Die satiriese Afrikaanse elektroniese duo, Van Pletzen, het hul debuut album, KakLekke Vibe, op 23 Maart 2018 vrygestel. Dit was van meet af hul missie om lekker “vibes” te versprei en te oordeel aan hul briljant-snaakse sosiale media videos is dit presies wat hulle doen.
Om op te warm vir hul debuut album, het Van Pletzen laas jaar musiek videos vir EilandStyl en Goud vrygestel. Nou is die manne terug met ‘n musiekvideo vir hul eerste enkelsnit, Die Beats Amazing met almal se gunsteling kletsrymer, die wonderlike Early B.

Van Pletzen was so beïndruk met Early B dat hulle hom ingetrek het vir vier liedjies op die album
“Ons is huge Early B fans en ons voel dat hy dit op hierdie song bring. Hy spoeg vlamme en gooi rook!” vertel Peach oor hierdi esamewerking.
“Soms moet jy ‘n ding vertel soos wat hy is.” Van Pletzen Die liedjie begin met die lirieke “sh*t, die beat’s amazing.” Peach van Pletzen verduidelik “Die beat ís amazing en toe dog ek kom ons maak dit vas in die lirieke. Dis hoe lekker daai beat is.”

“Ek’s min gespin soos nat wasgoed,” is Peach se gunsteling Early B lirieke op die album. “Ek pas dit toe op my daaglikse lewe as deel van my soeke na ‘n permanente toestand van Lekkeness! Moenie jou energie mors op onnodige dinge nie, wees eerder min gespin…soos natwasgoed,” sê hy.
Die Beats Amazing is ‘n liedjie wat gaan oor waar jy vandaan kom, maar ook oor waarheen jy gaan. Alles op die maat van een amazing beat! Dit skyn veral deur in die tweede vers se lirieke waar Peach vertel van hul Hotbox-dae in Pretoria gedurende die tyd wat Peach en Francois van Coke bekend was as Oorlog Frankenstein.
Die musiekvideo is gemaak deur Louis Minnaar (wat ook saam met Peach in Bittereinder is). Kyk dit hier onder. Ek scheme hierdie is nogals ‘n kief video.
Kyk uit vir Van Pletzen op die verhoog! Hulle speel by al jou gunsteling feeste! Kyk uit vir hulle by Innibos in Junie, Oppikoppi in Augustus en ook Lentedag in Pretoria op 26 September.
Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Support Us: Buy us a coffee, it will help us to bring you more content.
📬 Become part of the Wolf Pack: Subscribe to our newsletter to stay in the loop.
🔍 Explore our site: Scroll down to see related and featured posts. You're also welcome to check out our Music, Screen or Knowledge Hubs. Alternatively, feel free to check out our Popular Articles.
📐 Afrikaanse Mense: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Go Down The Rabbit Hole: Read Random Facts or Watch a Random Music Video.
📅 Find Something To Do: Check out our Featured Upcoming Events or our SA Gig Guide.
Featured Articles
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

