Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Sunel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Moenie”

Sunel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Moenie”

Blitsoorsig: Sunel is n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat haar debuut "Fickle Heart" groot sukses gehad het. Tydens die pandemie het sy besluit om haar musiekstyl te verander en meer risiko's te neem. Sy het "Moenie" saam met Francois van Coke geskryf, n vars alternatiewe pop-punk liedjie wat gaan oor die moed om jou drome na te jaag.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 14, 2022No Comments2 Mins Read Music Videos 68 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sunel is n sanger en liedjieskrywer vanaf Mosselbaai in die Weskaap. Haar debuut-enkelsnit, “Fickle Heart”, wat in 2017 uitgereik is, was vir nege weke nommer een op SFM se Top 30 en vir dertien weke bo-aan die Nederlandse radiostasie, HOSA Radio.

Sunel het ook `n treffende James Bond tema musiekvideo vrygestel vir dié treffer wat vervaardig is deur die SAMA- en Ghoema-bekroonde vervaardiger Ryan Kruger. Kort na dit het sy haar eerste Afrikaanse enkelsnit “Hart se Wens” vrygestel. Haar eerste album, getiteld Symptome, het sy kort daarna vrygestel, wat ook 10 van haar eie liedjies bevat.

Sunel - Moenie

Gedurende die Covid-19 pandemie, het Sunel besluit om haar musiek-styl te verander en meer te waag. Sy was bevoorreg om haar nuwe liedjie “Moenie” saam met Francois van Coke te kon skryf. “Moenie” was gevolglik ook by Van Coke Studios in die Kaap opgeneem met Richard Onraet as vervaardiger.

Sunel beskryf “Moenie”

“Vars Alternatief, tog ook so bietjie pop-punk. Die storie agter die liedjie gaan daaroor om te protesteer teen mense wat die samelewing wil probeer beheer. Dis Ok om nie in te pas nie, solank jy staan vir waarin jy glo.”

IQ AcademyOfferforge

Sunel - Moenie Video

Francois Van Coke het dit geniet om saam met Sunel te werk

“Sunel het al baie interessante en moeilike draaie in haar loopbaan gemaak en sy is op die stadium nie bang om ‘n kans te waag nie. ‘Moenie’ is ‘n kreet vir haar toekoms. Sunel is reg vir aksie. Ek is baie opgewonde oor die tune en haar toekoms!”

Die musiekvideo vir “Moenie” is geskiet in`n ou verlate kragstasie naby Mosselbaai. Die agtergrond van die video is baie Apokalipties, met `n lekker streetwise gevoel. Francois Zwiegers en Wynand Van Reenen het die video geskiet en die finale video is deur Damiane van Reenen saamgestel.

Sunel lewer kommentaar op die video

“Ek is baie gelukkig met die video. Dit som die liedjie perfek op. Ek sien myself as `n positiewe rebel. Elke terugslag wat mens beleef om jou drome na te jaag, elke deur wat in jou gesig toegemaak word, sê eintlik net moenie opgee nie. “Ons stamp ons koppe tot ons seëvier!”  Aanhouer wen, en iewers sal `n deur wel oopgaan.”

YouTube video player

Sunel tree die 30ste Oktober 2022 (11 uur) by Hart & Bosch Village naby Mosselbaai op. Toegang is gratis.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived

    Shortstraw - Rubber Arm
    Music Videos 3 Aug 2026

    Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
  • Adam Boyd
    Adam Boyd Pays Tribute to Loved Ones With “Hallelujah”
    July 24, 2026
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,252
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 284
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.