Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Dans in Afrikaans”

Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Dans in Afrikaans”

Blitsoorsig: Deon Groot het "Dans in Afrikaans" uitgebring as liefdesbrief aan sy moedertaal tydens Afrikaans se eeufeesviering. Die lied kombineer stukke van 32 moderne Afrikaanse songs in 'n splinternuwe styl wat hy "plaaspop" noem. Propvol kultuurreferensies, nostalgie en plaaslike kleure, is dit 'n viering van erfenis, humor en trots.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 28, 2025No Comments4 Mins Read Music Videos 110 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Deon Groot se nuwe enkelsnit is uitgereik! 2025 merk ‘n spesiale mylpaal vir ons moedertaal – Afrikaans vier sy 100ste bestaansjaar. Wat is ‘n beter manier om hierdie eeu van taal, kultuur en kuier te vier as met ‘n splinternuwe treffer getiteld “Dans in Afrikaans”?

Hierdie lied is nie net ‘n partytjietreffer nie – dit is ’n liefdesbrief aan Afrikaans, gesing met trots, humor en pure kuiergees.

Deon Groot

Die inspirasie agter “Dans in Afrikaans”

Die inspirasie agter “Dans in Afrikaans” het ontstaan uit die behoefte om iets anders te doen – iets wat Afrikaans vier op ‘n vars manier.

“Ons wou nie net bekende songs cover nie,” sê Deon. “Ons het eerder stukke van 32 moderne Afrikaanse liedjies geneem en dit saamgesmelt in een nuwe snit – ‘n storie van liefde vir Afrikaans, wat in ‘n splinternuwe styl vertel word.”

NetfloristOfferforge

Hierdie benadering bring nie net nostalgie nie, maar wys ook hoe dinamies en lewendig Afrikaanse musiek kan wees.

‘n Liedjie vol plaaslike kleure en herinneringe

“Klim in my bakkie, ons moet dorp toe gaan…”

Die eerste lyn van die lied vang jou onmiddellik – dis eg, plaaslik en propvol herinneringe. Deon onthou duidelik die aand toe daardie sin ontstaan het: “Ons het na ‘Dorp Toe’ van Fatman geluister oppad na ‘n kuier. Daardie aand, daardie vibe… dit is iets wat altyd by my sal bly.”

Afrikaans – ‘n persoonlike viering

“Dit is jou mamma se taal”
Vir Deon is Afrikaans persoonlik – dit is die taal van sy ma, die taal van sy grootwordjare in Namakwaland, en die taal waarin hy musiek ontdek het. Die frase “Dans in Afrikaans, dit is jou mamma se taal” is ‘n ode aan sy ma en alles wat sy vir hom beteken het op sy musikale reis.

NetfloristOfferforge

Kultuurverwysings en nostalgie in elke noot

Deon Groot se nuwe liedjie is propvol Afrikaanse kleur – van Skêr Kwagga en Appel se lemoene tot plaaspop – dis ’n nostalgiese reis deur plaaslike verwysings soos net hy dit kan doen.

In ware Deon Groot-styl is die lied propvol inside jokes, kultuurverwysings en karaktertjies soos Skêr Kwagga – ‘n knipoog na Afrikaanse films en stories. Dis meer as net ‘n lied; dis ‘n kultuurstuk.

Die unieke klank van “Plaaspop”

Die term “plaaspop” wat sterk in die koor uitstaan, beskryf die unieke styl van die lied: ’n mengsel van modern country, rock en bluegrass – iets nog nie voorheen in Afrikaans gehoor nie.

Met sterk ritmes, treffende lirieke en beelde van vuur op die water, witskoene wat brand, en glase wat volgemaak word, is “Dans in Afrikaans” bedoel om mense aan die beweeg te sit. “Ons wou hê alles moes beweeg – die kitare, lirieke, selfs die styl van die video,” sê Deon.

NetfloristOfferforge

Deon Groot het ‘n Boodskap aan jong kunstenaars

Deon Groot se raad aan jong Afrikaanse kunstenaars is eenvoudig maar kragtig: “Moet nooit ophou nie. Wees uniek. Leer, groei en bou aan jou drome.” Dit is dieselfde passie en vasberadenheid wat hom dryf om liedjies soos “Dans in Afrikaans” te skryf – liedjies wat nie net vermaak nie, maar ook inspireer.

‘n Lied vol trots en viering

“Hy’s die ou wat die partytjie aan die gang kry,” sê Deon met ‘n glimlag. “Daai laaste ou wat jy nooi, maar die een wat jy eerste wil hê. Want niemand hou van ‘n vervelige party nie!”

In een woord beskryf Deon Groot die lied as trots – trots op Afrikaans, op kultuur, op herkoms en op wie ons is. Met “Dans in Afrikaans” bring hy ‘n viering van ons taal en ons mense, met energie, humor en hart.

Of jy nou op ‘n plaaspartytjie is, op ‘n dansvloer in die stad, of sommer net by ‘n kuier, een ding is seker: dis tyd om te “Dans in Afrikaans”.

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir die liedjie hier onder:

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Groot Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Reën”

    Deon Groot
    Music Videos 3 Sep 2025
  • Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

    Gerald Clark
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit

    Ricus en Liza Nel
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”

    Appel en Ichnus
    Music Videos 19 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Jimmy Carr March 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    Jimmy Carr March 2027 SA Tour: Everything You Should Know 1
    Upcoming Events
  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Groot South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 2
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.