Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Babette Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Soos Jy Is”

Babette Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Soos Jy Is”

Blitsoorsig: Babette, bekend vir haar eerlike lirieke en emosionele musiek, het haar nuutste country rock-enkelsit "Net Soos Jy Is" vrygestel. Die lied, geskryf saam met Mark Beling, handel oor selfliefde en hoe ons onsself dikteer kritiseer. Babette wil mense herinner dat littekens mooi is en dat jy perfek is, net soos jy is. Sy beplan ook 'n internasionale toer deur Swede en Finland van Augustus tot Oktober 2025.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 21, 2025No Comments4 Mins Read Music News 79 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Afrikaanse sangeres Babette, wat ’n rits treffers op haar kerfstok vrygestel het, is terug met haar nuutste enkelsnit “Net Soos Jy Is” – ’n country rock-liedjie wat luisteraars se harte gaan raak. Dié lied fokus op selfaanvaarding en die liefde wat ons vir ander voel.

Babette het “Net Soos Jy Is” saam met Mark Beling geskryf – dieselfde musikale vennoot met wie sy onlangs by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings vereer is met die toekenning vir Beste Duo Enkelsnit.

Babette Artist

In “Net Soos Jy Is” sing Babette oor die manier waarop mense hulself dikwels kritiseer. Die enkelsnit wys hoe ons geneig is om onsself te vergelyk met die perfekte beelde wat ons daagliks op sosiale media sien, maar Babette draai daardie perspektief om en herinner ons daaraan dat dit juis dié dinge is wat ons menslik maak.

“Ek wil hê mense moet besef littekens is mooi, of dit nou fisies of emosioneel is, en dat jy perfek is, net soos jy is,” sê Babette. Die enkelsnit dra ‘n boodskap van selfliefde en herinner jou daaraan om jouself te sien deur die oë van iemand wat jou regtig liefhet.

NetfloristOfferforge

Die inspirasie vir die enkelsnit het ontstaan uit twee baie persoonlike ervarings. Eerstens het ’n vriendin vir Babette gevra om ’n lied te skryf oor vroue wat hulle lywe kritiseer en hulself vergelyk met die modelle wat ons op Instagram sien. Kort daarna het sy ’n voice note ontvang van ’n vriend wat ’n baie hartseer gebeurtenis uit sy verlede met haar gedeel het.

“Ek het besef hoe baie ek hom respekteer en lief het, juis oor wat hy al moes deurgaan,” vertel Babette. Hierdie twee oomblikke het saamgesmelt in die enkelsnit se kernboodskap: dat ons nie lief raak vir mense omdat hulle perfek is nie, maar omdat hulle opreg is.

Babette glo dat “Net Soos Jy Is” ’n lied is waarmee baie mense sal kan identifiseer. In ’n wêreld waar ons daagliks gebombardeer word met beelde van “perfekte” lewens, lywe en verhoudings, is dit maklik om te voel asof ons nie goed genoeg is nie.

Sy hoop dat die enkelsnit mense sal help om hulle eie waarde te sien – nie in vergelyking met ander nie, maar in hulle eie unieke storie. Die lied is bedoel om ’n troos te wees: ’n herinnering dat jy nie alleen is nie, en dat jy mooi is, net soos jy is.

NetfloristOfferforge

Babette se planne vir die toekoms is om aan te hou skryf aan musiek wat mense hoop gee. Sy wil liedjies maak wat nie net mooi klink nie, maar ook betekenis dra.

Die hoogtepunt van haar loopbaan tot dusver was om te sien hoe haar musiek mense raak – hoe ’n lied iemand kan laat huil, lag, of net ’n bietjie lig bring in ’n donker tyd. Sy glo dat “Net Soos Jy Is” een van daardie liedjies is wat ’n verskil kan maak, en sy is opgewonde om dit met die wêreld te deel.

Meer inligting oor Babette

Babette is ’n kunstenaar wat haar hart en siel in elke liedjie sit. Sy is bekend vir haar eerlike lirieke en haar vermoë om emosie oor te dra. Sy het ’n natuurlike talent om stories te vertel deur musiek, en haar styl kombineer country, rock en Afrikaans op ’n unieke manier.

Sy woon tans in Gauteng, waar sy haar tyd spandeer aan liedjieskryf, optredes en kreatiewe projekte. Buiten haar musiek is Babette ook passievol oor mense – oor hul stories, pyn, en vreugde.

NetfloristOfferforge

Sy glo dat musiek ’n brug kan wees tussen mense, en haar doel is om daardie brug te bou met elke liedjie wat sy sing. Babette is nie net ’n sangeres nie, sy is ’n stem vir diegene wat voel hulle is nie goed genoeg nie.

Einde Augustus tot middel Oktober 2025 gaan Babette na Swede, en moontlik ook Finland, vir ’n reeks musiekgeleenthede. Hierdie internasionale reis is ’n opwindende stap in haar loopbaan en bied haar die geleentheid om haar unieke klank en boodskap met ’n nuwe gehoor te deel, terwyl sy ook inspirasie put uit die musiekkultuur van Noord-Europa.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”

    Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Music Videos 21 Aug 2026
  • Babette Releases New Single: “Hey Jack”

    Babette
    Music News 3 Dec 2025
  • Babette Releases New Single: “Needed Your Love”

    Babette
    Music News 11 Sep 2025
  • Babette Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Dit Is Jy”

    Babette
    Music Videos 30 Jul 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Babette Net Soos Jy Is South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.