Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home » Music » ‘n Vinnige Geselsie Met Harrebaard

    ‘n Vinnige Geselsie Met Harrebaard

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 5 Mins Read20 ViewsJune 26, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Harrebaard is een van die kunstenaars wat die 2de Julie by Park Acoustics speel (‘n maandelikse musiek-byeenkoms by die Voortrekker Monument in Pretoria gehou word). Pierre Van Pletzen, Frank Opperman, Anton L’Amour en Leon Ecroignard is die lede van die band (wat onlangs by die Capital Craft bierfees in Pretoria opgetree het).

    NetfloristOfferforge

    Ek het onlangs met Pierre Van Pletzen van Harrebaard gesels oor hulle vertoning by Park Acoustics en so paar ander goedjies. Dis wat hy te sê gehad het:

    Waar kom die naam Harrebaard vandaan? 

    Wel, die oorspronklike naam was DIE OOMS. Maar ons het gevoel dit sê nie genoeg oor wát ons gaan speel nie, die styl en genre, ens. Toe het ek DIE ROCKIN’ OOMS voorgestel, want dit dui dadelik aan dat ons rock ‘n roll gaan speel. En ‘n klomp name het van die ander Band-lede gekom.

    Maar daardie selfde aand het Leon Ek-gaan-jou-donner-as-jy-my-naam-verkeerd-kry met HARREBAARD vorendag gekom. Ek het eers gedink dis HARDEBAARD, maar die ouens het gou die volgende dag hulle baarde aangegryp en my reggeruk. Ek hou BAIE van die naam, dit sê omtrent alles oor die band, dat ons nie meer jonk is nie, dat ons hárd gaan musiek maak, en so.

    Leon Ecroignard (uitgespreek  Ê-GWAN-JA) is die band se ‘look’ met sy perfekte baard, en Anton L’Amour het ook ‘n baard, maar Frank en ek, wat die heeltyd ons gesigte skoon moet hou vir ander werk, het ongelukkig nie. Ons het gereken ons moet staalwol met spykers in oor ons ore hang. Ek hou daarvan, en hoop ons gaan dit eendag doen.

    'n Vinnige Geselsie Met Harrebaard 1

    Julle is deel van ‘n realiteitsreeks vir die VIA Kanaal, Die Ooms Se Band – hoe het hulle die lede gekies?

    Ek weet nie wie vir Frank en my gekies het as die aanvanklike lede nie, dit moet hulle vir jul sê. Daarna het Frank en ek ‘n lys gemaak op ‘n bord. En so het ons by die ander twee uitgekom. Nou kan ek net my sterre dank dat ons hulle gekry het en dat hulle gewillig was om ons te join. Vir béter ouens kon ons nie gevra het nie. Leon het net gisteraand met ‘n practice gesê hy mis en like ons ander, en ek het vanoggend vir hulle ‘n I-love-you-Harreballe! gestuur.en was almal meteens opgewonde Ek reken die ander lede was dadelik opgewonde. Wel, so het dit vir my gelyk. Hoor maar by hulle.

    Het van die lede oortuiging nodig gehad om Harrebaard te vorm?

    NetfloristOfferforge

    Miskien, ek weet nie, maar ek weet Leon en Anton het aan die begin van ons repetisies concern gehad oor my dromspelery – ek was báie verroes en moes hárd werk om op dreef te kom! Jy moet onthou, Anton en Leon is geharde musos, old hands, en vir my én Frank, wat eintlik amateur musikante is, was dit ‘n daunting task om by hulle uit te kom. Ek was aanvanklik bekommerd oor Frank se stem, maar hy het daaraan gewerk en selfs opgehou rook.

    As iemand vir julle sou vra om julle musiek te beskryf, wat sal julle sê? 

    Rock ‘n Roll, met ‘n twist. Hier en daar ‘n bietjie hip-hop, ‘n didgeridoo, en lekker full-on kitaar solos.

    Was julle al voorheen / in jul jonger dae in enige bands?

    Ja, maar dit was presies 47 jaar gelede: ‘n dans-band en so nou en dan ‘n pop-band. Tussendeur het ek op my eie gespeel en gekonsentreer op solos, waarvan ek nóú absoluut niks kan onthou nie. Ek hoop om darem eendag daai solotjie in Orkney Snork Nie weer te kan speel…  47 is ‘n bliksemse lank tyd! Daar is sekere goed in my kop wat ek tegnies net nie meer kan uitvoer nie. But I’m trying, dear! 

