Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Van Pletzen reik “Die Beats Amazing” musiekvideo uit

Van Pletzen reik “Die Beats Amazing” musiekvideo uit

Blitsoorsig: Die satiriese Afrikaanse elektroniese duo Van Pletzen het hul debuut album KakLekke Vibe in Maart 2018 vrygestel. Hulle eerste musiekvideo, Die Beats Amazing, featuring Early B, het nou uitgekom. Die liedjie gaan oor waar jy vandaan kom en waarheen jy gaan, gebou op 'n amazing beat wat werklik inspire.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 11, 2018No Comments2 Mins Read Music Videos 87 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die satiriese Afrikaanse elektroniese duo, Van Pletzen, het hul debuut album, KakLekke Vibe, op 23 Maart 2018 vrygestel. Dit was van meet af hul missie om lekker “vibes” te versprei en te oordeel aan hul briljant-snaakse sosiale media videos is dit presies wat hulle doen.

Om op te warm vir hul debuut album, het Van Pletzen laas jaar musiek videos vir  EilandStyl en Goud vrygestel.  Nou is die manne terug met ‘n musiekvideo vir hul eerste enkelsnit, Die Beats Amazing met almal se gunsteling kletsrymer, die wonderlike Early B.

Van Pletzen reik "Die Beats Amazing" musiekvideo uit 3

Van Pletzen was so beïndruk met Early B dat hulle hom ingetrek het vir vier liedjies op die album

“Ons is huge Early B fans en ons voel dat hy dit op hierdie song bring. Hy spoeg vlamme en gooi rook!” vertel Peach oor hierdi esamewerking.

“Soms moet jy ‘n ding vertel soos wat hy is.”  Van Pletzen Die liedjie begin met die lirieke “sh*t, die beat’s amazing.”  Peach van Pletzen verduidelik “Die beat ís amazing en toe dog ek kom ons maak dit vas in die lirieke. Dis hoe lekker daai beat is.”

NetfloristOfferforge

Van Pletzen - KakLekke Vibe

“Ek’s min gespin soos nat wasgoed,” is Peach se gunsteling Early B lirieke op die album.  “Ek pas dit toe op my daaglikse lewe as deel van my soeke na ‘n permanente toestand van Lekkeness!  Moenie jou energie mors op onnodige dinge nie, wees eerder min gespin…soos natwasgoed,” sê hy.

Die Beats Amazing is ‘n liedjie wat gaan oor waar jy vandaan kom, maar ook oor waarheen jy gaan. Alles op die maat van een amazing beat! Dit skyn veral deur in die tweede vers se lirieke waar Peach vertel van hul Hotbox-dae in Pretoria gedurende die tyd wat Peach en Francois van Coke bekend was as Oorlog Frankenstein.

Die musiekvideo is gemaak deur Louis Minnaar (wat ook saam met Peach in Bittereinder is). Kyk dit hier onder. Ek scheme hierdie is nogals ‘n kief video.

Kyk uit vir Van Pletzen op die verhoog! Hulle speel by al jou gunsteling feeste!  Kyk uit vir hulle by Innibos in Junie, Oppikoppi in Augustus en ook Lentedag in Pretoria op 26 September.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Pletzen & Spoegwolf Reik “Ek Kyk Na Jou” Uit

    Van Pletzen
    Music News 3 Apr 2025
  • Majozi Releases New Single: “Reason” (Featuring Early B)

    Majozi and Early B
    Music News 29 Oct 2024
  • Van Pletzen Reik 5de Album Uit: “Benaaihilism”

    Van Pletzen
    Music News 29 Apr 2026
  • Van Pletzen Reik “Gqeberha Shake Dat Ass” Uit

    Van Pletzen 2026
    Music News 23 Apr 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Early B Electro Pretoria SA Music South Africa Van Pletzen
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 4
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.