Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Rowan Zerf vang die vakansiegees met “Net Hier Om Te Tan”

Rowan Zerf vang die vakansiegees met “Net Hier Om Te Tan”

Blitsoorsig: After ten years away, musician Rowan Zerf returns with his solo single "Net Hier Om Te Tan," a tongue-in-cheek track about social media culture and people glued to their phones. Written with his brother Chad and produced by Robin Kielly, the upbeat beach anthem encourages listeners to put down their devices and enjoy real life. The vibrant music video, filmed in Cape Town, captures a party atmosphere that rivals the Barbie film's energy.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 28, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 42 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met sy eerste solo-enkelsnit, waarmee hy na tien jaar uiteindelik sy terugkeer na die musiekbedryf maak, het die gewilde musikant Rowan Zerf dit reggekry om die perfekte treffer op te tower wat gaan koning kraai op elke kuier-speellys.

Volgens hom gaan die liedjie oor ’n meisie op die strand wat hom die koue skouer gee, omdat sy net daar is om in die son te lê en bak en daarom is die titel van die snit – heel gepas – “Net Hier Om Te Tan”

Rowan Zerf - Net Hier Om Te Tan

Hierdie liedjie, wat hy saam met sy boetie Chad geskryf en saam met Robin Kielly vervaardig het, is sy poging om op ’n tong-in-die-kies-manier kommentaar te lewer oor mense se beheptheid met sosiale media.

“Mense is deesdae so behep met hulself en hul beeld op sosiale media. Likes en volgelinge het die nuwe geldeenheid geword en hierdie snit is om mense te herinner om partykeer hulle fone neer te sit en te kyk waarop hul dalk in die regte lewe uitmis,” verduidelik Rowan Zerf “Dis nie baie diep nie, dis net pret. Die musiek is lekker, die melodie sing maklik saam en die musiekvideo maak dit nog meer aanloklik.”

IQ AcademyOfferforge

Die video speel af op ’n pragtige strand in die Kaap en is verfilm deur Quintessential Photo & Video Worx.

Net soos die liedjie, versinnebeeld dit ’n heerlike opgewekte kuieratmosfeer met mense wat saam met die sanger dans en sing op die strand, amper net soos ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die Barbie-fliek.

Alhoewel hulle as gevolg van slegte weer net ’n paar ure gehad het om die opname te doen, is die eindproduk perfek en kry dit beslis reg om die kyker in te trek en te laat deel voel van die aksie.

Kyk die video hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Meer inligting oor Rowan Zerf

Rowan Zerf wou ’n musikant wees vir solank as wat hy kan onthou en het reeds op 16 as klankingenieur op projekte gewerk by die Staatsteater in Pretoria. Dié gesoute kitaarspeler en sanger het in 2011 sy amptelike buiging in die musiekbedryf gemaak as deel van die voormalige gewilde mansgroep NRG, maar het sowat tien jaar gelede sy musiekdroom vir die liefde verruil.

Vanaf Augustus 2023 is die 40-jarige Pretorianer egter weer voltyds terug in die bedryf en het op die dag van die Wêreldbeker-eindstryd ’n liedjie geskryf wat meer as ’n miljoen trefslae op TikTok gehad het. Wanneer hy nie op die verhoog is nie, geniet hy die bosveld en beplan om binnekort die land plat te toer saam met sy orkes.

“Net Hier Om Te Tan” is net die begin van ’n opwindende nuwe hoofstuk in hierdie veelsydige kunstenaar se loopbaan en ’n mens kan nie anders as om uit te sien na wat hy volgende gaan doen nie.

Die liedjie word versprei deur Platinum Music en is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.

Laai dit af of luister dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived

    Shortstraw - Rubber Arm
    Music Videos 3 Aug 2026

    Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
  • Adam Boyd
    Adam Boyd Pays Tribute to Loved Ones With “Hallelujah”
    July 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,255
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.