“Ons gaan die 2026 weergawe van Francois van Coke & Vriende iets ongelooflik maak, ek belowe. Dit gaan ’n aand wees wat ons nooit sal vergeet nie,” belowe rock-ikoon Francois van Coke.
Die grootste aand op die Suid-Afrikaanse rock- en alternatiewe musiekkalender keer vir die sewende keer terug na die SunBet Arena by Time Square in Pretoria op Vrydag, 9 Oktober 2026.

Sedert sy ontstaan in 2018 het Francois van Coke & Vriende ontwikkel tot ’n elektriese, hoë-oktaan arenakonsert wat spog met wêreldklas produksie en wat elke enkele jaar uitverkoop.
Wat hierdie produksie werklik uniek maak, is die feit dat Francois saam met al sy vriende op die program reeds musiek geskryf en vrygestel het.
Tydens die twee-uur lange konsert sluit hierdie vriende by hom aan op die verhoog om die treffers wat hulle saam geskep het, lewendig op te voer.
Kyk die Francois van Coke & Vriende 2025 Aftermovie hier onder:
’n Aand Vol Treffers en Nuwe Musikale Hoogtepunte
Vanjaar se konsert beloof om weereens propvol onvergeetlike oomblikke te wees. “Daar gaan definitief ’n paar nuwe songs gespeel word, maar die set gaan gepak wees met treffers van al jou gunsteling alternatiewe Afrikaanse kunstenaars,” verklap Van Coke.
Die 2026-program bring ’n opwindende mengsel van nuwe en bekende gesigte. Die legendariese Robbie Wessels is vir die eerste keer ooit deel van die produksie om saam met Francois van Coke hul ikoniese rugby-treffer, “Bokbefok”, op te voer. Verder keer die energieke Early B en Neon Dreams terug na die verhoog.
Francois van Coke deel ook sy opgewondenheid oor die vertoning: “Ek sien baie uit om saam met Die Gevaar en Fokofpolisiekar deur tunes uit die laaste 23 jaar te speel. Ek sien ook baie uit vir ’n klomp nuwe musiek, veral my nuwe enkelsnit, ‘Nagmerries’, en om Tasché en Zaan se nuwe liedjie, ‘Dood’, in die arena te beleef.”
Die 2026 “Vriende” op die Verhoog
Die indrukwekkende lys van vriende wat vanjaar die verhoog met Francois van Coke sal deel, sluit in:
- Spoegwolf
- Karen Zoid
- Jack Parow
- Robbie Wessels
- Fokofpolisiekar
- Early B
- Die Heuwels Fantasties
- Zaan Sonnekus
- Neon Dreams
- Van Pletzen
- Tasché
- Hunter Kennedy
Is dit dalk die Francois van Coke & Vriende line-up wat alle voriges sal oortref? Daar is net een manier om uit te vind. Kaartjies is nou beskikbaar by Ticketmaster.
Kry jou kaartjie vandag nog en wees deel van hierdie musiekgeskiedenis!
🐺 Support Us: Buy us a coffee, it will help us to bring you more content.
📬 Become part of the Wolf Pack: Subscribe to our newsletter to stay in the loop.
🔍 Explore our site: Scroll down to see related and featured posts. You're also welcome to check out our Music, Screen or Knowledge Hubs. Alternatively, feel free to check out our Popular Articles.
📐 Afrikaanse Mense: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Go Down The Rabbit Hole: Read Random Facts or Watch a Random Music Video.
📅 Find Something To Do: Check out our Featured Upcoming Events or our SA Gig Guide.
Featured Articles
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.


