Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Donkerbaai Reik “Ouer Maar nie Wyser nie” Uit

Donkerbaai Reik “Ouer Maar nie Wyser nie” Uit

Blitsoorsig: Donkerbaai, 'n Afrikaanse groep, het hul debuut-enkelsnit "Ouer Maar nie Wyser nie" uitgegee. Die lied ondersoek liefde en verhoudings deur die lens van ouderdom, met eerlike lirieke oor die stilte en onbegrip wat soms tussen mense groei. Ondanks afstand, loop mense steeds saam. Die groep bring 'n vars, ontspanne klank na die Afrikaanse musiek wat herinneringe aan seevakansies opwek.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 2, 2025No Comments2 Mins Read Music Videos 92 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Afrikaanse groep Donkerbaai kondig hul eerste enkelsnit “Ouer Maar nie Wyser nie” aan – ’n lied wat die raakpunte van liefde, verhoudings en die vreemde waarheid uitlig dat ouderdom nie noodwendig wysheid waarborg nie.

Die lirieke vang die realiteite van ’n verhouding vas: die langer stilte tussen twee mense wat al hoe minder praat, die gevoel dat die ander skielik in ’n taal leef wat jy nie verstaan nie, en die vlamme wat soms nie meer so warm brand nie.

Donkerbaai

Tog, ten spyte van die afstand, stap julle steeds saam – trap julle ál dieper spore in mekaar vas en sing saam, selfs al is dit nou en dan die verkeerde lirieke.

Donkerbaai: Nie ’n plek nie – ’n gevoel

Donkerbaai is nie ’n dorp wat jy op ’n kaart sal kry nie, maar jy was al daar. Dit is daardie Weskus-vakansieplek waar jy jou Desember deurbring, nuwe vriende in die strate ontmoet en dalk selfs jou somerliefde op die strand raakloop.

NetfloristOfferforge

Dit is laat aande op die houthuisie se stoep, langs die vuur, met ’n bier in jou hand. Dit is die stilte van vroeë oggende wanneer die branders oor wit sand breek, en die laatmiddae se stap langs die kuslyn.

Dit is saamkuier. Dit is vergeet van jou probleme. Met “Ouer Maar nie Wyser nie” deel Donkerbaai presies hierdie gevoel – intiem, eerlik en vol nostalgie.

Kyk die video vir “Ouer Maar nie Wyser nie” hier onder:

Donkerbaai - Ouer Maar nie Wyser nie - Official Music Video

“Ouer Maar nie Wyser nie” is op alle digitale platforms beskikbaar. Stroom dit HIER.

NetfloristOfferforge

’n Vars klank in Afrikaanse musiek

Donkerbaai bring ’n nuwe varsheid na die Afrikaanse musiektoneel met ’n klank wat positief, ontspanne en eg voel. Die musiek roep herinneringe op van seevakansies en tydlose oomblikke, maar skram nie weg van die realiteite van grootword, verhoudings en die lewensvrae sonder maklike antwoorde nie.

Wie is Donkerbaai?

Corné van Niekerk (Go The Rodeo) – Skrywer, sanger
Robert Mitchley – Skrywer, klaviere
Tjaart van der Walt – Vervaardiger, kitare

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sluk My In”

    Donkerbaai
    Music Videos 15 May 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Voel jy die Son”

    Donkerbaai
    Music Videos 30 Jan 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Donkerbaai Ouer Maar Nie Wyser Nie South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.