Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Die Heuwels Fantasties reik “Ons moet Leef” enkelsnit en video uit

Die Heuwels Fantasties reik “Ons moet Leef” enkelsnit en video uit

Blitsoorsig: Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsny "Ons Moet Leef" is gebore by 'n hotel-swembad in Pretoria saam met Ampie Du Preez en Hunter Kennedy. Die liedjie gaan oor versoening, vriendskap en in die hier en nou wees. Die musiekvideo bevat bydraes van mense uit die SA musiek- en vermaaklikheids bedryf en sal deel wees van hulle nuwe album "2021" wat op 22 Mei uitgereik word.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 24, 2020No Comments3 Mins Read Music Videos 56 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Ons Moet Leef”, die splinternuwe Die Heuwels Fantasties enkelsnit is hier! ‘n Musiekvideo is ook vir die enkelsnit uitgereik.

Die Heuwels Fantasties se liedjies is al vir jare deel van die SA musiek-kultuur en die sukses van die onlangse enkelsnit uitreikings “Jy Stel My Teleur” en die “Mejuffrou Sonneblom” het weereens bewys dat DHF ongetwyfeld een van ons mees talentvolle en geliefde Afrikaanse groepe is.

Die Heuwels Fantasties - Ons Moet Leef

Dit is dan ook die merkwaardige ding van Die Heuwels. Net sodra mens dink dit kan nie beter nie, kom hulle met net nog iets ongewoon-treffend vorendag. “Ons moet Leef” is een van daardie buitengewone liedjies wat alreeds vlamvat onder aanhangers.

Fred den Hartog veduidelik hoe “Ons Moet Leef” ontstaan het

“Hierdie song is op `n warm dag by ‘n hotel-swembad in Pretoria gebore. Ampie Du Preez en Hunter Kennedy is ou vriende- so dit was net ‘n kwessie van tyd voor die Heuwels iets saam met Ampie sou doen.”

NetfloristOfferforge

“Na ‘n paar biere en ‘n paar flou grappies het ek my kitaar opgetel en saam met Pierre, Hunter en Ampie begin sing en skryf. Ons Moet Leef – sê Hunter. Ons moet leef, ons moet lewe, ons moet leer om mekaar te vergewe. Dit is ‘n liedjie oor versoening, samesyn, vriendskap en om in die hier en nou te kan wees.”

Vir die maak van “Ons moet Leef” se video het DHF via sosiale media gevra dat mense tuisvideos instuur vir moontlike oorweging vir gebruik in die storielyn.

Hunter Kennedy verduidelik hoe dit gebeur het

“Ons het aanvanklik gedink ons moet nou maar net onsself afneem tydens lockdown terwyl ons lawwe goed doen en toe besef ons, maar almal anders is ook verveeld.”

“So hoekom speel ons dan maar nie almal saam nie? Ons is nuuskierig om te weet wat ander mense doen, want julle weet mos, lockdown is nie so moeilik nie, maar dis ook nie so maklik nie. Daar was `n hele paar inskrywings. Dankie aan almal en geluk aan dié wie se videos dit gemaak het. Ons love die finale video!”

NetfloristOfferforge

Die musiekvideo is propvol mense wat betrokke is in die SA musiek en vermaaklikheids bedryf. Op ‘n vinnige glance het vir Francois Van Coke, Jaco Van Der Merwe (Bittereinder), Peach Van Pletzen (Bittereinder & Van Pletzen), Schalk Bezuidenhout en Radio Raps gewaar. Eks dood seker ek het ‘n paar mensies gemis 😀

Kyk die video vir “Ons Moet Leef” hier onder:

“Ons moet Leef”, sowel as “Jy Stel My Teleur” en “Mejuffrou Sonneblom” is van die snitte op Die Heuwels Fantasties se vollengte album “2021” wat op 22 Mei uitgereik word. Die album bestaan uit 15 nuwe liedjies en is opgeneem by Sunset Recording Studios in Stellenbosch.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Bellville” (Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit) is hier

    Die Heuwels Fantasties - Bellville
    Music Videos 16 Aug 2022
  • “Volume” Album uitgereik deur Die Heuwels Fantasties

    Die Heuwels Fantasties - Volume
    Music News 22 Oct 2021
  • Corné, Die Heuwels Fantasties & Ampie sing oor “Biertjies”

    Corne Pretorius - Biertjies
    Music News 8 Feb 2021
  • Hunter Kennedy: ‘n Vinnige Onderhoud oor “Herverbeel”

    Hunter Kennedy - Herbeveel
    Artist/Band Interviews 11 Dec 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Heuwels Fantasties
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.