Ek het via e-pos met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties gesels oor hulle nuwe album wat oppad is en so paar ander goedjies. Die nuwe album (2021) word op die 21ste Mei 2020 uitgereik en sal op alle digitale platforms beskikbaar wees om te stream / koop.
Hier is my gesprek met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties
Hoe het Die Heuwels se klank progress oor die afgelope 11 jaar?
Dis moeilik om te antwoord as iemand in die band, dit voel vir my asof ons op elke album ons eie tydstip probeer vasvang….dalk op okay! die vorige album was dit heelwat rustiger op 2021 is daar bietjie van die debuut se energie maar ook dalk ‘n titsel wilder as die wildtuin hier en daar as dit sin maak.
Hoe het die nuwe album bymekaar gekom?
Dis geskryf oor ‘n jaar se tydperk die eerste sessies was in feb 2019 toe ons ‘n huis gehuur het om die skryf af te skop, die eerste song op die album “mis oor die see” en “jy stel my teleur” is daar gebore. Daarna is dit stuk stuk aanmekaar gesit saam met menigte musikante en vervaardigers asook 4 verskillende ateljees. It really takes a village en ons is baie opgewonde oor al die colabs op die plaat.
Is daar `n spesifieke gevoel of tema vir die album?
Ek dink die luisteraar sal die vloei kan voel vananf snit 1 tot 13 in terme van mood en progressie en die temas spruit uit ‘n plek van probeer so eerlik as moontlik skep en so eenvoudig as moontlik.
Watter 3 songs op die album hou jy die meeste van en hoekom?
My gunstelinge is “Min Worries” (Die mood daarvan is super breezy, laidback en probeer nie te hard nie dit ft. ook my neef Francois van Coke), “Ek Mis Jou” (Tarryn sing amazing op die ene en ek dink dit is my gunsteling ballade wat ons al opgeneem het) en “Mis Oor Die See” (Arno se energie is amazing en dit herinner my aan ons eerste album sin, Hiram speel ook die awesomeste sax solo op enige DHF tune ever.)
Hoe connect julle as n band gedurende lockdown, veral nou ook dat die album oppad is?
Dis maar Zoom en Houseparty etc. Maar daar is ‘n livestream album launch in die beplanning so ons sal binnekort begin repeteer ‘n goeie 2m uitmekaar uit.
Wat is die beste ding van lockdown?
Dat ek my seun so gereeld kan sien en braai elke dag!
Wat is die slegste ding van lockdown?
Dat ons nie bymekaar kan uitkom of gholf speel nie!
Wat inspireer julle tans?
Die tenacity van die human spirit en al die amazing dinge wat geskep word onder hierdie grendelstaat.
Dink julle fans tune tans meer of minder in met hulle favourite musiek? Het lockdown die dinamiek tussen fan en kunstenaars enigsins verander?
Dit is interesting, ek dink die tyd sal leer dis nog biki vroeg, mense is verseker meer op hul fone doenig , maar ek dink dis dalk meer om nuus te lees as om liedjies te luister. Ons hoop wel dat 2021 lig sal bring na ons aanhangers se breine en oortjies.
Ek wil vir Pierre Greeff en Die Heuwels Fantasties bedank vir hierdie onderhoud en ek wens hulle als van die beste toe vorentoe. Ek weet nie van julle nie maar ek crave rerig die laaste ruk live musiek en ek hoop ek kan hulle live sien sodra die lockdown verby is!
Moenie uitmis op die offer van Die Heuwels Fantasties nie
Die album word eers op die 21ste Mei uitgereik, maar as jy NOU merch bestel op hulle webwerf, kry jy ‘n digital copy van die album GRATIS!
2021 Aanlyn CD Bekendstelling
Pierre Greeff praat oor hulle aanlyn CD bekendstelling in die onderhoud. ‘n Datum vir dit is intussen bekendgemaak! Dit gebeur 8 uur die aand op die 30ste Mei 2020! Koop jou kaartjie HIER vir R150 en kry die digitale album VERNIET saam met dit.
As jy nog nie die musiekvideo vir “Ons Moet Leef” gesien het nie, check dit hierso uit!
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.