Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Chris Steyn bring sy nuwe kuierliedjie al die pad bos toe!

Chris Steyn bring sy nuwe kuierliedjie al die pad bos toe!

Blitsoorsig: Chris Steyn follows up his hit "Plaas Dorp Toe" with a new single called "In Die Bos," an easy-going tune about the simple pleasure of spending time in nature. The song was created by the same creative team and features a music video filmed on the beautiful Tilodi farm in Thabazimbi, Limpopo. Chris promises more new music is coming in 2025.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 13, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 152 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met sy plakkies, sy sielvolle stem en sy opregte persoonlikheid het Chris Steyn die harte van Suid-Afrikaners gewen toe hy in 2023 as die wenner van die gewilde sangkompetisie Die Kontrak gekroon is. Sedertdien het hy nie net sy merk gemaak nie — hy het diep gewortel geraak in die plaaslike musiekbedryf.

Sy vorige enkelsnit, “Plaas Dorp Toe”, is steeds ’n gunsteling onder luisteraars en het hom gehelp om sy musiekdrome ten volle uit te leef. Dié liedjie het gemaklik sy plek in die Apple Music Top 10 verseker en bly ’n gewilde kuierliedjie reg oor die land.

Chris Steyn

“‘Plaas Dorp Toe’ is 100% een van die groot redes hoekom ek nou nog my droom kan uitleef en kan sing elke naweek voor mense. Die liedjie het my loopbaan baie, baie goed beïnvloed,” sê Chris dankbaar.

Meer inligting oor Chris Steyn se nuwe liedjie

Nou is dié gewilde sanger terug met nog ’n kuierliedjie – “In Die Bos”. Die nuwe enkelsnit is pas vrygestel en gaan oor die eenvoudige plesier van tyd spandeer in die bos – waar die bier net blykbaar beter proe.

NetfloristOfferforge

Die liedjie is gebore uit ’n idee van Marco van Deventer en Georic Lomas, die kreatiewe span agter “Plaas Dorp Toe”, en Chris self het aan die skryfwerk deelgeneem.

“Ek het toe gehelp met die skryfwerk en dit was ’n baie lekker proses,” sê hy. Volgens Chris is daar nie ’n groot verskil tussen “In Die Bos” en sy vorige werk nie – dis steeds daardie “easy going” styl wat aanhangers van hom verwag en geniet.’ “Ek sien baie uit om te hoor wat die mense daarvan dink,” voeg hy by.

Die Musiekvideo is verfilm op asemrowende plaas

Dié liedjie word saam met ’n musiekvideo wat op die asemrowende Tilodi-plaas in Thabazimbi, Limpopo, verfilm is uitgereik. Die video is vervaardig deur die bekroonde span Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative.

“Dis ’n ongelooflike mooi plaas en ons het baie pret gehad tydens die verfilming,” vertel Chris met ’n glimlag.

NetfloristOfferforge

Kyk die video hier onder:

Chris Steyn - In Die Bos (Amptelike Musiekvideo)

Chris Steyn se toekomsplanne en hoop vir 2025

Met “In Die Bos” wys Chris weer waarom hy een van die opwindendste stemme in Afrikaanse musiek is. “Ek hoop die luisteraars vind aanklank in die liedjie soos ek doen – en kuier lekker daarop. Daar is nog hope nuwe musiek op pad – 2025 gaan ’n groot jaar wees!” sê Chris.

“In Die Bos” is nou op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar. Kry dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Chris Steyn vry na ’n “Bruinoog Blond”

    Chris Steyn
    Music Videos 4 Dec 2025
  • Chris Steyn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Kan Nie”

    Chris Steyn
    Music Videos 4 Sep 2025
  • Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’

    Jagtrip
    Music News 3 Jun 2025
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Chris Steyn South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,310
Rock 615
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.