Harrebaard is een van die kunstenaars wat die 2de Julie by Park Acoustics speel (‘n maandelikse musiek-byeenkoms by die Voortrekker Monument in Pretoria gehou word). Pierre Van Pletzen, Frank Opperman, Anton L’Amour en Leon Ecroignard is die lede van die band (wat onlangs by die Capital Craft bierfees in Pretoria opgetree het).
Ek het onlangs met Pierre Van Pletzen van Harrebaard gesels oor hulle vertoning by Park Acoustics en so paar ander goedjies. Dis wat hy te sê gehad het:
Waar kom die naam Harrebaard vandaan?
Wel, die oorspronklike naam was DIE OOMS. Maar ons het gevoel dit sê nie genoeg oor wát ons gaan speel nie, die styl en genre, ens. Toe het ek DIE ROCKIN’ OOMS voorgestel, want dit dui dadelik aan dat ons rock ‘n roll gaan speel. En ‘n klomp name het van die ander Band-lede gekom.
Maar daardie selfde aand het Leon Ek-gaan-jou-donner-as-jy-my-na
Leon Ecroignard (uitgespreek Ê-GWAN-JA) is die band se ‘look’ met sy perfekte baard, en Anton L’Amour het ook ‘n baard, maar Frank en ek, wat die heeltyd ons gesigte skoon moet hou vir ander werk, het ongelukkig nie. Ons het gereken ons moet staalwol met spykers in oor ons ore hang. Ek hou daarvan, en hoop ons gaan dit eendag doen.
Julle is deel van ‘n realiteitsreeks vir die VIA Kanaal, Die Ooms Se Band – hoe het hulle die lede gekies?
Ek weet nie wie vir Frank en my gekies het as die aanvanklike lede nie, dit moet hulle vir jul sê. Daarna het Frank en ek ‘n lys gemaak op ‘n bord. En so het ons by die ander twee uitgekom. Nou kan ek net my sterre dank dat ons hulle gekry het en dat hulle gewillig was om ons te join. Vir béter ouens kon ons nie gevra het nie. Leon het net gisteraand met ‘n practice gesê hy mis en like ons ander, en ek het vanoggend vir hulle ‘n I-love-you-Harreballe! gest
Het van die lede oortuiging nodig gehad om Harrebaard te vorm?
Miskien, ek weet nie, maar ek weet Leon en Anton het aan die begin van ons repetisies concern gehad oor my dromspelery – ek was báie verroes en moes hárd werk om op dreef te kom! Jy moet onthou, Anton en Leon is geharde musos, old hands, en vir my én Frank, wat eintlik amateur musikante is, was dit ‘n daunting task om by hulle uit te kom. Ek was aanvanklik bekommerd oor Frank se stem, maar hy het daaraan gewerk en selfs opgehou rook.
As iemand vir julle sou vra om julle musiek te beskryf, wat sal julle sê?
Rock ‘n Roll, met ‘n twist. Hier en daar ‘n bietjie hip-hop, ‘n didgeridoo, en lekker full-on kitaar solos.
Was julle al voorheen / in jul jonger dae in enige bands?
Ja, maar dit was presies 47 jaar gelede: ‘n dans-band en so nou en dan ‘n pop-band. Tussendeur het ek op my eie gespeel en gekonsentreer op solos, waarvan ek nóú absoluut niks kan onthou nie. Ek hoop om darem eendag daai solotjie in Orkney Snork Nie weer te kan speel… 47 is ‘n bliksemse lank tyd! Daar is sekere goed in my kop wat ek tegnies net nie meer kan uitvoer nie. But I’m trying, dear!
Was dit maklik om weer julle instrumente op te tel of het dit bietjie oefening gevat om dit weer te speel?
Bietjie? BIETJIE?!?! Is jy mal in jou kop?! Dit het moer baie effort gevat! Géén instrument word opgetel en netso weer gespeel nie. Dalk na ‘n week of ‘n maand, maar nie sonder oefening nie. Mense wat dink dit is so maklik is oningelig. ‘n Musikant móét die heel tyd aan die oefen bly. Ek het nie eers meer ‘n dromstel nie, al vir dekades nie, so ek kon nie net elke nou en dan agter die dromme inskuif en ‘n lekker speel-sessie hê nie.
‘n Kitaar kan jy optel en gereeld speel, maar nie ‘n dromstel nie, en verál nie as daar nie een IS nie! En onthou, ek het nie geweet, of ooit kon droom, dat so ‘n Band-ding soos nou, op my pad gaan kom op 65 nie – anders sou ek aanhou oefen het, veral die rudiments.
Wat kan musiek liefhebbers verwag van julle optrede by Park Acoustics?
Ons optrede, wat anders? Vier ouens wat mal daaroor is om saam musiek te maak, dit gaan geniet en baie fun hê.
Na die realitetits reeks, kan aanhangers julle nog op die verhoog sien of is die pret dan verby?
O ja, die pret gaan dan nog aan, in ‘n ander fase! Ons het ‘n bestuurder, Giep van Zyl, en onder sy leiding gaan die band nog baie live shows doen! Harrebaard Lives On!
Ek wil die geleentheid gebruik om vir Pierre Van Pletzen en Harrebaard te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle alles van die beste toe met hulle vertoning by Park Acoustics Sondag en hulle toekomstige musikale projekte.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music en Interviews kategoriee op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.