Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Dans in Afrikaans”

Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Dans in Afrikaans”

Blitsoorsig: Deon Groot het "Dans in Afrikaans" uitgebring as liefdesbrief aan sy moedertaal tydens Afrikaans se eeufeesviering. Die lied kombineer stukke van 32 moderne Afrikaanse songs in 'n splinternuwe styl wat hy "plaaspop" noem. Propvol kultuurreferensies, nostalgie en plaaslike kleure, is dit 'n viering van erfenis, humor en trots.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 28, 2025No Comments4 Mins Read Music Videos 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Deon Groot se nuwe enkelsnit is uitgereik! 2025 merk ‘n spesiale mylpaal vir ons moedertaal – Afrikaans vier sy 100ste bestaansjaar. Wat is ‘n beter manier om hierdie eeu van taal, kultuur en kuier te vier as met ‘n splinternuwe treffer getiteld “Dans in Afrikaans”?

Hierdie lied is nie net ‘n partytjietreffer nie – dit is ’n liefdesbrief aan Afrikaans, gesing met trots, humor en pure kuiergees.

Deon Groot

Die inspirasie agter “Dans in Afrikaans”

Die inspirasie agter “Dans in Afrikaans” het ontstaan uit die behoefte om iets anders te doen – iets wat Afrikaans vier op ‘n vars manier.

“Ons wou nie net bekende songs cover nie,” sê Deon. “Ons het eerder stukke van 32 moderne Afrikaanse liedjies geneem en dit saamgesmelt in een nuwe snit – ‘n storie van liefde vir Afrikaans, wat in ‘n splinternuwe styl vertel word.”

NetfloristOfferforge

Hierdie benadering bring nie net nostalgie nie, maar wys ook hoe dinamies en lewendig Afrikaanse musiek kan wees.

‘n Liedjie vol plaaslike kleure en herinneringe

“Klim in my bakkie, ons moet dorp toe gaan…”

Die eerste lyn van die lied vang jou onmiddellik – dis eg, plaaslik en propvol herinneringe. Deon onthou duidelik die aand toe daardie sin ontstaan het: “Ons het na ‘Dorp Toe’ van Fatman geluister oppad na ‘n kuier. Daardie aand, daardie vibe… dit is iets wat altyd by my sal bly.”

Afrikaans – ‘n persoonlike viering

“Dit is jou mamma se taal”
Vir Deon is Afrikaans persoonlik – dit is die taal van sy ma, die taal van sy grootwordjare in Namakwaland, en die taal waarin hy musiek ontdek het. Die frase “Dans in Afrikaans, dit is jou mamma se taal” is ‘n ode aan sy ma en alles wat sy vir hom beteken het op sy musikale reis.

NetfloristOfferforge

Kultuurverwysings en nostalgie in elke noot

Deon Groot se nuwe liedjie is propvol Afrikaanse kleur – van Skêr Kwagga en Appel se lemoene tot plaaspop – dis ’n nostalgiese reis deur plaaslike verwysings soos net hy dit kan doen.

In ware Deon Groot-styl is die lied propvol inside jokes, kultuurverwysings en karaktertjies soos Skêr Kwagga – ‘n knipoog na Afrikaanse films en stories. Dis meer as net ‘n lied; dis ‘n kultuurstuk.

Die unieke klank van “Plaaspop”

Die term “plaaspop” wat sterk in die koor uitstaan, beskryf die unieke styl van die lied: ’n mengsel van modern country, rock en bluegrass – iets nog nie voorheen in Afrikaans gehoor nie.

Met sterk ritmes, treffende lirieke en beelde van vuur op die water, witskoene wat brand, en glase wat volgemaak word, is “Dans in Afrikaans” bedoel om mense aan die beweeg te sit. “Ons wou hê alles moes beweeg – die kitare, lirieke, selfs die styl van die video,” sê Deon.

NetfloristOfferforge

Deon Groot het ‘n Boodskap aan jong kunstenaars

Deon Groot se raad aan jong Afrikaanse kunstenaars is eenvoudig maar kragtig: “Moet nooit ophou nie. Wees uniek. Leer, groei en bou aan jou drome.” Dit is dieselfde passie en vasberadenheid wat hom dryf om liedjies soos “Dans in Afrikaans” te skryf – liedjies wat nie net vermaak nie, maar ook inspireer.

‘n Lied vol trots en viering

“Hy’s die ou wat die partytjie aan die gang kry,” sê Deon met ‘n glimlag. “Daai laaste ou wat jy nooi, maar die een wat jy eerste wil hê. Want niemand hou van ‘n vervelige party nie!”

In een woord beskryf Deon Groot die lied as trots – trots op Afrikaans, op kultuur, op herkoms en op wie ons is. Met “Dans in Afrikaans” bring hy ‘n viering van ons taal en ons mense, met energie, humor en hart.

Of jy nou op ‘n plaaspartytjie is, op ‘n dansvloer in die stad, of sommer net by ‘n kuier, een ding is seker: dis tyd om te “Dans in Afrikaans”.

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir die liedjie hier onder:

Deon Groot - Dans In Afrikaans (Offisiële Musiekvideo)

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Reën”

    Deon Groot
    Music Videos 3 Sep 2025
  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Groot South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,294
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 516
USA 336
Cape Town 336
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.