Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Dassie reik eerste kortspeler uit: “Ek Mis”

Dassie reik eerste kortspeler uit: “Ek Mis”

Blitsoorsig: Dassie bevestig sy plek in die musieklandskap met sy debuut-EP "Ek Mis", 'n ses-snit projek met melodieë oor tuiskoms en groei. Die EP bevat die reeds geliefde "Wyne" plus vyf splinternuwe liedjies soos "Babelaas", "Gourits" en "Karoo", wat almal verskillende genres verken. Met steun van gevestigde talent soos Appel en Graaff Produksies, bied Dassie 'n warm, outentieke klank wat hom nie in 'n boks wil druk nie.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 28, 2025No Comments2 Mins Read Music News 79 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sedert die vrystelling van sy debuutenkelsnit “Wyne” in 2024, het Suid-Afrika kennis geneem van die jong sanger-liedjieskrywer Dassie.

Nou bevestig hy sy plek in die plaaslike musieklandskap met “Ek Mis”, ’n kortspeler wat meer as net mooi melodieë bied – dit’s ’n opregte en persoonlike reis deur sy ervarings, verlange en groei.

“‘Ek Mis’ is vir my ’n samevatting van wat dit beteken om huis toe te verlang, selfs terwyl jy besig is om groot te word,” sê Dassie. “Ek’s tegnies ’n volwassene, maar diep binne voel ek nog soos daai kind wat elke dag iets nuuts leer.”

Dassie

Die EP bestaan uit ses snitte – insluitend die geliefde “Wyne” – en vyf splinternuwe liedjies wat Dassie self geskryf het: “Babelaas”, “Gourits”, “Plaashekke”, “Karoo” en die titelsnit “Ek Mis”.

NetfloristOfferforge

Hoewel elke liedjie ’n eie atmosfeer en klanklandskap bring, is daar ’n duidelike tematiese draad van nostalgie, tuiskoms en die eenvoud van menswees.

Van die ligsinnige humor in “Babelaas” tot die diep sentiment in “Karoo”, bied Dassie iets vir elke bui – en elke luisteraar.

“Ek het doelbewus met verskillende genres gespeel – daar’s rock, country, selfs ’n ballade – want ek wil nie in ’n boks wees nie. Dis hoe ek my plek in die bedryf leer ken: deur my eie grense te toets,” verduidelik hy.

“Plaashekke” neem jou op ’n musikale wegbreek, terwyl “Gourits” herinner aan somers en jeugherinneringe – alles met die warmte van ’n kampvuurkuier of ’n padrit deur die platteland.

NetfloristOfferforge

Vir die produksie van die EP het Dassie homself omring met gevestigde talent: Appel het as skryfmentor opgetree, Graaff Produksies het aan die klank gewerk, en die finale afronding is gedoen deur Paulo van Coleske.

“Ek’s ongelooflik dankbaar vir hierdie span – hulle het my gehelp om die beste weergawe van my musiek aan die wêreld te wys,” sê hy.

Hoewel Dassie se klank modern is, bly sy hartsdrif vir mense, stories en optredes sy dryfveer.

“As jy hoor ek tree op – kom loer in. Ek’s net ’n kleindorpseun met groot drome. Ek wil wys dis moontlik.”

“Ek Mis” is nou beskikbaar op alle groot digitale platforms, insluitend Apple Music, Spotify en Deezer. Luister HIER.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”

    Lyra K
    Music News 4 Sep 2026
  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility

    Maustrack
    Music News 27 Aug 2026
  • Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”

    Tim Hendricks
    Music News 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
  • Malia Introduces Herself to South Africa With "Touch" 3
    Malia Introduces Herself to South Africa With “Touch”
    August 13, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Flow River Flow”
    August 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.