Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ray Dylan Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Die Vader Weet”

Ray Dylan Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Die Vader Weet”

Blitsoorsig: Bekroonde sanger Ray Dylan het sy jongste enkelsnit "Net Die Vader Weet" uitgegee, 'n moderne country-ballade wat ontstaan het tydens intense selfondersoek. Die lied dra sy kenmerkende styl met warm kitaarwerk en melodieë wat nostalgia aanwakker, en handel oor verlange, vergifnis en liefde wat tyd oorleef. Ray het dit self geskryf en sê dit moet soos intieme musiek klink wat jy saans saam iemand belangrik luister.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 26, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 123 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Bekroonde sanger en liedjieskrywer Ray Dylan is terug met ’n splinternuwe Afrikaanse ballade wat diep sny en luisteraars laat dink oor geloof, liefde en vergifnis.

Ray Dylan se jongste enkelsnit, “Net Die Vader Weet”, bou voort op die temas wat sy loopbaan al jare lank definieer: rou emosie, eerlike stories en musiek wat duidelik uit die hart kom.

Ray Dylan

Volgens Ray Dylan het die lied in ’n tyd van intense selfondersoek ontstaan

“Elke mens dra aan ’n storie van verlies of iets wat onaf voel. Hierdie lied het in ’n tyd ontstaan toe ek baie oor die lewe, liefde en genade nagedink het. Party dinge verstaan jy eers baie later, en ander verstaan jy nooit nie – maar ek glo daar is altyd ’n groter plan. Dis wat ‘Net Die Vader weet’ vir my beteken.”

Met lirieke wat draai om verlange, vergifnis en liefde wat tyd oorleef, skep die lied ’n universele boodskap wat by ’n wye gehoor aanklank vind.

NetfloristOfferforge

Ray Dylan beskryf dit nie net as ’n liefdesverhaal nie, maar ook as ’n lied oor geloof, vrede en die menslike vermoë om steeds verbind te voel, selfs ná swaarkry.

“Net Die Vader Weet” dra Ray se kenmerkende styl: ’n moderne country-ballade met warm kitaarwerk en melodieë wat nostalgie aanwakker. Hy het self die lied geskryf en saam met sy Vonk-span aan die opname gewerk. Die produksie is deur Loki Rothman behartig, terwyl Francois Viviers gehelp het met die stemopnames.

Ray Dylan sê hy wou hê die lied moes warm en intiem klink – soos musiek wat jy saans saam met iemand sit en luister wat vir jou belangrik is.

Een van die mees aangrypende reëls – “Dit was die moeite werd al die seerkry” – som vir hom die kern van liefde op.

NetfloristOfferforge

“Ware liefde is nie altyd maklik nie, maar dis altyd die moeite werd. As jy iets het wat regtig saak maak, moet jy dit nie laat gaan nie,” verduidelik hy.

Hy bevestig dat “Net Die Vader Weet” deel is van ’n groter projek, met ’n nuwe Afrikaanse album wat binnekort aangekondig sal word. Hy is ook besig om nasionale vertonings vir die komende jaar te beplan.

“Ek’s dankbaar vir my ondersteuners en vir my vrou wat altyd daar is agter die skerms. Aan die einde van die dag… net die Vader weet.”

Kyk die video vir “Net Die Vader Weet” hier onder:

NetfloristOfferforge

“Net Die Vader Weet” is nou beskikbaar op alle groot digitale musiekplatforms, insluitend Spotify, Apple Music en YouTube Music.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

    Gerald Clark
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit

    Ricus en Liza Nel
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”

    Appel en Ichnus
    Music Videos 19 Oct 2026
  • Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”

    Perry & Blackwell
    Music Videos 15 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets

    Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets 1
    Upcoming Events
  • +LIVE+ December 2026 South African Tour

    +LIVE+ Band Picture
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Net Die Vader Weet Ray Dylan South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 2
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 3
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.