Jan Blohm is terug, en hierdie keer is hy oop soos nooit tevore nie. Sy nuwe album, Tot Daar Waar Die Lig Is, is meer as net ‘n versameling liedjies. Dit is ‘n belydenis, ‘n gebed en ‘n nuwe hoofstuk.
Op die album neem Jan Blohm luisteraars saam op ‘n eerlike reis deur liefde, verlies, verslawing, geloof en uiteindelik hoop, met die rou emosionele eerlikheid wat sy gehoor al jare lank ken en vertrou.

“Ek probeer elke keer nader en nader aan die lig kom,” sê Jan Blohm. “Met hierdie album probeer ek eerliker wees, nie net met die kop nie, maar met die hart.”
Die album se titel sê dit alles: ‘n beweging weg van donkerte en ou wonde, na ‘n plek waar lig weer moontlik is. Vir Blohm, wat erken dat sy eerste helfte van sy lewe “rock & roll” was, is dit ‘n bewuste keuse om anders te leef. “Ek het 50 jaar se op en af en duisternis beleef. Nou wil ek kyk hoeveel ek in die lig kan leef.”
Hy praat ook openhartig oor sy donkerder oomblikke, whisky, cocaine en die pogings om pyn te probeer stilmaak. “Dit was nooit my probleem nie. Ek het ‘n hartprobleem gehad, en ek het dit probeer fix met dinge wat nie ewig kan hou nie.” Ware verandering, sê hy, het vir hom deur geloof gekom. “Solank ek die pad stap wat ek glo Hy vir ons gesit het, is ek nie dors nie.”
Tussen die swaarder temas is daar ook ligte oomblikke. In die lied “Beautiful Jy” sing hy oor sy dogter en die onskuld wat kinders in die wêreld inbring. “Sy is die beautiful in my, ‘n herinnering aan hoe ons eens was voordat die wêreld begin breek het.”
Kyk die video vir “Beautiful Jy” hier onder:
Een van die sterkste temas op die album is gebrokenheid as krag. “Stukkende goed kan niemand breek nie,” sê hy. “Die enigste manier om regtig onbreekbaar te wees, is om stukkend te wees.” Dit is ‘n boodskap van selfaanvaarding, van om te erken waar jy is, sonder om jouself te veroordeel.
As hy die album in drie woorde moes beskryf: eerlik, gebroke, lig.
Jan Blohm het Groter Drome
Jan Blohm se droom is om Tot Daar Waar Die Lig Is verder te laat groei, uiteindelik tot ‘n groot verhoogervaring waar musiek, beeldende kuns en uitvoerende kuns saamkom.
Maar vir eers is die album self die boodskap: ‘n kunstenaar wat terugkyk sonder om vas te val, wat sy wonde erken sonder om daarin te verdrink, en wat met oop hande vorentoe beweeg tot daar waar die lig is.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.
📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

