Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Saarkie Raak Nostalgies Met “Jasmyn Kind”

Saarkie Raak Nostalgies Met “Jasmyn Kind”

Blitsoorsig: Saarkie se nuwe snit "Jasmyn Kind" is 'n nostalgiese ballade wat luisteraars na hul kinderdae neem. Die liedjie is deur Adèle Fouché geskryf en het 'n onderliggende kalmte wat diep roer. Die musiekvideo is op 'n plaas naby Dullstroom opgeneem en reflekteer die groep se boodskap oor natuurlike seisoene en skoonheid in die lewe.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 9, 2022No Comments3 Mins Read Music Videos 79 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Kort op die hakke van hulle gewilde treffer, Rondomtalie, is Suid-Afrika se gunsteling-rockgroep, Saarkie, terug in die kollig met ’n nostalgiese ballade wat luisteraars sal laat terugverlang na hul kinderdae.

Die melodie en lirieke van “Jasmyn Kind” is deur Adèle Fouché geskryf, en sy, Lila Botha en Lourene Mostert het ook die instrumente opgeneem en die musikale verwerking gedoen. Die snit is oudergewoonte vervaardig deur Jacques du Plessis van High Seas Studios en finaal verwerk deur Gustav van Rooyen.

Saarkie vertel ons meer van “Jasmyn Kind”

“As ’n mens ’n bietjie stil raak, kan jy dinge onthou wat jou gesond kan maak. Die liedjie vat ons op ’n denkbeeldige reis na geheimsinnige paaie waarop ons almal is. Op die ou einde van die dag, maak dit die lewe ’n bietjie ligter om soos ’n kind te wees.”

Jasmyn Kind - Saarkie

Volgens die groep, is die liedjie sover baie goed ontvang tydens optredes en spog dit met ’n onderliggende kalmte wat jou diep roer. Die musiekvideo is op vriende se plaas naby Dullstroom geskiet genaamd Hemel op Aarde. Marlie van Unbreakable Media was agter die kamera en wou hê dat hulle ’n dieper aanslag moes neem met hierdie liedjie.

NetfloristOfferforge

Saarkie - Jasmyn Kind

Alhoewel dit koud was en dit op ’n stadium gehael het, het hulle voortgegaan en het dit bygedra tot ’n fantastiese eindproduk.

Saarkie verduidelik

“Net soos wat kinders natuurlik groot word, gaan ons ook deur natuurlike seisoene in ons lewe. Daar is dag en nag, en soms is dit koud en donker, maar dan steek iemand vir jou ’n vuur aan. Al staan jy onder honderd populierbome wat koud waai in die nag, het iemand langs jou waardering vir die waaiende blaartjies en die vuurvliegies in die nag. Sien die mooi deur alle seisoene van jou lewe.”

Kyk die video vir “Jasmyn Kind” hier onder:

“Jasmyn Kind” en “Rondomtalie” is beskikbaar op hulle volgende album en volg in die suksesvolle voetspore van vorige treffers soos “Waar lê jou hart” (die titelsnit van hulle vorige album), “Reënweer” en “River Blues”, wat goed ontvang is en aan hulle vier Afri-Indie-toekennings besorg het, waaronder Beste lewendige rockgroep, Beste alternatiewe album, Beste alternatiewe enkelsnit en Beste rock-enkelsnit.

NetfloristOfferforge

“Ons is dankbaar vir almal wat ons ondersteun het oor die afgelope sewentien jaar. Alhoewel nie al die liedjies almal ewe goed presteer nie, was mense nog altyd mal oor ons musiek en daaroor is ons bly. “Jasmyn Kind” is die tweede enkelsnit vanaf album nommer ses.” sê Saarkie.

Alhoewel Saarkie, wat oorspronklik bestaan uit Adèle Fouché en Lila Botha, hoofsaaklik nog altyd ‘n meisiesgroep was, deel hulle nou die verhoog met enige jong briljante musikant.

Buiten vir die nuwe album, het die groep ’n lekker vol kalender vir die res van die jaar en beplan hulle aan ’n 2023-toer na Nieu-Seeland, Europa en Australië. Adèle skryf ook musiek vir haarself of ander kunstenaars en verder geniet die tuinroete rondom haar huis ook baie aandag. Sy geniet dit ook om selfdoen-projekte in en rondom die huis aan te pak.

Lila bestuur self haar besigheid – Da Capo Trading – wat korporatiewe drag- en geskenke, werksklere, PPE, borde en meer aan besighede verskaf. Sy is ook ’n kranige tennisspeler. Die meisies hou daarvan om tyd in die natuur te spandeer en het reeds die Otter- en Visrivier-staproetes op hulle kerfstok. Hulle sien ook baie uit na hulle eerste produksie in die Atterbury-teater wat op 16 November plaasvind. Kaartjies is beskikbaar op www.seatme.co.za.

NetfloristOfferforge

Saarkie se “Jasmyn Kind” liedjie is beskikbaar om te stroom op Spotify, Apple Music en Deezer.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.