Angie oeh is nie een vir op haar hande sit nie. Terwyl sy in die proses is om haar tweede kortalbum getiteld Mooiste Meisies uit te rol, het sy die musiekvideo vir “Altyd op my vibe” gekonseptualiseer plus die regie daarvan behartig saam met Geoff Hookins en Valkie Van Coke, haar bestuurder. “Altyd op my vibe” is vanaf haar debuut kortalbum, Sex in Afrikaans, en word tans die tweede meeste op hierdie kortalbum gestroom.
Angie oeh vertel ons meer hieroor
“Baie mense vertel my dat ‘Altyd op my vibe’ een van hulle favourite songs is, so ons het besluit om daarvoor ‘n musiekvideo te maak. Die video gaan oor ek en twee cherries wat op ons eie leef in die natuur. Die musiekvideo is beautiful.”

“Dis geshoot in die Kaap op die perfekte tyd, met blomme oral. Picnic scenes met Jägermeister en vrugte, want dis altyd ‘n vibe. Houtkap en marshmallows by die vuur. Ek dink die video doen die song justice. Baie dankie aan Jägermeister wat my en ‘Altyd op my vibe’ se musiekvideo support.”
Kyk die video vir “Altyd op my vibe” hier onder
“Omdat ek wil” is die derde vrystelling vanaf die kortalbum, Mooiste Meisies
Angie oeh is besig om elke tweede week ‘n splinternuwe enkelsnit vry te stel wat opbou na die vrystelling van haar 5-snit kortalbum getiteld Mooiste Meisies. “Omdat ek wil” is tans uit.

Angie oeh vertel ons meer oor hierdie liedjie
“’Omdat ek wil’ is ‘n sadder song. Low-key showcase ek my gevoelens en praat ek meer oor myself. Ons kan onmoontlik nie altyd okay wees nie. Maar dis okay.”
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
Jy sal dalk ook hiervan hou
-
Angie oeh se nuwe klankbaan met 14 liedjies vir die Showmax-reeks Wyfie word hierdie maand vrygestel, een jaar na haar dood aan kanker.
Angie oeh se laaste opname "Spoor" is met Peach van Pletzen opgeneem twee weke voor haar dood aan kanker, vrygelaat as huldeblyk.
-
Afrikaans mumble rapper Angie oeh passed away on Saturday at age 24, just days after being diagnosed with stage 4 cancer.
Learn 13 fascinating facts about Angie oeh, the Afrikaans rapper who made waves in South Africa before passing away in August 2023.

