Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Casper Stone & Ruan Xen Reik “Mis Jou Nie” Uit

Casper Stone & Ruan Xen Reik “Mis Jou Nie” Uit

Blitsoorsig: Casper Stone and Ruan Xen have released "Mis Jou Nie," a song written by Xen over a decade ago that finally got its full production. The track explores the bittersweet feelings after a breakup, focusing on relief and the valuable lessons learned rather than just heartache. The accompanying music video, shot in Midrand, uses symbolism to deepen the song's message about moving forward and growth.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 13, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 65 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Casper Stone & Ruan Xen het “Mis Jou Nie” uitgereik. Meer as ‘n dekade gelede het die twee outjies  weergawes van bekende liedjies by kroeë, troues en funksies gespeel vir ekstra inkomste. By een van die optredes het Xen vir Stone ‘n rowwe weergawe van  die liedjie (wat hy geskryf het) gespeel.

“Mis Jou Nie” het Stone dadelik diep getref en hy het geweet dat dit iets spesiaal is. Hy het aan homself en Xen ‘n belofte gemaak dat die liedjie eendag die volle produksie en blootstelling sal kry wat dit verdien. Tien jaar later en die belofte het tot vervulling gekom.

Ruan Xen vertel ons meer oor die tema van “Mis Jou Nie”

“Ons is geneig om oor die algemeen te fokus op die pyn na ‘n break-up, maar wat soms meer uitstaan is die verligting, en dan ook die bittersoet oomblik wanneer mens besef dat die ervaring nie doeloos en leeg was nie, maar wel ‘n deel uitmaak van die pad van beide partye se lewe. Ek wou met hierdie liedjie die lig daarop skyn.”

Casper Stone & Ruan Xen - Mis Jou Nie

Casper Stone voeg by

“In plaas van om dit onder die mat in stoot, wou ons ‘n erkenning gee aan die ervaringe en die lesse wat geleer is van mens self deur die refleksie van ‘n ander. Spyt hoef nie regtig ‘n faktor kan wees in die groter prentjie nie.”

NetfloristOfferforge

Die musiekvideo vir “Mis Jou Nie” is ‘n reis deur die gedagtes van iemand wat sopas deur hierdie ondervinding is. Casper Stone en Xen wou ‘n gevoel skep waar ‘n mens deur die simboliese, `n dieper begrip kan hê oor die kern- boodskap van die liedjie. Die musiek -video was geskiet in Midrand en was verfilm deur Heinz Boesenberg. Die regie was behartig Reinhard Engelbrecht.

Kyk die musiekvideo vir “Mis Jou Nie” hier onder:

YouTube video player

“Mis Jou Nie” verskyn op Casper Stone se debuut-solo EP Raw Reflections wat in Mei vanjaar uitgereik is. Die liedjies op die EP handel oor die intrinsieke aard van passies; begeertes; obsessies en romantiese verhoudings.

Dit flirt met lig en skaduwee en skyn die lig op Stone se onvergeetlike ontmoetings van liefde en teleurstellings.

NetfloristOfferforge

“Mis Jou Nie” is die enigste Afrikaanse liedjie op Raw Reflections. Casper Stone verduidelik

“Aangesien die EP ‘n terugkeer is na my innerlike stem en na my wortels, was dit vir my belangrik om ook `n liedjie in my moerdertaal in te sluit. Ek het gedink dit was nou uiteindelik die ideale geleentheid om “Mis Jou Nie”op te neem.”

Casper Stone - Raw Reflections

Casper Stone se enkelsnit “Freak”, vanaf die EP, geniet tans speeltyd op verskeie radiostasies. Casper Stone is ook ‘n praktiserende sielkundige. Hy het gedurende sy hoërskooljare kitaar en saksofoon begin speel en het die afgelope twee dekades as deel van verskeie musiekgroepe opgetree.

Casper Stone is onder andere bekend as een helfte van Stones & Bones, ‘n afro soul house duo wat in 2020 groot sukses op SA radio behaal het met twee snitte van hul EP “In the Name of Love.”

Ruan Xen het oor die jare met verskeie kunstenaars onder andere Karen Zoid, Southern Gypsey Queen en Lonehill Estate saamgewerk. In 2007 het hy MTN City Awards se “Beste Nuwe Kunstenaar” Toekenning gewen. Hy gee ook tans musiek-lesse in Johannesburg.

NetfloristOfferforge

Jy kan Raw Reflections HIER stroom / download.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.