Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zandri Botha Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tien Teen Een”

Zandri Botha Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tien Teen Een”

Blitsoorsig: Zandri Botha, 'n talentvolle matrikulant uit Pretoria-Noord, het haar tweede enkelsnit "Tien Teen Een" uitgereik. Die opgewekte pop-lied gaan oor 'n meisie wat bereid is om 'n risiko te vat vir liefde. Die musiekvideo, wat in verskillende plekke in Pretoria verfilm is, komplementeer die lirieke perfek en is Zandri se eerste video.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 5, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 113 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zandri Botha glo dat wie nie waag nie, ook nie kan wen nie. Dit is nie net die tema van haar splinternuwe enkelsnit en musiekvideo nie, maar ook hoe sy haar musiekloopbaan benader.

“Tien Teen Een”, wat sy saam met Emil Paul en Hugo Ludik geskryf het, is ’n voetstamplekker Afrikaanse pop-treffer wat beslis gaan koning kraai op die dansvloer.

Zandri Botha

Zandri Botha vertel ons meer oor “Tien Teen Een”

“Die liedjie gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat sy weet haar hart gaan breek, maar sy sal eerder die kans vat as om te wonder wat kon wees. Ek glo dit gaan by ’n wye gehoor aanklank vind en dat luisteraars dit saam met my sal geniet.”

’n Musiekvideo, wat die lirieke van die lied perfek komplementeer, is ook nou beskikbaar en sy is baie opgewonde om die eindproduk met die publiek te deel.

NetfloristOfferforge

Wintertrail Pictures, Anton Ras Photography en Frikkie van Biljon was almal betrokke by die produksie van die projek, wat op verskillende plekke in Pretoria verfilm is.

“Ek het die opname baie geniet en dit is vir my vreeslik spesiaal, omdat dit my heel eerste musiekvideo is,”vertel Zandri.

YouTube video player

“Tien Teen Een” is dié talentvolle matrikulant se tweede vrystelling en volg in die voetspore van Skildery, waarvan sy onlangs ook ’n dansweergawe (remix) uitgereik het wat baie goed ontvang is en ’n Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekenning verwerf het vir Beste EDM/ dansliedjie deur ’n vroulike kunstenaar.

Zandri, wat in Pretoria-Noord woon en skoolgaan, is al van jongs af passievol oor musiek. Sy het in die laerskool reeds begin sing en kitaarspeel en kry tans sanglesse by Jolanda Becker se gesogte musiekskool.

NetfloristOfferforge

Sy beskryf haarself as ’n ekstrovert met ’n groot belangstelling in somatologie en daarom wil sy graag na matriek by ISA Carstens Academy gaan studeer.

Die musikant vind inspirasie in liedjies wat met haar hart praat en luister graag na pop, country en geestelike musiek. Kunstenaars soos Riana Nel en Lauren Daigle het ’n groot invloed gehad op haar eie styl en sy sal graag nog eendag saam met Danie Reënwolf (van Spoegwolf) en Kirsten Richard (van Droomsindroom) wou werk.

In die kort tydjie wat sy al in die musiekbedryf betrokke is, het sy geleer dat harde werk en deursettingsvermoë die sleutelbestanddele om sukses te bereik en sy pas dit ook toe in haar studies en persoonlike lewe.

Alhoewel Zandri nog groot planne en drome het vir die toekoms, fokus sy nou eers daarop om skool klaar te maak, haar bestuurslisensie te kry en ’n sukses te maak van haar tweede enkelsnit.

NetfloristOfferforge

Zandri Botha PR

“Tien Teen Een” is ’n opgewekte liedjie, met ’n aansteeklike wysie en lekker lirieke, wat jou uitnooi om jouself te geniet en die lente op ’n vrolike noot af te skop.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,326
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.