Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

Blitsoorsig: Tino se "Rosie Rosie" vertel die storie van 'n vrou wat die stad verlaat om homself langs die see te vind. Die lied is 'n dromerige en nostalgieske masterpiece met gitaarwerk en lirieke wat beelde van vryheid en hoop oproep. Tino het die storie geïnspireer deur sy eie lewenservarings en groot veranderinge, terwyl hy 'n filmiese atmosfeer wou skep wat mense voel en sien.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 17, 2025No Comments3 Mins Read Music News 69 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met sy kenmerkende stem en digterlike lirieke bring Tino weer ’n meesterstuk na die Afrikaanse musiektoneel met sy nuwe enkelsnit “Rosie Rosie” — ’n lied wat luisteraars op ’n emosionele reis neem van verlange, verandering en ’n soeke na sin en tuiskoms.

Die lied vertel die storie van Rosie, ’n vrou wat die stad agterlaat om haar ware self langs die see te vind. Maar Rosie is meer as net ’n karakter — sy simboliseer hoop, innerlike groei en die moed om jou hart te volg.

Tino

Tino se “Rosie Rosie” is ‘n metafoor

“Ek wou ’n storie vertel oor iemand wat smag na ’n plek waar hulle werklik behoort,” verduidelik Tino. “Dis ’n universele gevoel – die verlange na ’n lewe wat jou siel genees. ‘Rosie Rosie’ verteenwoordig daardie reis.”

Met lirieke soos “Jy laat die son skyn, jy laat die donkerte verdwyn” en “hier uit die dieper blou”, skep Tino ’n amper filmiese atmosfeer. “Ek wil hê mense moet die lied voel én sien, soos ’n fliek in hul koppe,” sê hy.

NetfloristOfferforge

Die klank van die lied is dromerig en nostalgies — ’n kombinasie van akoestiese warmte en emosionele ruimte. “Ons het gesoek na iets wat soos ’n road-trip lied voel,” vertel Tino. “Tertius Human van Vonk Musiek het my gehelp om presies daardie gevoel vas te vang.”

Die lirieke het ontstaan in plekke soos Stellenbosch en Oudtshoorn, maar is ook diep gewortel in Tino se eie lewenservarings. “Ek het self al groot veranderinge gemaak, soos om van Zimbabwe na Suid-Afrika te skuif. Ek weet hoe ’n nuwe plek jou hele wese kan verander.”

Of Rosie nou werklik bestaan of nie, sy het nou ’n blywende plek in die harte van luisteraars. Die kitaarwerk en subtiele reverb roep beelde op van ’n briesie aan die kus en skep ’n gevoel van vryheid wat diep tref. “Ek wou hê dit moet mense laat voel soos om langs die see te staan en diep asem te haal.”

Volgens Tino is “Rosie Rosie” een van sy mees beeldryke en lirieksterk liedjies tot dusver. Hoewel dit tans as ’n losstaande enkelsnit vrygestel is, sê hy met ’n glimlag: “Dalk is daar ’n album aan die horison. Daar’s altyd nuwe musiek op pad.”

NetfloristOfferforge

Die terugvoer van aanhangers is presies wat Tino gehoop het. “Mense sê dit voel soos ’n road-trip-lied, en dit is presies wat ek wou bereik.”

Met “Rosie Rosie” bewys Tino weer hoekom hy een van die mees belowende stemme in Afrikaanse musiek is – ’n kunstenaar wat nie net musiek maak nie, maar stories vertel wat diep in jou bly vassteek.

Tino het onlangs die liedjie op die GROOT ontbyt gesing op Groot FM, kyk die video van dit hier onder:

#OpDaaiNoot | TiNo met 'Rosie Rosie' | 18 April 2025

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

    Tino
    Music News 17 Sep 2025
  • Tino, Henru en Schwabie Reik “Bok Trui” Uit

    Tino, Henru en Schwabie - Boktrui
    Music Videos 26 Jun 2025
  • Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album

    Southern Wild
    Music News 9 Sep 2026
  • Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”

    Shortstraw
    Music News 7 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Tino
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.