Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie

    Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie

    Alice GreenBy Alice Green Music Featured 6 Mins Read142 ViewsJuly 3, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Die Innibos Nasionale Kunstefees in Mbombela (aka Nelspruit), was weer ‘n reuse sukses ten spyte van hoër inflasie, stygende petrol pryse en net die koste van die gewone lewe.

    NetfloristOfferforge

    Hier is my resensie van Innibos 2018

    Ek is weer deur die stof, hitte en koue om van die bestes op die verhoë te gekyk het.  Hierdie jaar was daar nie ‘n Woensdag rock stage soos in die verlede nie. Dit was omdat “daar is nie ‘n budget gewees nie”. So, die Huisgenoot konsert op die Standard Bank hoof verhoog het dit maar gedoen. Kom ek sê net dat wyn baie goedkoop was in die VIP area.

    Innibos 2018

    Donderdag was meer belowend met die kykNET Nou! Rock stage terug op die Standard Bank hoof verhoog. ‘n Magdom van 16,897 mense het op gedaag om die rock te beleef. Die kunstenaars en groepe wat opgetree het was Valiant Swart, Spoegwolf, Jan Bloukaas, The Parlotones, Karen Zoid, Francois van Coke en Die Heuwels Fantasties.

    Valiant Swart was sy sharmente self en het liedjies soos “Sonvanger” en “Eyeshadow” gesing. Spoegwolf het weer alles uitgehaal en gewys tydens hulle vertoning. Danie (wat op vocals en kitaar was vir hulle) het die luidspreker torning uitgeklim tydens hulle vertoning (ja hy het ‘n bietjie raas gekry by die verhoog bestuur) en later op ‘n stoel geklim en klavier gespeel. Baie mense het genoem dat Spoegwolf een van hulle
    gunstelinge was en ook nou ‘n nuwe gunsteling is.

    Jan Bloukaas ken ek nie veel van nie. Die ou het 3 liedjies gesing wat die studente aan die dans gehad het. Die musiek is okay, baie goed gedoen maar die lierike: Nee Wat, dis nie vir my nie. The Parlotones het met magic op die verhoog verskyn. Kahn is “op getoor” deur Nelspruit se eie mentalist, Rian Loubscher. Dit was vuur blaas en vuur speel van Phoenix Fire and Drum. The Parlotones het afgeskop met “Push me to the floor”. Die mense het lekker saamgesing.

    Spoed-verwer, Graham Hide het almal se monde oop laat hang met ‘n skildery wat hy op die maat van “The Black Parade” van My Chemical Romance geverf het. Die eerste was Francois van Coke se gesig. Daarna draai hy die canvas en verf hy Innibos se logo. Hy het als gedoen terwyl hy die 4 borde roteer. Toe die musiek na Karen Zoid se “Afrikaners is plesierig” verander is haar gesig is ook op geverf. Dit was nogals ‘n special manier om haar op die verhoog te verwelkom. Ten spyte van larengitis, het sy wel ‘n fantastiese vertoning gegee.

    Toe Francois van Coke op die verhoog kom was die mense aan gaande. Hy is seker een van die populêrste kunstenaars by Innibos. Saam met Die Gevaar, was dit een skouspel na die ander tydens sy set. Die mikrofoon het geswaai, die koppe is geskud en die liedjies is kliphard saam gesing. Hunter Kennedy het “Skyn Heilig” saam kom sing. Karen se stem was weg maar die gehoor het “Toe vind ek jou” hard saam gesing. Wat ‘n oomblik!

    Die Heuwels Fantasties het afgeskop met “Beloofde land” en die party was goed aan die gang. Met “Sonrotse” het Francois van Coke by hulle aangesluit vir sy deel. Dis weereens ‘n bewys hoe so groot verhoog DHF laat skitter. Die fans was weer in awe.

    Innibos 2018

    Vrydag aand het ‘n magic vibe in die lug gehang. Wit Kasteel het afgeskop op die kykNET Nou Rock stage, maar hulle het nie die mense getrek nie. Matt Carstens was volgende
    en mense het gou voor gestaan om na die jong man te luister. Sy liedjies speel op radio en saam met Jaco Mans op bas kitaar en Jason Hinch op dromme was dit ‘n lekker luister (en kyk) sessie gewees.

    Innibos 2018

    Bittereinder het seker gemaak ons voel die musiek tot ons bene, en dit was seker een van die beste Bittereinder shows wat ek nog gesien het. Jaco het alles gegee op daai verhoog en later vertel hulle het 2 maande laas opgetree. Wonderboom het die verhoog betree met hulle rock essence. Hulle is al 22 jaar in die bedryf. Die manne het die verhoog warm gemaak vir Fokofpolisiekar. Wonderboom se “Shadows” is klip hard saam gesing en “Charlie” het die meisies laat dans.

