Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena

    Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music Featured 1 Comment3 Mins Read56 ViewsSeptember 17, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Francois van Coke en Vriende is oor die naweek gehou by die Sun Arena (by Times Square Casino in Pretoria). Dit was ‘n amazing experience gewees.

    NetfloristOfferforge

    Ons het die pre-party geskip en ons was net voor 7 uur by die ingang van Sun Arena gewees. Ons het maklik parkering gekry en ook maklik die plek gekry. Dit was ons eerste keer ever by Times Square Casino gewees.

    Die kroëe was bietjie besig gewees, maar ons kan darem twee drankies te koop kry voor die show 8 uur begin het. Toe ons finally in die arena inloop het ons ons seats maklik gekry en die pre-show vibe was ongelooflik gewees. DJ Robfather het lekker tunes gespeel om die mense aan die gang te kry. Omtrent 5000 mense het kliphard Queen se “Bohemian Rhapsody” saamgesing.

    Francois van Coke en Vriende was ‘n amazing show gewees

    Ek kan nie rêrig die volgorde van die songs wat gespeel is onthou nie, maar almal was amazing gewees. Die gas kunstenaars wat Francois genooi het op die verhoog het definitief hulle A-game gebring.

    Francois van Coke en Vriende - Henno Kruger
    Hier is ‘n foto wat ek met my foon geneem het

    Die skare het omtrent elke liedje wat gespeel is saamgesing by Francois Van Coke en Vriende. Francois en Coenie De Villiers het ‘n hartroerende weergawe van Kerkorrel se “Hillbrow” gedoen en Karen Zoid was saam met Van Coke Kartel op die verhoog om “Tot die Son Uitkom” te sing – dit het ook my hartsnare geroer en bietjie memories terug gebring van 2011.

    Francois van Coke en Karen Zoid - Henry Engelbrecht
    Foto deur Henry Engelbrecht

    Majozi het saam met Francois The Beatles se “With a little help from my friends” gesing. Early B en Jack Parow het twee liedjies saam met Francois gesing en die skare aan die gang gekry. Francois het ook liedjies saam met Laudo Liebenberg (van aKING) en Die Heuwels Fantasties gedoen.

    Al hierdie optredes wat uitstekend gewees, maar vir my was die 3 hoogtepunte van die aand defnitief dié saam met Arno Carstens (“Blue Eyes”), Karen Zoid (“Toe Vind Ek Jou”) en Fokofpolisiekar (“Komma”, “Hemel op die Platteland” en “Ek Skyn Heilig”) gewees. Ek dink nie ek het al mense so hoor saamsing by ‘n show in Pretoria nie.

    Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena 1
    Foto deur Henry Engelbrecht

    Die hele show het my brein weggeblaas. Ek wou nie hê dat dit moet eindig nie. Ek dink ek ly nou aan post Francois van Coke en Vriende depressie. Hopelik sal ek spoedig herstel.

    Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
    Foto deur Henry Engelbrecht

    Check die video hier onder uit om te hoor hoe die mense saamgesing het by Francois Van Coke en Vriende:

    Sun Arena is top venue en ek dink ek sal weer shows daar gaan kyk

    Die 8,500 kapasiteit Sun Arena by Times Square Casino is ‘n amazing venue. Daar was meer as genoeg bars waar mens drankies kon koop en dit ons nie eeue gevat om te loop om ‘n designated rook plek te kry nie. Om in en uit te kom uit die venue was ook nie rêrig ‘n issue nie. Ek sal definitief weer hier ‘n show gaan kyk.

    Was jy by die Francois van Coke en Vriende show gewees? Hoe was dit vir jou gewees? Los kommentaar hier onder en laat ons weet. Terugvoer sal waardeer word.

    Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
    • Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics
    • Photo Album: Francois Van Coke @ RAD Experience
    • Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    featured event

    Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena 2

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Afrikaans Arno Carstens Coenie De Villiers Concerts Early B Francois van Coke Jack Parow Karen Zoid Laudo Liebenberg Majozi Pretoria Reviews South Africa Sun Arena
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleKing Price Insurance releases brilliant Braai advert
    Next Article Blood Brothers 2018: An Interview with Laudo Liebenberg
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    1 Comment

    1. Pingback: Francois Van Coke & Vriende 2019 in Pretoria: Maak jouself vir vermaak

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 3
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    7 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    9 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Wimpy South Africa
    January 6, 2010

    2 Wimpy Menus from the Good Old Days

    1,440 Views2 Mins Read
    Mumford and Sons in Pretoria
    February 11, 2016

    Photo Album: Mumford and Sons in Pretoria

    169 Views3 Mins Read
    Photo Album: aKING & The Barbosa Experience @ Aandklas 4
    July 13, 2015

    Photo Album: aKING & The Barbosa Experience @ Aandklas

    58 Views2 Mins Read
    Pretty Pandora - South Africa
    August 20, 2019

    Pretty Pandora: 8 Reasons Why You Should Shop With Them

    307 Views2 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.