Die Skynmaagde het ná ‘n hele paar jaar se stilte ‘n nuwe EP uitgereik, genaamd Nou met ekstra eensaamheid!. Die EP het in middel-2022 verskyn en onmiddellik aandag getrek met die tong-in-die-kies lirieke en treffende, diverse musiek in die liedere.
Een van die groot treffers was “Dis lekker om ‘n grootmens te wees”, wat terugverlang na jongmens-dae sonder verantwoordelikhede en spertye. Henry Cloete het dit toe op homself geneem om ‘n musiekvideo vir die lied te maak, wat vroeg in 2023 gepubliseer is.

Henry Cloete vertel ons oor Die Skynmaagde se video vir “Dis lekker om ‘n grootmens te wees”
“Ek is besig om myself animasie te leer, al kan ek nie eintlik teken nie, en ek geniet dit moerse baie, Die musiekvideo het vir seker ‘n paar amateur-tekens in, maar dis lekker om te leer met ‘n projek soos dit, en ‘n paar ekstra visuele “storie-elemente” tot die liedjie te voeg.”
Kyk die video vir “Dis lekker om ‘n grootmens te wees” hier onder:
Hierdie is ‘n lekker liedjie. Dit maak dit sommer lekker om ‘n grootmens te wees. No Pun Intended.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koppie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🎵 Verken ons Music Hub: Check bietjie ons Music Hub uit vir meer musiekverwante inhoud, of kyk wat op die SA Gig Guide is en wat by Upcoming Events aangaan.
🎬 Verken ons Screen Hub: Check bietjie ons Screen Hub uit vir flieks, TV, gaming en meer.
🔥 Popular Articles: Kyk wat ander mense lees by ons Popular Articles.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

