – ’n ode aan landskap en liefde wat beslis by luisteraars sal aanklank vind.

Kyk die lirieke video vir die liedjie hier onder:

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.