Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Liza Nel Reik “Moes Maar Ek Moenie” Uit

Liza Nel Reik “Moes Maar Ek Moenie” Uit

Blitsoorsig: Liza Nel het haar nuwe enkelsnit "Moes Maar Ek Moenie" uitgebring, 'n samewerking met Bella Coleske, Georic Lomas en Marco van Deventer. Die country-liedjie met folky gevoel vertel van hartseer en die transformerende krag van liefde. Geïnspireerd deur haar eie reis, deel Liza 'n boodskap van hoop en genesing. Die pragtige musiekvideo is nou beskikbaar op YouTube, en die lied kan op alle digitale stroomdienste beluister word.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 27, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 81 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

In 2023 het die Afrikaanse musiekbedryf vir die eerste keer kennis gemaak met die blondekop sangeres Liza Nel en haar tong-in-die-kies treffer, “My Bok”.

In 2024 het sy die momentum voortgesit met “Rooi”, en nou is sy terug – sterker as ooit – met haar mees diepgaande werk tot dusver: die splinternuwe enkelsnit “Moes Maar Ek Moenie.”

Liza Nel

Die liedjie is ’n spanpoging tussen Liza Nel, Bella Coleske, Georic Lomas en Marco van Deventer. Hierdie kreatiewe span het ’n musiekstuk geskep wat melodieus én emosioneel resoneer. “Dit was vir my die grootste voorreg,” sê Liza.

Sy beskryf die lied as ’n country-liedjie met ’n folky gevoel, soortgelyk aan die styl van The Lumineers. Die lirieke vertel van pyn, weerloosheid en uiteindelik, genesing. Dit gaan oor die vrees om weer lief te hê ná hartseer, maar ook oor die transformerende krag van onvoorwaardelike liefde.

NetfloristOfferforge

“Elke mens was al op een of ander manier seer gemaak deur die liefde… Tot jy op ’n dag iemand ontmoet wat jou weer leer om lief te hê,” sê sy openhartig.

Liza Nel se storie van liefde en genesing

Hierdie lied is nie net fiksie nie – dis haar eie waarheid. Liza, wat getroud is met die bekende sanger Ricus Nel, deel dat die lirieke geïnspireer is deur haar eie reis in die liefde.

“Ek wil hê mense moet weet dat almal liefde verdien,” sê sy. “Die liedjie is ’n stuk van my hart wat ek met almal wil deel.”

Vir Liza is eerlikheid die kern van haar musiek. Sy glo dat luisteraars onmiddellik kan aanvoel of ’n kunstenaar opreg is. “Ek hoop mense sal kan vereenselwig met die liedjie en dat dit met hulle harte sal praat,” sê sy.

NetfloristOfferforge

Saam met die enkelsnit is daar ook ’n pragtige musiekvideo, vervaardig deur Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative. Liza beskryf die verfilming as een van die hoogtepunte van haar loopbaan. “Ek was só dankbaar vir elkeen wat betrokke was. Dit was rêrig ongelooflik!”

Die video is verfilm in ’n asemrowende veld wat Liza laat dink het aan die gewilde reeks Yellowstone, en die natuur het saamgespeel met ’n dramatiese sonsondergang. Vir Liza was dit asof “die Here persoonlik die toneel afgerond het.”

Vir die musiekvideo dra Liza ’n spesiale skepping deur Reandi Grey van GreyC Creations. Die rok is só besonders dat dit selfs kleur- en stylontleding deur Jeanne Pistorius van Kleurvol ingesluit het. “Ek het laas op my troudag so mooi gevoel,” glimlag sy.

Kyk die musiekvideo hier onder:

NetfloristOfferforge

Liza Nel - Moes Maar Ek Moenie (Amptelike Musiekvideo)

Van haar hare en grimering deur Suna Robberts, tot die agter-die-skerms koördinering deur Marco van Deventer, fotografie deur Hendri Viljoen, en regie van Georic Lomas – Liza is vol lof en dankbaarheid teenoor elkeen wat hierdie reis moontlik gemaak het.

Met “Moes Maar Ek Moenie” wys Liza Nel haar groei as kunstenaar en haar vermoë om diep emosies deur haar musiek te deel. Dis ’n lied wat waarskynlik sal aanklank vind by enigiemand wat al seer gekry het, maar steeds hoop koester vir liefde.

“Vir my is hierdie liedjie ’n liefdesbrief aan elkeen wat al seer gekry het, maar steeds glo in die krag van liefde,” sê sy.

Liza Nel se “Moes Maar Ek Moenie” is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer. Luister HIER.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026
  • Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”

    Sasha Burn
    Music Videos 5 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,294
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 516
USA 336
Cape Town 336
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.