Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Juan Griffith Reik Nuwe Enkelsnit uit: “Mal”

Juan Griffith Reik Nuwe Enkelsnit uit: “Mal”

Blitsoorsig: Juan Griffith het van sy bulderende rockgroepe Grensbasis 13 en Tot Stilstand af beweeg na 'n sofistikeerde solo-projek. Sy nuwe enkelsnit "Mal", geskryf in 2005, handel oor frustrasie tydens sy tyd in Secunda en vul melancholiese klavierklanke met sy buigsame stemwerk. Hierdie rustige nuwe fase gee hom geleentheid om terug te kyk oor sy lewe en toekoms.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 15, 2023No Comments2 Mins Read Music Videos 61 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Juan Griffith (die ou rocker) het besluit om die brieke aan te slaan en met sy nuwe enkelsnit, “Mal”, beloof hy om die bloute van ’n Maandag of ’n Sondagaand weg te dryf en vir luisteraars introspeksie te gee met sy nuwe meer kontemporêre klanke.

Meer inligting oor Juan Griffith

Juan Griffith is veral bekend vir meer gedrewe rock klanke van Grensbasis 13 en Tot Stilstand. Dié groepe het gereeld speeltyd op die destydse musiekkanaal, MK, geniet en het op verskeie top 10 speellyste van kommersiële radiostasies verskyn.

Juan Griffith

Met sy solo-projek beweeg dié Bethal-boorling weg van die bulderende dromme en krag akkoorde waarvoor hy bekendheid gewerf het en spits hy homself toe op ’n meer gesofistikeerde en rustiger kant wat ’n weier luistergroep sal bekoor.

Juan Griffith - Mal

“Die liedjie Mal het ek in 2005 geskryf, dit handel oor my tyd in Secunda waar ek vasgevang en gefrustreerd was in ’n werk wat ek nie van gehou het nie.” sê Juan.

NetfloristOfferforge

“Mal” sal luisteraars diep tref met sy melancholiese klavierklanke en Juan se vermoë om sy stem te buig en te manipuleer in diverse registers tref diep en laat jou oor die lewe, die lot en toekoms besin.

Saam met die enkelsnit, het Juan nog twee ander snitte op geneem en is in die proses om nog drie snitte te vervaardig,

“Ek wou graag musiek skep wat rustiger is. Ek is nou in my rustige fase, waar die lewe nou meer sin maak en ek kan terugkyk na waar ek was, waar ek vandaan gekom het, waarheen ek nog op pad is.” sê Juan.

Kyk die video vir “Mal” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Jy kan “Mal” hier stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.