Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Chris Steyn bring sy nuwe kuierliedjie al die pad bos toe!

Chris Steyn bring sy nuwe kuierliedjie al die pad bos toe!

Blitsoorsig: Chris Steyn follows up his hit "Plaas Dorp Toe" with a new single called "In Die Bos," an easy-going tune about the simple pleasure of spending time in nature. The song was created by the same creative team and features a music video filmed on the beautiful Tilodi farm in Thabazimbi, Limpopo. Chris promises more new music is coming in 2025.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 13, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 110 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met sy plakkies, sy sielvolle stem en sy opregte persoonlikheid het Chris Steyn die harte van Suid-Afrikaners gewen toe hy in 2023 as die wenner van die gewilde sangkompetisie Die Kontrak gekroon is. Sedertdien het hy nie net sy merk gemaak nie — hy het diep gewortel geraak in die plaaslike musiekbedryf.

Sy vorige enkelsnit, “Plaas Dorp Toe”, is steeds ’n gunsteling onder luisteraars en het hom gehelp om sy musiekdrome ten volle uit te leef. Dié liedjie het gemaklik sy plek in die Apple Music Top 10 verseker en bly ’n gewilde kuierliedjie reg oor die land.

Chris Steyn

“‘Plaas Dorp Toe’ is 100% een van die groot redes hoekom ek nou nog my droom kan uitleef en kan sing elke naweek voor mense. Die liedjie het my loopbaan baie, baie goed beïnvloed,” sê Chris dankbaar.

Meer inligting oor Chris Steyn se nuwe liedjie

Nou is dié gewilde sanger terug met nog ’n kuierliedjie – “In Die Bos”. Die nuwe enkelsnit is pas vrygestel en gaan oor die eenvoudige plesier van tyd spandeer in die bos – waar die bier net blykbaar beter proe.

NetfloristOfferforge

Die liedjie is gebore uit ’n idee van Marco van Deventer en Georic Lomas, die kreatiewe span agter “Plaas Dorp Toe”, en Chris self het aan die skryfwerk deelgeneem.

“Ek het toe gehelp met die skryfwerk en dit was ’n baie lekker proses,” sê hy. Volgens Chris is daar nie ’n groot verskil tussen “In Die Bos” en sy vorige werk nie – dis steeds daardie “easy going” styl wat aanhangers van hom verwag en geniet.’ “Ek sien baie uit om te hoor wat die mense daarvan dink,” voeg hy by.

Die Musiekvideo is verfilm op asemrowende plaas

Dié liedjie word saam met ’n musiekvideo wat op die asemrowende Tilodi-plaas in Thabazimbi, Limpopo, verfilm is uitgereik. Die video is vervaardig deur die bekroonde span Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative.

“Dis ’n ongelooflike mooi plaas en ons het baie pret gehad tydens die verfilming,” vertel Chris met ’n glimlag.

NetfloristOfferforge

Kyk die video hier onder:

Chris Steyn - In Die Bos (Amptelike Musiekvideo)

Chris Steyn se toekomsplanne en hoop vir 2025

Met “In Die Bos” wys Chris weer waarom hy een van die opwindendste stemme in Afrikaanse musiek is. “Ek hoop die luisteraars vind aanklank in die liedjie soos ek doen – en kuier lekker daarop. Daar is nog hope nuwe musiek op pad – 2025 gaan ’n groot jaar wees!” sê Chris.

“In Die Bos” is nou op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar. Kry dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Chris Steyn vry na ’n “Bruinoog Blond”

    Chris Steyn
    Music Videos 4 Dec 2025
  • Chris Steyn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Kan Nie”

    Chris Steyn
    Music Videos 4 Sep 2025
  • Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’

    Jagtrip
    Music News 3 Jun 2025
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Chris Steyn South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.