    Innibos 2018

    Fokofpolisiekar was natuurlik die groep waarvoor almal gewag het. En hulle het weereens myself aan die musiek oorgedra asof dit eergister nog MK dae was. Neels van Jaarsveld (die eish ou), was saam genooi tydens die laaste liedjie, “Fokofpolisiekar” saam met twee fans. Dit was een van die hoogtepunte van die Vrydagaand na Bittereinder se show.

    Saterdag het amper te gou gekom maar toe die son sak en die horlosie 7 uur slaan, was die rock stage weer aan die gang. Dit was Piet Botha en Jack Hammer se eerste Innibos optrede en alhoewel die ouer fans voor gestaan het, het oom Piet die jong mense ook geleer. Dit was ‘n lekker manier om af te skop.

    Volgende was Van Pletzen en Early B was saam. Die kinders het saam gesing en gedans, dit was heerlik om hulle te kyk na Mieliepop. Dan Patlansky, die stil donker perd, het op die verhoog weer almal se monde laat oop hang met sy kitaar vernuf. Sy musiek kan net beskryf word as sexy, lekker en diep. Dis was weereens ‘n bewys dat jy kyk na Dan Patlansky live maar luister na sy musiek op CD.

    Just Jinjer was 21 jaar laas in Nelspruit gespeel het (iets wat ek met Ard Matthews confirm het) en het mense nog nader getrek. Dit was my eerste keer dat ek hulle gesien het en dit was net ongelooflik nolagties. Ek het ook besef dat ek 21 jaar terug 14 jaar oud was. “Redemption song”, “Like you madly” en “Father Father” is gesing en ek was baie happy gewees.

    Innibos 2018

    Hulle het plek gemaak vir The Black Cat Bones (seker een van die bekendste bands aan die Laevelders). Ons het ‘n show verwag wat net die katte kan gee, maar toe is daar een  bliksem… een bliksem wat ys na Kobus gegooi het.

    Kobus het dit toe aan gejits en voor jy kon sê “Black Cat Bones” is daar alles en nog wat na die verhoog gegooi. Dit het die show se energie heeltemal gebreek. Selfs ek is deur ‘n bier blik getref in die ribbekas (moenie worry nie, ek is okay) en so het Saterdag aand afgesluit.

    Innibos hierdie jaar was ‘n gemaklike skoen wat ek aangetrek het. Dis seker omdat dit in my eie kontrei gehou word en ek nie ‘n tent hoef te slaap nie. Dit was die musiek ook. Dit was lekker om ‘n hele week net Afrikaans te praat, hoor en luister. Alles was net great. Van die Cell C Boma theatre tot al die verhoë.

    Dankie aan die span van Innibos Nasionale Laeveld Kunstefees, sien julle volgende jaar weer.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Afrikaans Bittereinder Festivals Fokofpolisiekar Francois van Coke InniBos Jack Hammer Matt Carstens Nelspruit Piet Botha Reviews South Africa Van Pletzen Wonderboom
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMatt Carstens: A quick interview before Park Acoustics
    Next Article Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar
    Alice Green

    A green cow, part of a heard of plastic / latex cows, spread between Nelspruit, Sabie and Cape Town. My owner adopted me when I only could speak Chinese, now I'm fluent in Afrikaans, English second language and cow.

    Related Posts

    Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
    By Henno KrugerSeptember 17, 2018

    Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena

    3 Mins Read55 Views
    Liefde By Die 2018 Crowd
    By Bianca NieuwenhuisAugust 15, 2018

    Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

    4 Mins Read73 Views
    Resensie: Mieliepop 2018 1
    By Henno KrugerApril 3, 2018

    Resensie: Mieliepop 2018

    5 Mins Read44 Views
    Resensie: Park Acoustics - 4 Februarie 2018 2
    By Bianca NieuwenhuisFebruary 8, 2018

    Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018

    4 Mins Read25 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Kategoriëe
    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 3
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    71 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    91 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    58 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    Acer
    September 19, 2025

    Acer Powers South Africa’s Growing Gaming Scene

    10 Views2 Mins Read
    Sponsorships
    September 18, 2025

    Strategic Sponsorships: Building Authentic Connections

    9 Views3 Mins Read
    Acer Extensa O14-71
    September 18, 2025

    Acer Launches Extensa O14-71 Laptop in South Africa

    14 Views2 Mins Read
    BYD Dolphin Surf
    September 16, 2025

    SA’s Most Affordable EV Has Arrived: The BYD Dolphin

    15 Views3 Mins Read
    "Featured" Artikels
    Blogging
    June 18, 2015

    Blogging: 25 Useful Tips for Beginners (from SA Bloggers)

    112 Views6 Mins Read
    Photo Album: Deftones at Oppikoppi 2013 Bewilderbeast 4
    August 13, 2013

    Photo Album: Deftones at Oppikoppi 2013 Bewilderbeast

    146 Views2 Mins Read
    Tops at Spar
    January 11, 2019

    Tops at Spar Ad: A funny reminder that SA is a serious country

    155 Views2 Mins Read
    Volkswagen Logo
    October 23, 2018

    This Classic South African Volkswagen Advert will bring back memories

    1,104 Views2 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.