Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » “Toe die wêreld stil gaan staan” gee my hoendervleis

“Toe die wêreld stil gaan staan” gee my hoendervleis

Blitsoorsig: "Toe die wêreld stil gaan staan" is 'n samewerkingsliedjie tussen Karen Zoid, Neil Sandilands en Early B wat toevallig tydens die aanvang van die pandemie ontstaan het. Die liedjie word Vrydag 10 April op alle digitale platforms vrygestel en reflekteer op die ongemaklike stilte van die lockdown tyd.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 9, 2020No Comments3 Mins Read Music News 63 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Toe die wêreld stil gaan staan” is`n hoendervleis-treffer oor die anderste tyd waarin almal in die wêreld hulle tans bevind. Karen Zoid, Neil Sandilands en Early B ryk binnekort hierdie nuwe liedjie op alle digitale platforms uit.

Karen Zoid vertel dat “Toe die wêreld stil gaan staan” baie toevallig gebeur het:

“Neil het vining kom hallo sê by my studio, terwyl hy hier was op ‘n kuier van Amerika af, letterlik ‘n dag voor die President se aankondiging oor inperking. Ons het gesels oor die virus en die wêreld wat nou vir ewig gaan verander. Wie sou kon dink dat ons in ons leeftyd ‘n globale pandemie sal ervaar soos in die vorige eeu met die Spaanse griep. Beide my ouma -en oupgrootjie het in daardie tyd van die groot griep gesterf. Ons het impromptu gesit met ‘n kitaar en ‘n liedjie geskryf.

Karen Zoid met Neil Sandilands en Early B - Toe die wêreld stil gaan staan"

Nadat President Ramaphosa daardie Sondagaand die lockdown aankondig het,  het ek besef ons sal vining moet planne maak om die liedjie op te neem, terwyl ons nog kan. Toe almal druk besig was om laaste sake af te handel, toiletpapier te koop en inkopies te doen, het ons studio toe gegaan. Ek het Early B gevang net voor hy die pad Port Elizabeth na sy familie toe gevat het.

Dit is nogal iets besonders om te kan lewe in `n tyd waarin letterlik almal in die hele wêreld deur dieselfde ding gaanen dieselfde problem in die oë staar. Dis ‘n ongemaklike rustigheid waarin ons onsself bevind. Vir my is daar twee dinge wat my in hierdie tyd gefokus hou: Die eerste is dat ons nou net een dag op `n slag kan leef en die tweede, is soos hulle in die 60`s gesê het, die Liefde is Alles. Ek hoop dat die liedjie vir mense sal laat onthou dat ons almal aan mekaar gebind is. Ons is saam hierin.”

NetfloristOfferforge

Karen Zoid

“Toe die wêreld stil gaan staan” is vanaf Vrydag 10 April op digitale platforms beskikbaar. (Apple Music, Google Play, Spotify, Deezer, Joox). 

Die musiekvideo is gister gepubliseer op YouTube, kyk dit hier onder:

Die liedjie is vervaardig deur Karen Zoid & Theo Crous. Jonno Sweetman, Schalk vd Merwe & Henry Steel speel die instrumente in die liedjie.

Ek moet sê dat ek moerse impressed is met hierdie tune. Daar is baie kunstenaars wat nou op die coronavirus band-wagon klim, maar hierdie is uniek en rêrig roerend. Ek kry hoendervleis elke keer as ek daarna luister.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Pletzen & Spoegwolf Reik “Ek Kyk Na Jou” Uit

    Van Pletzen
    Music News 3 Apr 2025
  • Majozi Releases New Single: “Reason” (Featuring Early B)

    Majozi and Early B
    Music News 29 Oct 2024
  • Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

    Janie Bay - My Lief
    Music Videos 28 May 2021
  • Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit

    Pierre Greeff - Plekkie in die Son Video
    Music Videos 11 Apr 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Coronavirus Early B Karen Zoid Neil Sandilands South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.