Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

Blitsoorsig: Tino het sy vars energieke enkelsnit "Op En Dop" uitgebring, geinspireer deur sy studentejare in Stellenbosch. Die lied kombineer moderne dans-elemente met organiese kuierklanke en het aansteeklike lirieke wat die vryheid en vreugde van 'n aand saam vriende vasvang. Dit is beskikbaar op alle stromingsplatvorms.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 17, 2025No Comments2 Mins Read Music News 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die somer se amptelike partytjie-temaliedjie is hier, en dit kom van niemand anders as Tino nie. Sy vars en energieke nuwe enkelsnit, “Op En Dop,” is gemaak om jou glas te lig, jou skoene af te skop en die dansvloer tot die son opkom warm te hou.

Tino sê die idee vir die liedjie is geïnspireer deur sy studentejare in Stellenbosch: “Daardie tipiese Suid-Afrikaanse kuieraande, waar almal net saam lag, gesels en musiek luister. Ek wou daardie vibe in ’n liedjie vasvang – die gevoel van vryheid, energie en om in die oomblik te leef. Ek dink ons het dit reggekry!”

Tino

Met lirieke soos “waar dink jy was ek gisteraand / waar dink jy kom ek nou vandaan” en die aansteeklike koor “ayyoooo / ons gaan net op / ons gaan net dop,” is dit duidelik dat “Op En Dop” bedoel is vir daardie onvergeetlike aand saam met jou beste vriende. Of dit nou by ’n braaivuur, ’n somerpartytjie, of op die klub se dansvloer is, hierdie lied is die perfekte soundtrack vir jou jol.

Musikaal kombineer “Op En Dop” moderne dans-elemente met organiese kuierklanke, onder leiding van vervaardiger Tertius. Tino verduidelik: “Ons het van die begin af gegaan vir ’n groot, energieke klank met elektriese kitare en dromme wat jou net wil laat spring. Dis ’n regte party-banger met ’n Suid-Afrikaanse kuierhart.”

NetfloristOfferforge

Agter die jolige atmosfeer en grappige lirieke lê ’n filosofie van vreugde en dankbaarheid. Tino sê: “Vir my beteken Op En Dop om altyd die energie hoog te hou en die lewe te vier. Of jy nou cheers maak op klein oorwinnings of groot oomblikke – leef voluit en gaan groot.”

Jy kan die liedjie op Spotify en alle ander stromingsplatvorms stroom.

Wat Kom Volgende vir Tino?

Tino verklap dat meer musiek op pad is, met dieselfde energieke gees en selfs verrassende samewerkings wat binnekort bekend gemaak word.

Vir nou is dit tyd om jou vriende bymekaar te maak, die volume oop te draai, en soos Tino sê:
“Cheers vanaand – op alles wat bestaan!”

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Tino, Henru en Schwabie Reik “Bok Trui” Uit

    Tino, Henru en Schwabie - Boktrui
    Music Videos 26 Jun 2025
  • Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

    Tino
    Music News 17 May 2025
  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility

    Maustrack
    Music News 27 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Op en Dop South Africa Tino
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
  • Malia Introduces Herself to South Africa With "Touch" 3
    Malia Introduces Herself to South Africa With “Touch”
    August 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.