Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Christof van der Berg reik moderne “Suikerbossie” uit

Christof van der Berg reik moderne “Suikerbossie” uit

Blitsoorsig: Christof van der Berg het sy derde Afrikaanse enkelsnit "Suikerbossie" uitgereik, 'n unieke mengsel van tradisionele Afrikaanse musiek en diverse Afrikaklanke. Die video, verfilm op Witkraal, het plaas-kinders as die hoofkasteel gehad, elkeen met huisgetuigde instrumente van materiaal soos hout, blik en tou. Dit is nou beskikbaar op alle musiekstroomdienste.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 6, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 106 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die veelsydige sanger Christof van der Berg het sopas `n nuwe, moderne weergawe van die geliefde tradisionele Afrikaanse lied “Suikerbossie” uitgereik.

Hierdie weergawe is `n unieke mengsel van tradisionele Afrikaanse musiek met ryk en diverse Afrikaklanke. Dit is nie net ’n eenvoudige herbesoek van die lied nie, maar ’n hele nuwe visie wat tradisie en moderniteit saamsmelt.

Christof van der Berg is ook bekend vir sy diepgewortelde passie vir trots Suid-Afrikaanse aanbiedinge wat hy meesterlik illustreer in sy internasionaal suksesvolle musiekproduksie Shades of Africa.

Christof van der Berg - Kaleidoscope Studios

Hierdie produksie bring al die Suid-Afrikaanse tale deur musiek bymekaar, en een van die hoogtepunte is sy weergawe van “Sarie Marais,” wat met die Xhosa-taal verweef is.

NetfloristOfferforge

“Ek glo dat die toekoms van Afrikaans gevul is met nuwe moontlikhede en kulturele verryking,” sê Christof van der Berg.

“Suikerbossie” is Christof van der Berg se derde offisieële Afrikaanse enkelsnit uitreiking

Soos met “Wil jy sien hoe lyk die hemel?” en “Movie”, is “Suikerbossie” se video ook op Witkraal verfilm.

Vir die vorige twee videos was die plaaswerkers `n sentrale deel en hoofsaaklik die filmspan. Elke nuwe video het vir groot opwinding gesorg, maar dié een was anders, die keer was dit die plaas-kinders se beurt om in die kollig te wees.

Vir een dag was die kinders getransformeer in die Witkraal-band, elke kind kompleet met sy eie tuisgemaakte kitaar of trompet van hout of blik of tou.

NetfloristOfferforge

Oudergewoonte was voorman Ponni agter die selfoon-kamera om die video te verfilm. Hoë skote, lae skote, ver skote… 100% gefokus.

Op lead guitar was Thebogo Meintjies (4 jr) Thabo Meintjies (10 jr), Witkraal se eie Dizzy Gilesbie, was op sy trompet wat gemaak was van n stuk netjiese omgebuigde pvc pyp en die trekker se diesel tregter. Ntatile Meintjies (13 jaar) was die band se steunpilaar met n vaste hand op die tromstel van oliekanne en simbale van grinder-lemme en ploegskare.

Op die bass was Mr cool, Thabiso Meintjies (11 jaar) met n regop kontrabas van paletplanke en baaltou. Die kitaarspeler Sibusiso Khuse (12 jaar), het n netjiese goue das en blink onderbaadjie aangehad en die rook uit sy plank-kitaar gespeel, soveel so dat daar aan die einde van die sessie nie n enkele snaar oor was nie.

Op backing vocals met besems as mikrofone, was Witkraal se twee hoofmeisies, Mamelo Kato (9 jr) en Botselo Ramakatsi (7 jr).As daar gewonder word oor die baie meintjiese, ja, dis almal Koos Meintjies se seuntjies. Koos is een van Witkraal se soutwerkers en al sy kinders is op Witkraal gebore.

NetfloristOfferforge

Christof sê: “Ek dink die grootste beloning wat ek vir die maak van die video ontvang het was Koos se amper-huil-lag.”

Kyk die video vir “Suikerbossie” hier onder:

YouTube video player

Christof is een van die top 10 boere in die kykNET ‘Boer Soek `n Vrou 2025’ reeks.

Christof van der Berg se “Suikerbossie” is nou beskikbaar op alle musiekstroomdienste.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026
  • Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”

    Ricus Nel
    Music Videos 22 Sep 2026
  • Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”

    Nicholis Louw
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.