Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Frieda van den Heever stel haar debuutalbum bekend

Frieda van den Heever stel haar debuutalbum bekend

Blitsoorsig: Spoorsny is Frieda van den Heever se eerste vollengte Afrikaanse album, gebore uit hunkering en lewenservaringe. Die liedjies is oor jare geskryf en het vorm gekry nadat hulle suksesvol by die Woordfees opgetree het. Die album werd opgeneem met legendariese produsente en bevat samewerking met onder andere Die Heuwels Fantasties en Laudo Liebenberg, en verken temas van verlies, liefde en hoop.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 8, 2024No Comments3 Mins Read Music News 99 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Spoorsny is Frieda van den Heever (meer bekend as stemkunstenaar, radio-aanbieder en regisseur) se eerste vollengte Afrikaanse album. Hierdie album is gebore uit hunkering, soos meeste ander musiek.

Die lewe moes spore laat voor sy kon sny – snitte maak, tracks opneem, instink vertrou. Die spore loop deur landskappe van verlies, verlange, vrae, ekstase, hoop, liefde: lewe … en veral lewe na die dood. Die verlange om te ontsnap, om by die huis te kom, om te vlieg, om te land, om te vergeet, om te onthou, om los te breek, om vas te hou – die paradoks van menswees. Frieda som dit op: “Ek moes leef voordat ek daaroor kon sing.”

Die liedjies op die album is oor jare geskryf en het vorm gekry in die laaste paar jaar. Dit is oorspronklik geskep vir Skoonveld – ‘n produksie by die Woordfees wat gehore gaande gehad het en die Woordtrofee vir beste kontemporêre solo-musiekproduksie gewen het in 2022. Daarna het gehore van den Heever oortuig dat sy ‘n bydrae kan lewer tot die body of work van Afrikaanse musiek en dat sy Afrikaans dit skuld om haar musiek te deel.

Die album is oor die bestek van ‘n paar maande opgeneem saam met die legendariese Jürgen von Wechmar by Sunset Recording Studios en Frieda het saam met twee geniale vervaardigers, Fred den Hartog en Johnny de Ridder, geskaaf aan die liedjies.  Van ons land se voorste sessie-musikante kan ook gehoor word op die album.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Frieda van den Heever se debuut album

Die eerste enkelsnit op Spoorsny, “Bon Voyage”, was die heel laaste liedjie wat van den Heever geskryf het voor die album opgeneem is.

Sy wou graag saam met Die Heuwels Fantasties werk omdat sy al drie snitte in die verlede saam met hulle opgeneem het (“Mangemaak”, “Pêrels en Lewensredders” en “Nodig”). “Bon Voyage” het die lig gesien saam met Pierre Greeff en Fred den Hartog as vervaardiger.

Frieda van den Heever en Pierre Greeff

Jozua Malherbe en Rolanda Marais was aan die stuur van die regie en verfilming van die “Bon Voyage” video, die kamerawerk was deur Lourens van Rensburg (7Films), redigering Damiane van Reenen en die gradering deur Justin Wall.

Ander hoogtepunte op die album sluit in “Slot Wat Aanhou”, ‘n duet met Laudo Liebenberg, “Huis Toe” – ‘n gunsteling onder gehore wat die musiekproduksie kom kyk het, “Asem”wat dikwels op RSG speel die afgelope paar jaar, “Branders ken strande”wat Frieda geskryf het op die eerste Kersdag na haar man se dood en “Soos ‘n Gebed”, die enigste lied wat nie uit van den Heever se eie pen kom nie. Dis ‘n toonsetting van ‘n gedig deur Hilda Smits (Ingrid Jonker-pryswenner van 2017) wat vervat is in haar merkwaardige bundel Mag die diep slaap jou dan (2021).

NetfloristOfferforge

Hierdie album roep diep herinneringe op van wat dit beteken om ten volle mens te wees. In hierdie land. In hierdie taal. Maar ook oral. Frieda van den Heever probeer die kompleksiteit van menswees te vertolk deur woorde te gee vir die gans onbeskryflike, ‘n onbegonne taak, soos sy self erken. Sy poog deurgaans om te skryf soos sy ruik, om te sing soos sy praat, om op te spoor wat sy hoor.

Leonard Cohen het gesê: “Whatever pain you can’t rid of, make it your creative offering.” Hierdie album is van den Heever se aanbod. Dis nie ligte musiek nie, maar dit is musiek vol lig.

Kyk die video vir “Bon Voyage” hier onder:

YouTube video player

Jy kan Spoorsny HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”

    Matthew Mole - Love Me
    Music News 6 Oct 2026
  • Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”

    Seth Tabatznik
    Music News 5 Oct 2026
  • Khazimula Releases New Single: “Joburg City”

    Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Music News 2 Oct 2026
  • Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”

    Deborah McKay
    Music News 28 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,326
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.