    Was dit maklik om weer julle instrumente op te tel of het dit bietjie oefening gevat om dit weer te speel?

    Bietjie? BIETJIE?!?!  Is jy mal in jou kop?! Dit het moer baie effort gevat! Géén instrument word opgetel en netso weer gespeel nie. Dalk na ‘n week of ‘n maand, maar nie sonder oefening nie. Mense wat dink dit is so maklik is oningelig. ‘n Musikant móét die heel tyd aan die oefen bly. Ek het nie eers meer ‘n dromstel nie, al vir dekades nie, so ek kon nie net elke nou en dan agter die dromme inskuif en ‘n lekker speel-sessie hê nie.

    ‘n Kitaar kan jy optel en gereeld speel, maar nie ‘n dromstel nie, en verál nie as daar nie een IS nie! En onthou, ek het nie geweet, of ooit kon droom, dat so ‘n Band-ding soos nou, op my pad gaan kom op 65 nie – anders sou ek aanhou oefen het, veral die rudiments.

    Wat kan musiek liefhebbers verwag van julle optrede by Park Acoustics? 

    Ons optrede, wat anders? Vier ouens wat mal daaroor is om saam musiek te maak, dit gaan geniet en baie fun hê.

    Na die realitetits reeks, kan aanhangers julle nog op die verhoog sien of is die pret dan verby? 

    O ja, die pret gaan dan nog aan, in ‘n ander fase! Ons het ‘n bestuurder, Giep van Zyl, en onder sy leiding gaan die band nog baie live shows doen! Harrebaard Lives On!

    Ek wil die geleentheid gebruik om vir Pierre Van Pletzen en Harrebaard te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle alles van die beste toe met hulle vertoning by Park Acoustics Sondag en hulle toekomstige musikale projekte.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music en Interviews kategoriee op Running Wolf’s Rant.

     

    Like what you just read? Buy us a coffee or Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    'n Vinnige Geselsie Met Harrebaard 2
    Afrikaans Frank Opperman Harrebaard Interviews Park Acoustics Pierre Van Pletzen Riock South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCapital Craft 2017: 4 Things That I’ll Remember
    Next Article 4 redes hoekom Hidden Eden ‘n awesome venue is
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    By Henno KrugerFebruary 13, 2018

    Van Pletzen: ‘n Vinnige geselsie voor Mieliepop 2018

    2 Mins Read18 Views
    By Henno KrugerFebruary 2, 2018

    ‘n Vinnige Geselsie met Dawie De Jager

    2 Mins Read35 Views
    By Henno KrugerJuly 26, 2017

    ‘n Vinnige Geselsie met Die Heuwels Fantasties

    2 Mins Read26 Views
    By Mzi Van StadenFebruary 23, 2017

    ‘n Vinnige Pre Large On The Lawn Geselsie met Jack Parow

    3 Mins Read25 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    84 Views2 Mins Read
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    71 Views3 Mins Read
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    57 Views3 Mins Read
    July 26, 2024

    Eksie Perfeksie vra: “Kan jy vriende bly met jou ekse?”

    51 Views4 Mins Read
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    May 20, 2025

    3 Relaxing Books That Will Help You Unwind

    6 Mins Read
    May 19, 2025

    How tech and AI are disrupting the entertainment industry

    8 Views4 Mins Read
    May 19, 2025

    TCL Unveils Cutting-Edge Mini LED TVs

    5 Views4 Mins Read
    May 17, 2025

    How Important is the Intent in Marketing?

    3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    January 6, 2010

    2 Wimpy Menus from the Good Old Days

    1,378 Views2 Mins Read
    December 22, 2015

    2015: My Top 30 Songs for the year

    49 Views2 Mins Read
    September 16, 2016

    Blood Brothers 2016: A Photo Album

    59 Views3 Mins Read
    September 30, 2024

    6 South African Travel Creators You Should Follow

    31 Views4 Mins Read
    Teken in op ons Nuusbrief

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Onlangse Kommentaar
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    • Henno Kruger on Oppikoppi Photo Album: Editors, Rival Sons & Wolfmother
    • Tracey Sandenbergh on Oppikoppi Photo Album: Editors, Rival Sons & Wolfmother
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.