Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Neil Nachtrein Reik “Voer My Vir Die Berge” Uit

Neil Nachtrein Reik “Voer My Vir Die Berge” Uit

Blitsoorsig: Neil Nachtrein se nuwe enkelnsnit "Voer My Vir Die Berge" ondersoek die spanning tussen die moderne stad en die hunkering na die natuur. Die Afrikaanse folk-rock lied, vervaardig deur Tertius Human, gebruik aangrypende kitaarspel en rou emosies om luisteraars aan te moedig oor wat werklik belangrik is. Dit is 'n stap vorentoe vir Neil se loopbaan en sal by 'n wye gehoor aanklank vind.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 3, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie nuus! Neil Nachtrein het ‘n rukkie terug ‘n nuwe enkelnsnit en video uitgereik. Dit mag dalk net een van die beste Afrikaanse liedjies wat in die laaste paar jaar uitgereik is.

Einstein het een maal gesê: “As jy alles beter wil verstaan, moet jy diep in die natuur gaan kyk.” Dit is geen wonder dat Neil Nachtrein in sy nuwe lied, “Voer My Vir Die Berge”, oor die verlange na die natuur sing nie.

Neil Nachtrein

Op ’n aand in ’n hotelkamer in die stad sit Neil Nachtrein en kyk by die venster uit. Hier besef hy dat hy weke laas die sterre gesien het. Hy sê vir homself: “In die stad word dit nooit donker nie, dit word nooit stil nie,” en die eensaamheid oorweldig hom. ’n Diep verlange na die berge en die natuur begin in hom woed en ’n tweestryd in hom skop af.

Meer inligting oor Neil Nachtrein’s “Voer My Vir Die Berge”

In sy nuwe lied ondersoek Neil Nachtrein die hunkering na ’n eenvoudiger lewe in die natuur en hoe dit direk in stryd is met die moderne lewe in die stad. Die lied is ’n metafoor vir sy begeerte om naby die Skepper te leef.

NetfloristOfferforge

Eg aan Niel Nachtrein se styl is “Voer My Vir Die Berge” ’n lied wat ook in rou emosies gegiet is. Dié Afrikaanse folk-rock lied sal emosies van vrede en verligting by jou los.

Neil Nachtrein - Voer My Vir Die Berge

Die opgewekte ritmes lei jou gedagtes om diep na te dink oor dit wat werklik vir jou belangrik is. Dit herinner die luisteraar aan die mens se verganklike aard. Die tempo beklemtoon die dringendheid van dié boodskap: “Wanneer my vlees finaal terugkeer tot stof, voer my weer vir die berge.”

“Voer My Vir Die Berge” is geskryf deur Neil Nachtrein en vervaardig deur Tertius Human. Die aangrypende kitaarspel is boeiend. Van die eerste noot af word jy oortuig daarvan om die lied oor en oor te luister.

Neil is glad nie ’n vreemdeling in die musiekbedryf nie. Hy het reeds in 2012 sy eerste album, GISTERS&BLISTERS, uitgereik. In 2019 sien sy tweede, OP PLEKKE WAAR ONS EENS WAS, die lig, asook ’n musiekvideo van sy lied, STILSTE UUR.

NetfloristOfferforge

Sy musiek word hoofsaaklik beïnvloed deur Jeff Buckley, Eddie Vedder, Paulo Nutini, Damien Rice, Van Morrison, Ben Howard en Ryan Adams.

Neil het onlangs by Vonk aangesluit en is tans hard aan die werk om sy eerste EP (Langspeel Plaat) gereed te kry vir bekendstelling later vanjaar.

“Voer My Vir Die Berge” is ten minste twee treë vorentoe vir Neil Nachtrein se loopbaan. Die Afrikaans is goed deurdink en die universiële aard van die musiek sal seker maak dat die lied by ’n wye gehoor aanklank vind. Dit is boonop puik skryfwerk en goeie komposisie.

Kyk die musiekvideo vir die liedjie hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Neil Nachtrein se “Voer My Vir Die Berge” is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde artikels in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Asem In”

    Neil Nachtrein
    Music News 9 Dec 2025
  • Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Om Die Son”

    Neil Nachtrein
    Music Videos 26 Apr 2025
  • Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoor Jy My?”

    Neil Nachtrein
    Music Videos 4 Jul 2023
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Neil Nachtrein South Africa Voer My Vir Die Berge
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.